Artikel 2 - 20 (Maatskappy Wet) Flashcards
Wat is die definisie van ‘n individu - individu verhouding soos uiteengesit in Artikel 2?
‘n Individu - individu verhouding word omskryf as individue wat getroud is, saamwoon in ‘n verhouding soortgelyk aan ‘n huwelik, of geskei is deur nie meer as twee grade van natuurlike of aangenome verwantskap nie.
Hoe word ‘n individu - regspersoon verhouding omskryf in die artikel?
‘n Individu - regspersoon verhouding word omskryf as ‘n situasie waarin ‘n individu direk of indirek die regspersoon beheer.
Wat beteken “beheer” in die konteks van individue en regspersone volgens die artikel 2?
“Beheer” beteken die vermoë om ‘n meerderheid van die stemregte uit te oefen of die uitoefening van die stemregte te beheer. Dit kan ook die reg insluit om die direkteure van ‘n maatskappy aan te stel of die aanstelling of verkiesing van direkteure te beheer.
Hoe word die term “beheer” gedefinieer in die konteks van die verhouding tussen regspersone volgens Artikel 2?
In die konteks van die verhouding tussen regspersone, word “beheer” gedefinieer as die reg om die direkteure van ‘n maatskappy wat ‘n meerderheid van die stemme by ‘n vergadering van die direksie beheer, aan te stel of die aanstelling of verkiesing te beheer.
Hoe word ‘n maatskappy gedefinieer as ‘n filiaal van ‘n ander maatskappy volgens Artikel 3?
As daardie maatskappy beheer word deur ‘n ander entiteit, soos beskryf in die artikel.
Wat is die bepalende faktor vir die filiaalstatus van ‘n maatskappy volgens die artikel?
Die bepalende faktor vir die filiaalstatus van ‘n maatskappy is die mate van beheer wat ‘n ander entiteit oor dit uitoefen, soos uiteengesit in die artikel.
Hoe word aan die solvensie-en-likiditeitstoets voldoen volgens Artikel 4?
Aan die solvensie-en-likiditeitstoets word voldoen indien, op ‘n bepaalde tydstip, die bates van die maatskappy gelyk is aan of die laste oorskry, en dit blyk dat die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van 12 maande na die datum waarop die toets oorweeg word, of 12 maande na ‘n uitkering.
Wat word vereis vir ‘n maatskappy om te voldoen aan die solvensie-en-likiditeitstoets op ‘n bepaalde tydstip?
Om aan die solvensie-en-likiditeitstoets te voldoen op ‘n bepaalde tydstip, moet die bates van die maatskappy gelyk wees aan of die laste oorskry, en dit moet blyk dat die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van 12 maande na die datum van die toets of ‘n uitkering.
Wat behels die solvensie-aspek van die solvensie-en-likiditeitstoets volgens die artikel?
Die solvensie-aspek van die solvensie-en-likiditeitstoets behels dat die bates van die maatskappy (redelik gewaardeer) gelyk moet wees aan of die laste oorskry op ‘n bepaalde tydstip.
Vir watter tydperk moet ‘n maatskappy in staat wees om sy skulde te betaal volgens die solvensie-en-likiditeitstoets, soos uiteengesit in Artikel 4?
‘n Maatskappy moet in staat wees om sy skulde te betaal vir ‘n tydperk van 12 maande na die datum waarop die toets oorweeg word, of 12 maande na ‘n uitkering, om aan die solvensie-en-likiditeitstoets te voldoen.
Hoe word sakedae bereken volgens Artikel 5 en 6, en watter dae word uitgesluit?
Sakedae word bereken vanaf die 1ste dag waarop die 1ste gebeurtenis plaasgevind het tot en met die dag waarop die 2de gebeurtenis gaan plaasvind, met uitsluiting van Saterdae, Sondae, en publieke vakansiedae.
Watter dokumente moet gepubliseer word volgens die voorskrifte, en watter formaat en taal moet hulle wees?
Dokumente wat gepubliseer moet word, soos prospektusse, kennisgewings, openbaarmakings, ens., moet in die voorgeskrewe formaat wees en in eenvoudige taal geskryf wees.
Mag kennisgewings, dokumente, rekords, en state in elektroniese formaat gehou word volgens die voorskrifte?
Ja, kennisgewings, dokumente, rekords, en state mag in elektroniese formaat gehou word.
Wat is die voorwaardes vir die publisering of lewering van dokumente, state, en kennisgewings in elektroniese formaat volgens die artikel?
Dokumente, state, kennisgewings, ens. mag gepubliseer of gelewer word in elektroniese formaat, maar dit moet moontlik wees vir die ontvanger om dit binne ‘n redelike tyd en teen ‘n redelike koste uit te druk.
Algemene uitleg en ander administratiewe aangeleenthede:
- Dokumente, state, kennisgewings, ens. mag gepubliseer of gelewer word in elektroniese formaat, op voorwaarde daarvan dat dit gerieflk deur die ontvanger gedruk kan word binne ‘n redelike tyd en teen ‘n redelike koste.
Oorweeg ‘n hof buitelandse maatskappyreg wanneer dit hierdie Wet uitlê of toepas, waar of vals?
Waar. ‘n Hof wat hierdie Wet uitlê of toepas, kan buitelandse maatskappyreg in ag neem.
Artikel 5 en 6 - Algemene uitleg en ander administratiewe aangeleenthede:
- Dokumente, state, kennisgewings, ens. mag gepubliseer of gelewer word in elektroniese formaat, op voorwaarde daarvan dat dit gerieflk deur die ontvanger gedruk kan word binne ‘n redelike tyd en teen ‘n redelike koste.
Wat gebeur in die geval van teenstrydigheid tussen hierdie Wet en ‘n ander wet, volgens die voorskrifte?
In die geval van teenstrydigheid tussen hierdie Wet en ‘n ander wet, is die bepalings van albei wette van toepassing.
Wat is die kenmerke van ‘n maatskappy sonder winsdoel soos uiteengesit in Artikel 8?
‘n Maatskappy sonder winsdoel is een wat sy inkomste en bates aanwend om ‘n bepaalde openbare voordeel, kulturele of maatskaplike aktiwiteite, of gemeenskaplike belange te bevorder. Dit mag nie direk of indirek sy bates oordra of inkomste aan sy lede of direkteure uitbetaal nie, behalwe redelike vergoeding vir dienste gelewer.
Wat is die primêre doelwitte van ‘n maatskappy sonder winsdoel soos beskryf in die artikel?
Die primêre doelwitte van ‘n maatskappy sonder winsdoel is om:
- ‘n bepaalde openbare voordeel,
- kulturele of
- maatskaplike aktiwiteite,
- of gemeenskaplike belange
te bevorder sonder om winste aan sy lede of direkteure uit te betaal.
Wat is die verskil tussen ‘n maatskappy sonder winsdoel en ‘n maatskappy wat vir finansiële voordeel vir aandeelhouers geïnkorporeer is?
n Maatskappy sonder winsdoel is gefokus op die bevordering van
- openbare, kulturele,
- of maatskaplike belange sonder om winste te behaal vir aandeelhouers,
terwyl ‘n maatskappy vir finansiële voordeel vir aandeelhouers geïnkorporeer is met die doel om
- wins te maak vir sy aandeelhouers.
Watter tipes maatskappye word gedefinieer en beskryf in Artikel 8?
Die tipes maatskappye wat gedefinieer en beskryf word in Artikel 8 sluit in:
- maatskappye in staatsbesit,
- private maatskappye,
- maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid,
- en openbare maatskappye.
Wat is die vereistes vir ‘n maatskappy om as ‘n openbare maatskappy geklassifiseer te word volgens die artikel?
‘n Maatskappy moet ‘n maatskappy met winsdoel wees, nie in staatsbesit wees of ‘n private maatskappy of ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid wees om as ‘n openbare maatskappy geklassifiseer te word.