Kreatiewe Denke en Probleemoplossig Flashcards
Verduidelik maniere waarop die besigheid die Delphi-tegniek kan toepas.
Kundigs het nie nodig om op eenplekbymekaar te kom nie en sal individueel gekontak word.
Teruvoering van die kundiges sal in n verslag opgesom word.
Die besigheid sal die kundiges versoek om n vraelys te voltooi en hulle antwoorde terug te stuur.
Die besigheid sal die terugvoering in n verslag opsom.
beskryf die impak van die Delphi-tegniek.
Positief: Die besigheid kan n groep kundiges gebruik sonder om hulle bymekaar te bring.
Konflik kan vermy word, veral as kundiges goed gekwlifiseerd is.
Negatief: Hierdie tegniek is tydrowend en ingewikkeld.
Nie alle kundiges sal bereid wees om vraelyste te voltooi en terugvoering te gee nie.
Verduidelik maniere waarop besighede die Kraveld-ontleding kan toepas.
Maak n lys van al die voordele en nadele wat verandering sal ondersteun of weerstaan.
Weeg al die positiewe en negatiewe punte op en besluit dan op die projek lewensvatbaar is.
Ken n telling aan elke krag toe deur n numeriese skaal te gebruik, waar 1 swak is en 5 sterk is.
Kies die krag met die hoogste telling as die gekose opsie.
Beskryf die impak van die Kragveld-ontleding.
Positief: Werkeners voel ingelsuit en verstaan waarheen die besighied op pad is.
Werknemers ontwikkel en groei saam met die besigheid omdat hulle deel is van die span.
Negatief: Vereis die deelname van alle besigheidseenhede.
Hierdie tegniek is tydrowend.
Verduidelik maniere waarop besighede die dinkskrum tegniek kan toepas.
Die besigheid moet die probleem duidelik definieer sodat alle werknemers dit verstaan.
Die groep moet tydbeperkings vir elke dinkskum opstel.
Elke voorstel moet gebruik word om die idees en gedagtes van ander groeplede te inspireer.
Die groep moet dan die idees verfyn en kombineer.
Beskryf die impak van die dinksrum op besighede.
Positief: Produktiwiteit neem toe wanneer die besigheid nuwe idees genereer.
Bestuurders sal beter leiers wees omdat hulle verandering kreatief sal kan bestuur.
Negatief: Sommige spanlede kan diebespreking oorheers en ander beinvloed.
Sommige spanlede is alk nie bereid om hul opninies te gee nie.
Verduidelik maniere waarop die besigheid die nominale groeptegniek kan toepas.
Wanneer groepe te groot is moet dit in kleiner groepe verdel word.
Die kleiner groepe moet een oplossing aan die groter groep aanbied.
Alle idees moet op n groot tsuk papier neergeskryf word of elektronies op die rekenaar aangeteken word sodat almal dit kan sien.
Werkenemers word aangemoedig om vrae te vra oor aspekte wat onduidelik is.
Beskryf die impak van die nominale groeptegniek.
Positief: Dit bied tyd om in stilte oor die vraag na te dink voordat jy reageer. Stemming is anoniem wat meer betroubaar kan wees.
Negatief: Klein groepe beperk deelname en word vooraf gekies.
Hierdie tegniek is tydrowend.
Verduidelik maniere waarop besighede ‘n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.
Altyd bereid wees om te luister en entoesiasties te reageer.
Alle personeelllede aan te moedig om nuwe idees te ontwikkel.
Seker te maak om personeellede in innoverende tegniek op te lei soos die gebruik van breinkaarte.
Seker te maak die werksplek is vry van steurnisse soos hoe geraas vlakke.
Beskryf die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.
Beter en unieke idees en oplossings word gegenereer.
Komplekse besigheidsprobleme kan opgelos word.
Verbeter motivering onder personeellede.
Die besigheid kan tred hou met vinnig veranderende tegnologie.