Mynbou Flashcards

1
Q

Die positiewe impakte van mynbou

A
  1. Ekonomiese rykdom: Suid-Afrika het een van die mees ontwikkelde
    ekonomieë in Afrika. Die mynbou-industrie, met die massiewe natuurlike hulpbronne, speel ‘n baie belangrike rol in die ekonomie. Suid-Afrika verkoop die meeste van sy minerale aan oorsese kopers en die geld kom dan die land binne as buitelandse valuta.
  2. Indiensneming beteken sosiale hervorming: Die mynbou-industrie verskat indiensneming aan duisende werkers. Dit kan bydra tot sosiale opheffing, die verbetering van inkomste en lewenstandaarde, sowel as verligting van armoede.
  3. Swart ekonomiese bemagtiging: Eienaarskap van die land se myne deur net witmense tydens apartheid het geskuif na swart ekonomiese bemagtigingsgroepe (SEB). Dit is belangrik vanuit die oogpunt van sosiale, ekonomiese en mensregte-perspektiewe.
  4. Minerale regte: In sommige areas het mynboumaatskappye die minerale regte gekoop en op die manier rykdom gevestig vir mense aan wie die grond behoort. In hierdie konteks, byvoorbeeld, het die Royal Bafokeng-familie in die Rustenburg-area, waar platinum gemyn word, minerale regte aan die mynboumaatskappye verhuur.
  5. Vaardigheidsopleiding: Die mynbou-industrie verskaf vaardigheidsopleiding aan werkers wat ook vir kleinskaal-mynbou en ander ondernemings gebruik kan word. (sien Figuur 11.1).
  6. Dienste en goedere: As ‘n uitvloeisel van die verskillende soorte mynbou, het dienste soos die verskaffing van goedere aan myners en hulle families verbeter. Dit help om inkomste te genereer.

7 Infrastruktuur: Die belegging van mynboumaatskappye in ‘n area loop uit op die verskaffing van skole en klinieke, skoon water en energie, spoorweë en padverbindings aan plaaslike mense (sien Figuur 11.2).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die negatiewe impak van mynbou (5)

A
  1. Omgewingskade: Mynbou kan lei tot waterbesoedeling, geraas, stof en onhigiëniese toestande wat ‘n probleem kan wees vir diegene wat naby myne woon en werk. Suurmynwater en stofbesoedeling sal in hierdie hoofstuk bespreek word.
  2. Gevare: Myners kan sterf of beseer word in rotsstortings of ander werkverwante ongelukke.
  3. Gesondheid: Die gesondheid van myners kan ly onder die inaseming van besoedelingstowwe (soos asbes) wat longsiektes kan veroorsaak. Gifstowwe kan die liggaam binnedring as dit in kontak kom met besoedelingstof.
  4. Seksueel oordraagbare siektes: Myners kan hierdie siektes soos MIV/VIGS maklik opdoen aangesien baie van hulle vir lang tye ver van die huis af woon en werk en hulle mag dan dikwels meer as een seksmaat (‘n vrou of maat by die huis, en dan nog een naby die myne). Hierdie siektes bring sosiale sowel as gesondheidsprobleme mee.
  5. Onwettige mynbou: Waar veiligheidsregulasies in wettige myne streng nagekom word, is daar myners wat betrokke raak by onwettige mynbou by ongebruikte myne en word blootgestel aan groot gevaar
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly