Die Impak van Onlangse Wetgewing op Besighede. Flashcards
Doel van die WVO.
Bele in opleiding en onderwys.
Herstel wanbalanse van die verlede.
Verbeter die werksvooruitsigte van mense.
Moedig besighede aan om die vaardighede van werknemers te ontwikkel.
Optredes wat nie voldoen aan die WVO nie.
Die verskaffing van verkeerde inligting oor leerlingskappe.
Die vervalsing van inligting op enige dokumentasies.
Die voorkoming vir gekwalifiseerde werknemers om toegang tot opleidingsgeleenthede te kry.
Die voorkoming van werknemers om toegang tot leerlingskappe te he.
Strafmaatreels van die WVO.
Besighede wat nie aan die WVO voldoen nie, kan n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang.
Besighede wat versuim om aan die WVO te voldoen kan groot boetes ontvang.
Arbeidsinspekteur kan die bedrywighede van die besigheid onbepaald staak.
Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word.
Maniere waarop besighede aan die WVO kan voldoen.
Moedig werknemers aan om hul vaardighede te verbeter.
Gee aan werknemers die geleentheid om hul vaardighede te verbeter.
Evalueer die vaardighede van werknemers om vaardigheidsontwikkeling te identifiseer.
Werkgewer moet werksplekvaardigheidsplanne indien.
Die impak van die WVO op besighede.
Positief: vermeerder die werknemers wat oor skaars vaardighede beskik.
Verbeter die OOB in onderwys en opleiding.
Negatief: moelik om die WVO te implementeer en te beheer.
Produktiwiteit kan afneem weens die deelname aan leerlingskappe tydens werkstyd.
Rol en funksie van SETA.
Bevorder en bevestig verskillende leerlingskappe.
Registreer verskillende leerlingskappe en leerprogramme.
Keur die werksplekvaardigheidsplanne goed.
Ontwikkel vaardigheidsontwikkelingsplanne.
Befondsing van SETAs.
Skenkings van die publiek.
Surplusfondse van staatinstellings.
Fondse ontvang deur die lewering van hul dienste.
Die betekenis van leerlingskappe.
Teoretiese en praktiese opleidingsgeleentheid wat lei tot n erkende beroepskwalifikasie.
Verduideliking van Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. (NVOS)
Verduideliking van die Menslike Hulpbronstrategie. (MHOS)
Verhoog toegang tot programme wat mense oplei.
Verbeter sosiale ontwikkeling deur ekonomiese ontwikkeling.
Verbeter die verskaffing van vaardighede.
Spreek vaardigheidstekorte in die werkplek aan.
Doel van die WAV.
Bevorder kollektiewe bedinging.
Bevorder eenvoudige prosedures van vakbonde.
Bevorder billike arbeidspraktyke tussen werknemers en werkgewers.
Bevorder sosiale geregtigheid en ekonomiese ontwikkeling.
Oortredes van die WAV.
Onbillike en onwettige beslag van werknemers.
Die voorkoming van werknemers om vakbonde te stig.
Die voorkoming van werknemers om aan stakings deel te neem.
Afdanking van werknemers wat aan stakings deelneem.
Strafmaatreels van die WAV.
Besighede wat nie aan die WAV voldoen nie kan n nakomingsbevel van die arbeidshof ontvang.
Besighede wat versuim om aan die WAV te voldoen kan groot boetes ontvang.
Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word.
Die besigheid kan gedwing word om geskilbeslagtingsprosesse aan te gaan.
Maniere aan waarop besighede aan die WAV kan voldoen.
Toon n opsomming van die WAV in die werkplek.
Laat werknemers toe om vakbonde te stig.
Die vestiging van werkplekforums moet deur werkgewers ondersteun word.
Billikheid moet bevorder word en werknemers mag nie onwettig afgedank word nie.
Die impak van die WAV op besighede.
Positief: bevorder vinnige en goedkoper beslegting van arbeidsgeskille. Voorkom onbillike diskriminasie in die werkplek.
Negatief: verminder winsgewendheid weens afname in produktiwiteit. Die implementering van die WAV kan tydrowend en duur wees.
Die regte van werkgewers en werknemers ten opsigte van die WAV.
Werkgemers het die reg:
Om werkgewerorganisasies te vorm.
Werknemers af te dank wat by onbeskermde stakings betrokke is.
Werknemers nie te vergoed wat by beskermde stakings betrokke is nie.
Vergoeding te weerhou vir werk wat nie voltooi is tydens stakings nie.
Werknemers het die reg:
Om by n vakbond van hul keuse aan te sluit.
Stakings te begin as oplossing vir griewe.
Werksplekforums te vestig as die besigheid meer as 100 werknemers het.
Vakbondverteenwoordigers kan redelike tyd met betaling van die werk afneem.
Doel van die WGI.
Verseker dat werknemers wat dieselfde werk doen, dieselfde betaal word.
Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling van werknemers.
Voorkom diskriminasie teen ras/geslag/gestremdheid.
Verseker gelyke verteenwoordiging van alle bevolkingsgroepe in SA.
Oortredes van die WGI.
Weiering om jong vroue in diens te neem weens die moontlikheid dat hulle dalk kinders sal kry in die toekoms.
Die uitvoering van MIV-toetse sonder toestemming van die arbeidshof.
Weiering om mense in diens te neem weens hulle geloof/godsdiens.
Toegang tot die werkplek te weier as gevolg van diskriminasie.
Strafmaatreels van die WGI.
Besighede wat nie aan die WGI voldoen nie kan n nakomingsbevel van die arbeidshof ontvang.
Besighede wat versuim om aan die WGI te voldoen kan groot boetes ontvang.
Die Arbeidsinspekteur kan die bedrywighede van die besigheid onbepaald staak.
Die besigheid kan aangekla word deur die Arbeidshof as hul steeds weier om aan die wet te voldoen.
Maniere waarop besighede aan die WGI kan voldoen.
Toon n opsomming van die WGI in die werkplek.
Maak seker dat alle wernemers gelyk behandel word.
Verseker dat werknemers dieselfde betaal word vir werk van dieselfde waarde.
Implementeer regstellende aksie maatreels om diversiteit in die werkplek te bevorder.
Die impak van die WGI op besighede.
Positief: moedig konsultasie tussen werkgewers en werknemers aan.
Moedig diversiteit in die besigheid aan deur mense van verskillende rasse in dien ste neem.
Negatief: besigheid vind dit moelik om aanstellings te maak weens die ongeskiktheid van kandidate.
Besigheid moet eers indiensnemingsplanne indien voordat besigheid gedoen kan word.
Doel van die WVBBS.
Sluit alle werknemers uit wat hulle self skuldig maak aan opsetlike wangedrag.
Die tipe en erns van die besering sal die mediese uitgawes bepaal.
Die werknemers maak maandelikse bydrae tot die Vergoedingsfonds, wat op die aantal werknemers in die werkplek gerig is.
Van toepassing op alle werknemers wat beseer raak of sterk tydens werksplekongeluk.
Oortredes van die WVBBS.
Weier om die eise van werknemers in te dien.
Verkeerde bedrae doelbewus aan die Vergoedingsfonds by te dra.
Versuim om alle inligting aan die Vergoedingsfonds bekend te maak.
Vervalsing van inligting oor vorige ongelukke en beroepsiektes.
Strafmaatreels van die WVBBS.
Besighede wat nie aan die WVBBS voldoen nie kan n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang.
Besighede wat versuim om aan die WVBBS te voldoen kan groot boetes ontvang.
Besighede kan gedwing word om verhalingskostes te betaal wat deur die Vergoedingsfonds vereis word.
Werknemers kan besighede voor die hof daag wat nie aan die vergoedingsfonds geregistreer is nie.
Maniere waarop besighede aan die WVBBS kan nakom.
Vertoon n opsomming van die WVBBS in die werkplek.
Registreer by die Vergoedingsraad en Vergoedingskommissaris.
Betaal vereiste heffings aan die Vergoedingsfonds.
Rapporteer alle beserings, ongelukke, siektes en sterfdes by die Vergoedingskommissaris.