Maatskappy Wet - DA Vrae Flashcards
Wanneer voldoen ʼn maatskappy aan die solvensie-en-likiditeitstoets ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 1Answer
As die bates van die maatskappy redelik gewaardeer is en gelykstaande is aan of dit die laste oorskry
As die maatskappy in staat is om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van ses maande na die datum van die toets
As die bates van die maatskappy redelik gewaardeer is en dit blyk dat die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van twaalf maande na die datum van die toets
As die maatskappy in staat is om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van drie maande na die datum van die toets
As die bates van die maatskappy redelik gewaardeer is en dit blyk dat die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van twaalf maande na die datum van die toets
Wie moet geoudit word in terme van die Openbare Belang Telling (Public Interest Score) volgens die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 2Answer
Slegs maatskappye met ‘n Openbare Belang Telling van 500 of meer
Slegs genoteerde maatskappye
Slegs maatskappye wat finansiële state intern saamstel ondanks die Openbare Belang Telling berekening
Maatskappye met ‘n Openbare Belang Telling van 350 of meer
Maatskappye met ‘n Openbare Belang Telling van 350 of meer
‘n Vervaardigingsmaatskappy, wil lenings aan ‘n aantal werknemers gee sodat hulle aandele in die maatskappy kan koop as deel van ‘n werknemers-aandeleskema. Watter van die volgende vereistes sal NIE van toepassing wees op die maak van hierdie lenings nie? (1)
Question 3Answer
Die lenings moet deur die raad gemagtig word
‘n Spesiale aandeelhouersbesluit word verlang
Onmiddellik nadat die lenings verskaf is, moet die maatskappy aan die likiditeit/solvensietoets voldoen
Die werknemers-aandeleskema moet aan die vereistes van die Maatskappywet 2008 voldoen
‘n Spesiale aandeelhouersbesluit word verlang
Wat is die vereiste vir ʼn gewone aandeelhouersbesluit, en ʼn spesiale besluit ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 4Answer
‘n Gewone aandeelhouersbesluit vereis 75% van die stemregte uitgeoefen rakende die aangeleentheid, en ‘n spesiale besluit meer as 50%
‘n Gewone aandeelhouersbesluit vereis 50% of minder van die stemregte uitgeoefen rakende die aangeleentheid, en ‘n spesiale besluit 75%
‘n Gewone aandeelhouersbesluit vereis meer as 50% van die stemregte uitgeoefen rakende die aangeleentheid, en ‘n spesiale besluit 75%
‘n Gewone aandeelhouersbesluit vereis 75% of meer van die stemregte uitgeoefen rakende die aangeleentheid, en ‘n spesiale besluit 50%
‘n Gewone aandeelhouersbesluit vereis meer as 50% van die stemregte uitgeoefen rakende die aangeleentheid, en ‘n spesiale besluit 75%
Hoeveel persone word benodig om ʼn maatskappy sonder ʼn winsoogmerk te inkorporeer ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 5Answer
Een of meer persone
Twee of meer persone
Drie of meer persone
Vyf of meer persone
Tien of meer persone
Drie of meer persone
Watter van die volgende pligte val binne die ouditkomitee se bestek ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 6Answer
Bepaal die aard en omvang van enige nie-ouditdienste wat die ouditeur aan die maatskappy mag lewer
Verkry redelike gerusstelling dat die finansiële state as ‘n geheel vry is van wesenlike wanvoorstelling voortspruitend uit bedrog of foute
Nomineer ʼn onafhanklike ouditeur vir aanstelling as eksterne ouditeur van die maatskappy
Rig vertoë aan die beheerliggaam oor enige aangeleentheid rakende die maatskappy se rekeningkundige beleide en finansiële verslagdoening
Berei die finansiële state jaarliks voor ingevolge ʼn toepaslike verslagdoeningsraamwerk
Berei die geïntegreerde verslag voor namens die Hoof Uitvoerende Beampte
Keur alle interne rapporteringstrukture goed
Beslis meningsverskille tydens direksievergaderings
Bepaal die aard en omvang van enige nie-ouditdienste wat die ouditeur aan die maatskappy mag lewer,
Nomineer ʼn onafhanklike ouditeur vir aanstelling as eksterne ouditeur van die maatskappy,
Rig vertoë aan die beheerliggaam oor enige aangeleentheid rakende die maatskappy se rekeningkundige beleide en finansiële verslagdoening
Watter rekords moet ʼn maatskappy byhou volgens Artikel 24 van die maatskappywet? (1)
a. ʼn Afskrif van die Akte van Oprigting (AVO) en veranderinge daaraan, en reëls deur die direksie gemaak met betrekking tot die bestuur van die maatskappy (onbepaald)
b. Rekords van die huidige en vorige direkteure vir sewe jaar nadat die persoon nie meer ʼn direkteur is nie
c. Afskrifte van verslae voorgelê by die Algemene Jaarvergadering van die maatskappy, finansiële jaarstate en rekeningkundige rekords vir die huidige en vorige sewe jaar
d. Kennisgewings en notules van aandeelhouervergaderings, besluite en dokumente wat daarmee verband hou, vergaderings van direkteure, direksiekomitees en ouditkomitees vir sewe jaar
a. Afskrifte van skriftelike kommunikasie gestuur aan houers van enige klas van sekuriteite
Question 7Answer
a, b, en c
b, c, en d
c, d, en e
a, d, en e
a, d, en e
at is die verskillende tipes maatskappy wat gevorm kan word ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 8Answer
Slegs openbare maatskappye en privaatmaatskappye
Maatskappye sonder winsoogmerk en maatskappye met winsoogmerk
Slegs maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid
Beslote korporasies
Maatskappye sonder winsoogmerk en maatskappye met winsoogmerk
Watter van die volgende word nie as ‘n winsgewende maatskappy beskou nie? (1)
Question 9Answer
‘n Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid
‘n Openbare maatskappy
‘n Maatskappy wat geïnkorporeer is vir ‘n openbare voordeel
‘n Maatskappy in staatsbesit
‘n Maatskappy wat geïnkorporeer is vir ‘n openbare voordeel
Ondanks enigiets in die Akte van Oprigting (‘AVO’), reëls of ooreenkoms, kan direkteure ontslaan word by wyse van ʼn: (1)
Question 10Answer
Gewone aandeelhouerbesluit
Spesiale aandeelhouerbesluit
Gewone voorkeuraandeelhouerbesluit
Spesiale voorkeuraandeelhouerbesluit
Direksiebesluit
Gewone aandeelhouerbesluit
ʼn Maatskappy sonder winsoogmerk benodig geen ouditkomitee tensy die maatskappy se Akte van Oprigting (‘AVO’) dit vereis nie. (1)
Question 11Answer
Waar
Vals
Waar
Hoeveel lede moet op ʼn ouditkomitee dien ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 12Answer
Een lid
Twee lede
Drie lede
Vier lede
Vyf lede
Drie lede
Watter van die volgende pligte val binne die ouditkomitee se bestek ingevolge die Maatskappywet 71 van 2008? (1)
Question 13Answer
Monitor die effektiwiteit van die maatskappy se gerusstellingsfunksies
Verkry redelike gerusstelling dat die finansiële state as ‘n geheel vry is van wesenlike wanvoorstelling voortspruitend uit bedrog of foute
Nomineer ʼn onafhanklike ouditeur vir aanstelling as eksterne ouditeur van die maatskappy
Rig vertoë aan die beheerliggaam oor enige aangeleentheid rakende die maatskappy se rekeningkundige beleide en finansiële verslagdoening
Berei die finansiële state jaarliks voor ingevolge ʼn toepaslike verslagdoeningsraamwerk
Berei die belastingopgawe jaarliks voor ingevolge die Inkomstebelastingwet
Monitor die volhoubare ontwikkeling en korporatiewe burgerskap van die maatskappy
Keur jaarliks die vergoedingsbeleid toe vir implementering
Nomineer kandidate vir aanstelling as direkteure
Stuur die bemarkingsprojekte van die maatskappy ten einde meer winste te genereer
Monitor die effektiwiteit van die maatskappy se gerusstellingsfunksies,
Nomineer ʼn onafhanklike ouditeur vir aanstelling as eksterne ouditeur van die maatskappy,
Rig vertoë aan die beheerliggaam oor enige aangeleentheid rakende die maatskappy se rekeningkundige beleide en finansiële verslagdoening
Wat is die uitdrukking wat vir ʼn openbare maatskappy gebruik word? (1)
Question 14Answer
Geïnkorporeer of Geïnk.
Eiendoms Beperk of (Edms.) Bpk.
Beperk of Bpk.
MSB Bpk.
MSW.
Beperk of Bpk.
Watter van die volgende pligte val binne die maatskappysekretaris se bestek? (1)
Question 15Answer
Berei die geïntegreerde verslag voor namens die Hoof Uitvoerende Beampte
Beslis meningsverskille tydens direksievergaderings
Bepaal die aard en omvang van enige nie-ouditdienste wat die ouditeur aan die maatskappy mag lewer
Evalueer die effektiwiteit van die interne beheerstelsels
Dien as ouditkomiteelid in jou hoedanigheid as maatskappysekretaris
Verkry redelike gerusstelling dat die finansiële state as ‘n geheel vry is van wesenlike wanvoorstelling voortspruitend uit bedrog of foute
Stuur ʼn afskrif van die finansiële state aan almal wat daarop geregtig is
Lei die beheerliggaam ten opsigte van hul pligte en verantwoordelikhede
Stuur ʼn afskrif van die finansiële state aan almal wat daarop geregtig is,
Lei die beheerliggaam ten opsigte van hul pligte en verantwoordelikhede
Wat is die uitdrukking wat vir ʼn maatskappy sonder winsoogmerk gebruik word? (1)
Question 16Answer
Geïnkorporeer of Geïnk.
Eiendoms Beperk of (Edms.) Bpk.
Beperk of Bpk.
MSB Bpk.
MSW.
MSW
Watter van die volgende is van toepassing op ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid? (1)
Question 17Answer
Die Akte van Oprigting kan nie die oordraagbaarheid van sy sekuriteite beperk nie
Die Akte van Oprigting moet die maatskappy verbied om enige van sy sekuriteite aan die publiek te bied
Die Akte van Oprigting moet spesifiek voorsiening maak dat die direkteure en vorige direkteure gesamentlik en afsonderlik saam met die maatskappy aanspreeklik is vir die skulde van die maatskappy wat tydens hul ampstermyn gekontrakteer is
Die Akte van Oprigting moet meld dat dit ʼn maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid is
Die Akte van Oprigting moet spesifiek voorsiening maak dat die direkteure en vorige direkteure gesamentlik en afsonderlik saam met die maatskappy aanspreeklik is vir die skulde van die maatskappy wat tydens hul ampstermyn gekontrakteer is
Op watter maniere kan ʼn maatskappy se Akte van Oprigting (AVO) gewysig word volgens die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 18Answer
Slegs deur ʼn direkteursbesluit, tensy die AVO dit verbied
Slegs deur ʼn spesiale besluit
Slegs deur ʼn hofbevel
Deur ʼn hofbevel, ʼn direkteursbesluit tensy die AVO dit verbied, of te wel ʼn spesiale besluit
Deur ʼn hofbevel, ʼn direkteursbesluit tensy die AVO dit verbied, of te wel ʼn spesiale besluit
Wat is die uitdrukking wat vir ʼn privaatmaatskappy gebruik word? (1)
Question 19Answer
Geïnkorporeer of Geïnk.
Eiendoms Beperk of (Edms.) Bpk.
Beperk of Bpk.
MSB Bpk.
MSW.
Eiendoms Beperk of (Edms.) Bpk.
Ingevolge die Maatskappywet (2008) moet ‘n genoteerde maatskappy: (1)
Question 20Answer
Se finansiële jaarstate in ooreenstemming met IFRS opgestel word
Se finansiële jaarstate binne 24 maande na die finansiële jaareinde opgestel word
Ekstern geoudit of onafhanklik nagegaan word, afhangende van sy openbare belang-telling
Se finansiële jaarstate goedkeur word deur die direksie en onderteken deur ‘n gemagtigde direkteur
Se finansiële jaarstate in ooreenstemming met IFRS opgestel word,
Se finansiële jaarstate goedkeur word deur die direksie en onderteken deur ‘n gemagtigde direkteur
Watter van die volgende dokumente moet by die Kommissaris ingedien word ten einde ʼn maatskappy te inkorporeer? (1)
Question 21Answer
‘n Akte van Oprigting
‘n Assosiasie-ooreenkoms
‘n Kennisgewing van Inlywing/Inkorporasie
‘n Ouditeursverklaring
The correct answers are:
‘n Akte van Oprigting,
‘n Kennisgewing van Inlywing/Inkorporasie
Watter magtiging word vereis om aandeleopsies aan direkteure uit te reik ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 22Answer
Direksiebesluit
Aandeelhouerbesluit
Bestuursbesluit
Spesiale besluit
Spesiale besluit
By wyse van watter soort besluit mag ʼn maatskappy kapitalisasieaandele uitreik ingevolge die Maatskappywet (2008)? (1)
Question 23Answer
Direksiebesluit
Aandeelhouerbesluit
Bestuursbesluit
Spesiale besluit
Direksiebesluit
Die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure (IRBA) is gestig deur die Maatskappywet (2008) en die Maatskappyregulasies (2011). (1)
Question 24Answer
Waar
Vals
Waar
Wat is die uitdrukking wat vir ʼn maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid gebruik word? (1)
Question 25Answer
Geïnkorporeer of Geïnk.
Eiendoms Beperk of (Edms.) Bpk.
Beperk of Bpk.
MSB Bpk.
MSW.
Geïnkorporeer of Geïnk.