Menslike Hulpbronnefunksie Flashcards
Beskryf die werwingsprosedure.
Dit is die proses wat besighede gebruik om sekere vakature in die besigheid te identifiseer en geskikte kandidate te lok. Die besigheid kan die interne of ekstrene metode van werwing gebruik. DIe metode wat hulle kies sal afhang van die vereistes. Werwing is die proses om aktief kandidate vir vakature te soek.
Wat is die impak van interne werwing?
Positief: Huidige werknemers verstaan die besigheid se funksies. Die besigheid ken die persoonlikheid en die sterk en swak punte van die kandidaat.
Negatief: Die poel van beskikbare kandidate is nie baie groot nie. Die kennis en idees van huidige werknemers kan dalk beperk wees.
Wat is die impak van eksterne werwing?
Positief: Groot aantal kandidate om van te kies. Dit help die besigheid om regstellende aksie te bereik.
Negatief: Inligting op CV’s kan dalk vervals wees. Nie-geskikte kandidate kan die keuringsproses vertraag.
Beskryf sifting as deel van die keuringsproses.
Stap 1: Vergelyk die aansoek dokumente met die vereistes van die pos.
Stap 2: Aansoekers wat aan die minimum vereistes voldoen moet van die ander geskei word.
Stap 3: Voer agtergrondkontroles uit van kandidate wat vir die pos kwalifiseer.
Stap 4: maak n kortlys van die mees gepaste kandidate.
Beskryf die doel van induksie.
Nuwe werknemers word ingelig oor die uitleg van die kantoor.
Om geleenthede vir nuwe werknemers te skep.
Die werknemer in te lig oor die veiligheidsregulasies en reels.
Om die doeltreffendheid van nuwe werknemers te verseker.
Wat is die voordele van induksie?
verhoogde produktiwiteit en gehalte van diens.
Nuwe werknemer leer oor die besigheid en verstaan sy rol.
nuwe werknemer voel deel van die span wat motivering tot gevolg het.
Dit minimaliseer die behoefte aan deurlopende opleiding.
Beskryf die 3 stappe van die plasingprosedure.
Stap 1: Die besigheid moet duidelik al die vereistes, verantwoordelikhede en verwagtinge van die pos uiteensit.
Stap 2: bepaal die suksesvolle sterkpunte, swakpunte, vaardighede, belangstellings en bevoegdhede van die kandidaat deur hulle vir psigometriese toetse te stuur.
Stap 3: bepaal die verhouding tussen die pos en die bevoegdhede van die nuwe werknemer.
Beskryf die belangrikheid van opleiding en vaardigheidsontwikkeling as deel van die MHF.
Belegging wat besighede aan opleiding maak, wys aan werknemers dat hulle waardeer word.
effektiewe opleidingsprogramme help werknemers om hul vaardighede te verbeter.
deurlopende opleiding en opgradering van die arbeidsmag moedig kreatiwiteit aan.
Opleiding en vaardigheidsontwikkeling dra positief by tot die doelwitte en nakoming van die WVO.
Beskryf die verband tussen salarisbepaling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV).
Besighede kan verskillende salarisbepalingmetodes gebuik.
Die besigheid moet inkomstebelasting(LBS) van die werknemer se salaris aftrek.
Betaling van salarisse sal afhang van die vraag of die werknemer n permanente of vaste kontrak is.
die WBDV beskryf die wettigheid van n indiensnemingskontrak.
Beskryf die impak van byvoordele.
Positief: die besigheid spaar geld omdat voordele belastingaftrekbaar is. Produktiwiteit verbeter wat lei tot hoer winsgewendheid.
Negatief: veroorsaak konflik en rusie in die werkplek. Verminderde besigheidswinste.
Beskryf die implikasies van die WAV op die MHF.
Die MHF moet verseker dat:
werknemers se regte beskerm word.
Ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid geskied.
Raamwerk van vergaderings tussen vakbonde en werkgewers plaasvind.
Die korrekte prosedures gevolg word.
Beskryf die implikasies van die WBDV op die MHF.
Die MHF moet verseker dat:
Sakepraktyke nie die bepalings oortree nie.
Die kontrakte die korrekte bepalings inlsuit.
Werkers vergoed word vir oortyd.
Werkers 60 minute breek het na 5 aaneenopende uur se werk.
Beskryf die impak van die WGI op die MHF.
Die MHF moet:
gelyke geleenthede bevorder en voorsien.
verseker dat regstellende aksie diversiteit in die werkplek bevorder.
verseker dat die gelyke indiensnemingsplan geimplementeer word.
aan die Departement van Arbeid verslag doen oor die vordering van die gelyke indiensnemingsplan.
Beskryf die implikasies van die WVO op die MHF.
Die MHF moet:
Die NKR gbruik om die vaardighede van die werknemer te assesseer.
Seker maak dat opleidig in die werkplek gestruktureerd is.
Seker maak dat besighede 1% van die salarisrekening aan die WVF bydrae.
Bestuurs help om opleiding en ontwikelingsbehoeftes te identifiseer.