Onderwerp 2.1 Korporatiewe Flashcards
Agtergornd, beginsels, toepassings en openbaarmaking -
Die direksie se primêre bestuursrol en -verantwoordelikhede:
- Verskaf die rigting vir hoe bestuursareas benader, aangespreek en uitgevoer moet word.
- Formuleer beleide, kodes, standaarde en planne om die strategie te verwoord en implementeer.
- Hou toesig oor implementering en uitvoering en die plan in terme van aanbevole praktyke.
- Verseker verantwoordbaarheid vir die prestasie van bestuursareas deur verslagdoening en openbaarmaking.
6 Etiese waardes vir etiese leierskap
- Verantwoordelikheid
- Aanspreeklikheid
- Gelykheid
- Deursigtigheid
- Integritiet
- Bevoegdheid
17 Beginsels:
1. Hoe moet die beheerliggaam lei?
- eties en effektief
- Die direksie moet goeie eienskappe
(bv.
bevoegdheid,
deursigtigheid en
integriteit,
redelikheid,
en verantwoordbaarheid)
toon ten einde ‘n etiese kultuur te kweek en effektief te lei.
Beginsel 1:
Hoe moet direkteure op tree teenoor die maatskappy?
Ten goeder trou van die maatskappy
Beginsel 1:
Maniere hoe die direksie met integriteit kan op tree
- Direkteure moet nie hulle posisie gebruik om voordeel te trek en die besigheid skade doen nie
- Op tree in die beste belang van maatskappy
- Vermy konflik van belange
17 Beginsels:
2. Hoe moet die raad die entiteit bestuur
- Bestuur dat dit n etiese kultuur kweek en onderhou
- Goedkeuring en kommunikasie van gedragskodes.
- Toesien dat beleide toegepas/nagekom word (bv. aanstellings, prestasie-evaluerings, ens.).
- Tree op teenoor diegene wat gedragskodes oortree.
- Beskerm fluitjieblasers.
- Toesien dat die gewenste resultate bereik word.
- Voldoen aan openbaarmakingsvereistes.
17 Beginsels:
3. As wat moet die entiteit beskou word en wat moet die direksie doen om dit reg te kry
As n verantwoordelike korporatiewe burger met betrekking tot:
- die werkplek (aanstellingsgelykheid, regverdige vergoeding, veiligheid, gesondheid ens.)
- die ekonomie (transformasie, voorkoming, ontdekking en reaksie op bedrog en korrupsie)
- die samelewing (publieke gesondheid en veiligheid, ontwikkeling, menseregte beskerming)
- die omgewing (besoedeling, rommelverwydering, biodiversiteit beskerming)
17 Beginsels:
4. Wat moet die direksie besef oor die entiteit se doel, risiko’s, geleenthede, sakemodel, strategie, prestasie en volhoubare ontwikkeling
- Dit is onafskeibaar van die waardeskeppingsproses
17 Beginsels:
5. Wat moet die raad toesien in die verslae?
- die belanghebbendes in staat stel om ingeligte prestasie-evaluerings uit te voer en die kort-, medium- en langtermynvooruitsige bevat.
17 Beginsels:
6. Wat moet die raad as dien en wat moet hulle doen?
- Die direksie moet dien as die fokuspunt en bewaarder van korporatiewe beheer.
- Die raad lei die organisasie en stel die strategiese rigting.
17 Beginsels:
7. Waaruit moet die raad bestaan van n entiteit
- Die raad moet ‘n balans van kennis, vaardighede, ervaring, diversiteit en onafhanklikheid bevat om die bestuursrol en verantwoordelikhede objektief en doeltreffend te kan nakom.
- Hoe werk die nominasie, verkiesing en aanstelling van die raad
- Nominasie van kandidate vir die verkiesing as beheerliggaamlede moet deur die raad as geheel goedgekeur word en die prosesse vir nominasie, verkiesing en aanstelling moet formeel en deursigtig wees.
- Samestelling van Nominasiekomitee
- Nominasiekomitee moet bestaan uit NUD.
- ‘n Meerderheid van die NUD moet onafhanklik wees.
- Waar mag n voorsitter nie die nie
- Ouditkomitee
- Onafhanklikheid - Finansiële Belange
- Raadslede moet jaarliks hul finansiële, ekonomiese en ander belange verklaar.
- Konflikbelange moet verklaar word m.b.t. agenda-aangeleenthede voor vergaderings.
- Onafhanklikheid - NUD
NUD mag geen belange, posisies, assosiasies of verhoudings hê wat besluite onbehoorlik sal beïnvloed nie.
Onafhanklikheid moet jaarliks geëvalueer / hersien word, veral na 9 jaar
- Voorsitter - Onafhanklike Uitvoerende Direkteur (ONUD)
- ONUD moet die voorsitter wees.
- HUD mag nie die voorsitter wees nie.
- Voorsitter - Afgetrede Hoof Uitvoerende Direkteur (HUD)
- ‘n Afgetrede HUD mag eers na drie volledige jare verloop het na die HUD-termyn dien as die voorsitter.
17 Beginsels:
8. Strukturele Delegering
Direksie moet toesien dat delegering onafhanklike oordeel bevorder.
Delegering moet die balans van mag handhaaf.
17 Beginsels:
8. Skriftelike Goedkeuring
Delegering moet skriftelik geskied.
Dit moet goedgekeur word deur die beheerliggaam.
17 Beginsels:
8. Samestelling van Komitees
Komitees moet minstens drie lede bevat.
Lede moet die nodige kennis, vaardighede, ervaring en kapasiteit hê om hul pligte uit te voer.
- Vergaderings met Ouditkomitee
- Jaarlikse vergaderings met interne en eksterne ouditeure sonder teenwoordigheid van bestuur.
- Ouditkomitee moet oor nodige finansiële geletterdheid, vaardighede en ondervinding beskik om hul pligte uit te voer.
- Vergoedingskomitee:
NUD, meerderheid onafhanklik.
Voorsitter moet onafhanklik wees.
Voorsitter van die raad moet nie die voorsitter van die vergoedingskomitee wees nie.
- Sosiale en etiese komitee:
UD & NUD.
Minstens 3 lede.
Voorsitter van die raad moet nie die voorsitter van die vergoedingskomitee wees nie.
9.Wat moet die beheerliggaam toesien?
Die beheerliggaam moet toesien dat die evaluering van die direksie se prestasie en die van komitees voortdurend verbeter.
- Wie moet verantwoordelikheid aanvaar om die prestasie van die direksie, voorsitter, en direkteure te evalueer?
Die direksie moet verantwoordelikheid aanvaar om sy eie prestasie en dié van sy voorsitter en direkteure te evalueer.
- Wie moet aangestel word om die evaluering van die voorsitter te lei indien ‘n hoof ONUD nie aangestel is nie?
Die direksie moet ‘n ONUD aanstel om die evaluering van die voorsitter te lei indien ‘n hoof ONUD nie aangestel is nie.
- Watter proses moet gevolg word om die direksie se prestasie en dié van sy komitees, voorsitter en direkteure te evalueer?
’n Formele proses moet gevolg word om die direksie se prestasie, sy komitees, sy voorsitter en sy direkteure te evalueer.
- Wat behoort die direksie elke alternatiewe jaar in sy jaarlikse werkplan te skeduleer?
Die direksie behoort elke alternatiewe jaar ‘n geleentheid te skeduleer om sy prestasie en dié van sy komitees, voorsitter en direkteure te oorweeg, te besin en te bespreek.
- Aan watter vereistes moet voldoen word?
Voldoen aan openbaarmakingsvereistes.
Indien die maatskappysekretaris die nodige kennis van die arbeidsreg en vergoeding het, moet hy of sy dien op die vergoedingskomitee? Ja of nee? Regverdig.
Nee, hulle kan net indien hulle deel van die Nie-uitvoerende direksie is en onafhanklik is
Noem ses kenmerke wat direkteure moet vertoon ten einde eties te lei.
- Integriteit
- Bevoegdheid
- Verantwoordelikheid
- Verantwoordbaarheid
- Regverdigheid
- Deursigtigheid
Hoeveel komitees beveel King IV aan dat n maatskappy moet he?
Naamlik 5
- Risiko-
- Oudit-
- Nominasie-
- Vergoedingskomitee-
- Maatskaplik en etiek komitee
Hoekom moet die direksie uit die regte mengsel van uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure bestaan?
- Vereiste balans en;
- Objektiwiteit te handhaaf
Waaruit moet die meerderheid nie-uitvoerende direkteure bestaan
- Onafhanklike direkteure
VB:
Jo Malone het homself as die uitvoerende voorsitter gestileer
Wat beveel King IV aan?
Die voorsitter moet n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur wees
Deur wie moet die vergoedingskomitee gelei word?
- Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur
Uit watse lede moet die vergoedingskomitee bestaan?
- Slegs nie-uitvoerende direkteure
- Meerderheid onafhanklik nie-uitvoerend
Hoekom moet die vergoedingskomitee meestal uit onafhanlike nie-uitvoerende direksie bestaan
- Vlak van onpartydigheid
- Onafhanklikheid
- Sodat direkteure nie hulle eie betalings bepaal nie
Wat is die rol van die Sosiale en Etiese komitee?
Hou toesig oor:
- Oranisasie-etiek
- Verantwoordelike korporatiewe burgerskap
- Volhoubare ontwikkeling
- Verhounding met belanghebbendes
Waaruit moet die Sosiale en Etiese komitee bestaan?
- Uitvoerende-
- Nie-uitvoerende direksie
- Meerderheid nie-uitvoerende direksie
17 Beginsels met een woord om hulle te beskryf
- Leierskap
- Organisatoriese etiek
- Verantwoordelike korporatiewe burger
- Strategie, optrede en rapportering
- Rapportering
- Rol en verantwoordelikheid van direksie
- Samestelling van die direksie
- Kommitees
- Direksie optredes
- Direksie delegering en aanstelling
- Risiko
- Tegnologie en informasie
- Nakomingsbestuur
- Vergoeding
- Versekering
- Aandeelhouer verhouding
- Investeerder verantwoordelikheid
Wie moet die direksie aan stel as die voorsitter van die Direksie
- Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur
Wie moet die hoof uitvoerende beampte (CEO) wees?
- Die Voorsitter kan nie die hoof uitvoerende beampte wees nie
Kan n voormalige CEO voorsitter wees?
Nee, maar kan wel na 3 jaar vandat hulle nie meer CEO is nie
Wat kan die CEO deel en nie deel van wees nie?
- Oudit kommitee
- Vergoedings kommitee
- MOET deel van die nominasie kommitee wees
- kan deel van risiko kommitee wees
- kan deel van sosial en etiek kommitee
- Wat moet die direksie toesien rakende die aanstelling van en delegering aan bestuur?
Die direksie moet toesien dat die aanstelling van en delegering aan bestuur bydra tot rol-duidelikheid en die doeltreffende uitoefening van gesag en verantwoordelikhede.
- Wat behoort die beheerliggaam aan te stel om sekere pligte uit te voer?
Die beheerliggaam behoort ‘n HUD aan te stel wat sekere pligte uitvoer.
- Hoe gereeld moet die prestasie van die HUD geëvalueer word?
HUD se prestasie moet jaarliks formeel geëvalueer word.
- Wat keur die beheerliggaam goed rakende delegering?
Die beheerliggaam keur die raamwerk vir delegering goed.
- Wat behoort die beheerliggaam te verseker oor sleutel-bestuursfunksies?
Die beheerliggaam behoort te verseker dat sleutel-bestuursfunksies deur kundiges verrig word.
- Wat is ‘n belangrike aspek van bestuursbeplanning wat in ag geneem moet word?
Opvolgbeplanning.
- Aan watter vereistes moet voldoen word?
Voldoen aan openbaarmakingsvereistes.
- Hoe moet die beheerliggaam risiko’s bestuur?
Die beheerliggaam moet risiko’s bestuur op ‘n manier wat die entiteit in die opstelling en bereiking van sy strategiese doelwitte ondersteun.
- Wat is die direksie se verantwoordelikheid ten opsigte van risikobestuur?
Die direksie moet verantwoordelikheid neem vir risikobestuur deur die rigting te bepaal vir hoe risiko’s benader en aangespreek word.
- Hoe moet die direksie risiko beskou in hul besluitneming en pligte?
Die direksie moet risiko as ‘n integrale deel van besluitneming en die uitvoering van sy pligte ag.
- Watter beleide moet die direksie goedkeur rakende risiko?
Die direksie moet risikobeleide goedkeur.
- Wat moet die direksie goedkeur wat verband hou met hul risiko-aptyt?
Die direksie moet die risiko-aptyt goedkeur.
- Aan wie moet die direksie die implementering van risikobestuur delegeer?
Die direksie moet die implementering van effektiewe risikobestuur aan bestuur delegeer.
- Wat moet die direksie voortdurend doen oor bestuur se risikobestuur?
Die direksie moet deurlopende toesig hou oor bestuur se risikobestuur.
12.Hoe moet die beheerliggaam tegnologie en inligting bestuur?
Die beheerliggaam moet tegnologie en inligting bestuur op ‘n manier wat die entiteit in die opstelling en bereiking van sy strategiese doelwitte ondersteun.
- Wat is die direksie se verantwoordelikheid ten opsigte van tegnologie en inligtingbestuur?
Die direksie moet verantwoordelikheid aanvaar vir tegnologie en inligtingbestuur deur die rigting en benadering te bepaal.
- Watter beleide moet die direksie goedkeur rakende tegnologie en inligtingbestuur?
Die direksie moet tegnologie en inligtingbestuursbeleide goedkeur.
12.
- Aan wie moet die direksie die implementering van tegnologie en inligting delegeer?
Die direksie moet die verantwoordelikheid om effektiewe tegnologie en inligting te implementeer aan bestuur delegeer.
- Wat moet die direksie voortdurend doen oor tegnologie- en inligtingbestuur?
Die direksie moet deurlopend toesig hou oor tegnologie- en inligtingbestuur.
- Wat moet die direksie oorweeg rakende onafhanklike gerusstelling?
Die direksie moet die behoefte oorweeg om periodieke onafhanklike gerusstelling te ontvang oor die doeltreffendheid van die maatskappy se tegnologie- en inligtingsreëlings.
13.Hoe moet die beheerliggaam die nakoming van wette en ander standaarde bestuur?
Die beheerliggaam moet die nakoming van wette bestuur, asook aangenome, nie-bindende reëls, kodes en standaarde op ‘n manier bestuur wat die entiteit as ‘n goeie korporatiewe burger ondersteun.
13.Wat is die direksie se verantwoordelikheid ten opsigte van nakomingsbestuur?
Die direksie moet verantwoordelikheid aanvaar hiervoor deur die rigting en benadering te bepaal.
- Watter beleide moet die direksie goedkeur rakende nakomingsbestuur?
Die direksie moet nakomingsbeleide goedkeur.
- Aan wie moet die direksie die verantwoordelikheid vir nakomingsbestuur delegeer?
Die direksie moet die verantwoordelikheid aan bestuur delegeer en toesig hou daaroor.
13.Wat moet die direksie oorweeg rakende onafhanklike gerusstelling?
Die direksie moet die behoefte oorweeg om periodieke onafhanklike gerusstelling te ontvang oor die doeltreffendheid van die maatskappy se effektiwiteit van nakomingsbestuur.
14.Wat moet die raad toesien met betrekking tot die entiteit se vergoeding?
Die raad moet toesien dat die entiteit se vergoeding redelik, verantwoordelik, en deursigtig geskied om die bereiking van doelwitte en positiewe uitkomste te bevorder.
- Wat is die verantwoordelikheid van die direksie met betrekking tot vergoeding?
Die direksie moet verantwoordelikheid aanvaar deur die rigting en benadering van vergoeding te bepaal.
- Wie moet vergoedingsbeleide goedkeur?
Die direksie moet vergoedingsbeleide goedkeur.
- Wat moet die direksie doen met betrekking tot die implementering en uitvoering van vergoedingsbeleide?
Die direksie moet toesig hou oor die implementering en uitvoering van die vergoedingsbeleide.
- Wat moet die direksie doen met betrekking tot gerusstellingsdienste en -funksies?
Die direksie moet toesien dat gerusstellingsdienste en -funksies ‘n doeltreffende beheer-omgewing vestig.
- Wat is die verantwoordelikheid van die direksie met betrekking tot gerusstellingsdienste en -funksies?
Die direksie moet verantwoordelikheid aanvaar deur die rigting en benadering te bepaal.
- Wat is die rol van die ouditkomitee in verband met gerusstellingsdienste en -funksies?
Die direksie delegeer hul verantwoordelikheid omtrent gerusstellingsdienste en -funksies aan die ouditkomitee.
- Wie moet toesien dat ‘n gekombineerde gerusstellingsmodel ontwerp en geïmplementeer word?
Die raad moet toesien dat ‘n gekombineerde gerusstellingsmodel ontwerp en geïmplementeer word.
15.Wat moet die direksie doen met betrekking tot gerusstellingsdienste en -funksies?
Die direksie moet toesien dat gerusstellingsdienste en -funksies ‘n doeltreffende beheer-omgewing vestig.
- Wat is die verantwoordelikhede van die hoofoudit uitvoerende ouditbeampte (CAE)?
Die CAE moet onafhanklik funksioneer en kontroles ontwerp en implementeer.
- Wat is die raad se rol met betrekking tot die CAE?
Die raad moet die CAE se aanstelling, kontrak en vergoeding goedkeur.
- Waarop moet die raad toesis dat die CAE beskik?
Die raad moet toesien dat die CAE die nodige bevoegdheid, gravitas en objektiwiteit het.
- Aan wie moet die CAE rapporteer?
Die CAE moet toegang hê tot die ouditkomitee se voorsitter en funksioneel aan hom/haar rapporteer.
- Kan die CAE ‘n uitvoerende bestuurslid wees?
Die CAE moet nie ‘n uitvoerende bestuurslid wees nie, maar mag hul vergaderings bywoon.
- Wie is primêr verantwoordelik vir die verwydering van die CAE?
Die direksie is primêr verantwoordelik vir die verwydering van die CAE.
16.Wat moet die direksie doen met betrekking tot belangegroepverhoudings?
Die direksie moet ‘n belanghebbende-inklusiewe benadering aanneem wat die behoeftes, belange en verwagtinge van wesenlike belanghebbendes balanseer.
- Wat is die verantwoordelikheid van die direksie met betrekking tot die bestuur van belangegroepverhoudings?
Die direksie moet verantwoordelikheid aanvaar vir die bestuur van belangegroepverhoudings deur die rigting en benadering te bepaal.
- Wie moet belanghebbende-inklusiewe beleide goedkeur?
Die direksie moet belanghebbende-inklusiewe beleide goedkeur.
- Hoe moet die direksie hul verantwoordelikheid vir implementering en uitvoering hanteer?
Die direksie moet hul verantwoordelikheid vir implementering en uitvoering aan bestuur delegeer.
- Wat is die rol van die direksie in die opvolging van belangegroepverhoudings?
Die direksie moet deurlopend toesig hou oor die bestuur van belangegroepverhoudings.
- Wat moet die direksie doen met betrekking tot belangegroepverhoudings?
Die direksie moet ‘n belanghebbende-inklusiewe benadering aanneem wat die behoeftes, belange en verwagtinge van wesenlike belanghebbendes balanseer.
- Hoe moet die direksie aandeelhouerbetrokkenheid aanmoedig?
Die direksie moet toesien dat aandeelhouerbetrokkenheid aangemoedig word.
- Wat is die verantwoordelikheid van die direkteure tydens die Algemene Jaarvergadering (AJV)?
Alle direkteure moet by die AJV beskikbaar wees om te reageer op aandeelhouers se navrae oor hoe die direksie sy bestuurspligte uitgevoer het.
- Wat moet die direksie doen met betrekking tot die aangewese ouditeur tydens die AJV?
Die direksie moet toesien dat die aangewese ouditeur (ekstern) die AJV bywoon
- Waarop moet die direksie toesis hou met betrekking tot aandeelhouers?
Die direksie moet toesien dat die aandeelhouers billik behandel word en dat die belange van minderhede beskerm word.
- Wat moet openbaar gemaak word ten opsigte van die notules van die AJV van genoteerde maatskappye?
Die notules van die AJV van genoteerde maatskappye moet openbaar gemaak word.
Watter van die volgende stellings beskryf die direksie se magsbalans? (1)
Question 1Answer
‘n Meerderheid uitvoerende direkteure waarvan die meeste onafhanklik is
ʼn Meerderheid nie-uitvoerende direkteure, waarvan die meeste onafhanklik is
‘n Meerderheid nie-uitvoerende direkteure, waarvan die minderheid onafhanklik is
‘n Meerderheid uitvoerende direkteure met ‘n nie-uitvoerende voorsitter
ʼn Meerderheid nie-uitvoerende direkteure, waarvan die meeste onafhanklik is
Die lede van die risikobestuurkomitee moet almal nie-uitvoerende lede van die beheerliggaam wees. (1)
Question 2Answer
Waar
Vals
Vals
Wie is verantwoordelik vir die verskaffing van versekering dat bestuursprosesse om beduidende risiko’s en geleenthede te identifiseer en te moniteer voldoende is? (1)
Question 3Answer
Voorsitter van die direksie
Die raad van direkteure
Hoof uitvoerende beampte
Maatskappysekretaris
Interne oudit
Ouditkomitee
Bestuur
Interne oudit
Wie is verantwoordelik vir die ontwerp, implementering en monitering van die risikobestuurproses? (1)
Question 4Answer
Voorsitter van die direksie
Die raad van direkteure
Hoof uitvoerende beampte
Maatskappysekretaris
Interne oudit
Ouditkomitee
Bestuur
Bestuur
ngevolge watter dokument geskied geïntegreerde verslagdoening in Suid-Afrika? (1)
Question 5Answer
Maatskappywet (2008)
King IV kode
B-BEE Wet
JSE Lysvereistes
King IV kode
Ingevolge die King IV kode behoort die maatskappysekretaris ʼn lid van die maatskappy se vergoedingskomitee te wees. (1)
Question 6Answer
Waar
Vals
Vals
Ingevolge die King IV kode behoort die hoofuitvoerende beampte en die voorsitter van die direksie dieselfde persoon te wees, omdat dit effektiwiteit verseker tussen die direksie en die uitvoerende bestuur. (1)
Question 7Answer
Waar
Vals
Vals
Wat is die primêre doel van die nominasiekomitee ingevolge die King IV kode? (1)
Question 8Answer
Hersien en beveel direkteursvergoeding aan
Hou toesig oor die organisasie se etiese, sosiale en omgewingsprestasie
Identifiseer en beveel geskikte kandidate vir direksieposisies aan
Identifiseer en beveel geskikte regsadviseurs aan
Identifiseer en beveel geskikte kandidate vir direksieposisies aan
Korporatiewe beheer ingevolge die King IV kode behels die: (1)
Question 9Answer
Streng nakoming van die Maatskappywet (2008)
Proses waardeur maatskappye gestig en beheer word
Voldoening aan regerings- en industrieregulasies
Uitoefening van etiese en effektiewe leierskap
Uitoefening van etiese en effektiewe leierskap
Wat is die primêre rol van die risikobestuurbeginsel ingevolge die King IV kode? (1)
Question 10Answer
Elimineer alle risiko’s en negatiewe uitkomstes
Identifiseer en bestuur risiko’s om strategiese doelwitte te bereik
Moedig organisasies aan om buitensporige risiko’s te neem vir hoër opbrengste
Delegeer risikobestuur aan eksterne konsultante
Identifiseer en bestuur risiko’s om strategiese doelwitte te bereik
Wie moet openbaarmaking en verslagdoening verseker wat belanghebbendes in staat stel om ‘n ingeligte beoordeling van die maatskappy se prestasie te maak? (1)
Question 11Answer
Voorsitter van die direksie
Die raad van direkteure
Hoof uitvoerende beampte
Maatskappysekretaris
Interne oudit
Ouditkomitee
Bestuur
Die raad van direkteure
Ingevolge die King IV kode behoort die Hoof Finansiële Beampte die voorsitter van die vergoedingskomitee te wees. (1)
Question 12Answer
Waar
Vals
Vals
Watter van die volgende komitees word nie spesifiek deur die King IV kode aanbeveel nie? (1)
Question 13Answer
Ouditkomitee
Risikokomitee
Volhoubaarheidskomitee
Nominasiekomitee
Vergoedingskomitee
Volhoubaarheidskomitee
Wie word ingevolge die King IV kode beskou as die sleutelbelanghebbendes wat maatskappye in hul bestuurspraktyke in ag moet neem? (1)
Question 14Answer
Slegs aandeelhouers
Slegs aandeelhouers en werknemers
Aandeelhouers, werknemers en kliënte
Aandeelhouers, werknemers en die gemeenskap
Aandeelhouers, werknemers en die gemeenskap
Wat is die rol van die hoof onafhanklike nie-uitvoerende raadslid met betrekking tot die voorsitter? (1)
Question 15Answer
Dien as die voorsitter van die ouditkomitee
Dien as die voorsitter van die vergoedingskomitee
Dokumenteer die rol en verantwoordelikhede van die voorsitter
Behartig die opvolgbeplanning
Dokumenteer die rol en verantwoordelikhede van die voorsitter
Waarna verwys die term “pas toe of verduidelik” ingevolge die King IV kode? (1)
Question 16Answer
Verpligte nakoming van alle beginsels
Die buigsaamheid vir organisasies om beginsels te kies wat by hulle pas
Die eksterne ouditeure verduidelik hul bevindinge
Die vereiste om beginsels toe te pas of redes vir nienakoming te verskaf
Die vereiste om beginsels toe te pas of redes vir nienakoming te verskaf
Die voorsitter van die raad se aanstelling moet elke twee jaar heroorweeg word. (1)
Question 17Answer
Waar
Vals
Vals
Die interne en eksterne ouditeure moet heeltemal onafhanklik van mekaar werk ter evaluering van die maatskappy se finansiële stelsels, ten einde nie mekaar se werk te beïnvloed nie. (1)
Question 18Answer
Waar
Vals
Vals
Ingevolge die King IV kode behoort die aandeelhouers elke vyf jaar oor die raad se vergoedingsbeleid te stem. (1)
Question 19Answer
Waar
Vals
Vals
Ingevolge die King IV kode behoort ʼn maatskappy ʼn sosiale media komitee te hê gegewe die hedendaagse belangrikheid van sosiale media. (1)
Question 20Answer
Waar
Vals
Vals
Watter van die volgende is nie ‘n beginsel van leierskapsetiek en korporatiewe burgerskap nie? (1)
Question 21Answer
Die raad moet eties en effektief lei
Die raad moet toesien dat die maatskappy as ‘n verantwoordelike korporatiewe burger gesien word
Die direksie moet toesien dat die maatskappy doeltreffend en effektief bestuur word ten einde aandeelhouers se welvaart te maksimeer
Die direksie behoort ‘n etiese kultuur binne die maatskappy te vestig
Die direksie moet toesien dat die maatskappy doeltreffend en effektief bestuur word ten einde aandeelhouers se welvaart te maksimeer
Ingevolge die King IV kode mag die voorsitter die prestasie van ander direkteure evalueer. (1)
Question 22Answer
Waar
Vals
Waar
ʼn Maatskappy se winsgewendheid bepaal alleenlik of daardie maatskappy King IV moet toepas of nie. (1)
Question 23Answer
Waar
Vals
Vals
Ingevolge die King IV kode behoort die Hoof Uitvoerende Beampte die voorsitter van die vergoedingskomitee te wees. (1)
Question 24Answer
Waar
Vals
Vals
Wie moet die jaarlikse prestasie-evaluering van die hoof uitvoerende beampte doen? (1)
Question 25Answer
Voorsitter van die direksie
Die raad van direkteure
Hoof uitvoerende beampte
Maatskappysekretaris
Interne oudit
Ouditkomitee
Die raad van direkteure