LEEREENHEID 5: TRUSTS Flashcards
A. TERMES IN BOEDELBELASTING
Trust, trustees en begunstigdes
- Trust – Dis ‘n manier om bates te bestuur om belastingvermyding tot gevolg kan hê. (Belasting vermyding = wettig) (Maar belasting ontduiking = onwettig)
- Trustees – persone wat die trust bestuur namens die begunstigdes
- Begunstigdes – persone aan wie die bates bemaak is en die voordeel van die bates sal geniet.
C. DIE AARD VAN ‘N TRUST?
- Die basiese beginsel van ‘n trust is dat iemand (‘n trustee) ‘eiendom’ namens ‘n ander persoon bestuur.
- Definisie van ‘n trust: enige trustfonds bestaande uit kontant of ander bates wat geadministreer en beheer word deur ‘n persoon wat in ‘n fidusiêre hoedanigheid optree, waar sodanige persoon aangestel word kragtens ‘n trustakte of deur ooreenkoms of kragtens die testament van ‘n oorledene.
- Drie partye:
o (1) Stigter = Stig die trust en handig alle bates (ingl. Geld) aan trustees
o (2) Trustees = Ontvang die bates en bestuur dit namens begunstigdes
o (3) Begunstigdes = Ontvang die voordeel uit die bates
Twee soorte (tipes) trusts
(1) Trust mortis causa
Dis wanneer die erflater kontant of ander bates in sy testament aan ‘n trust bemaak, waar ‘n trustee of trustees die bates sal administreer tot voordeel van die erflater se begunstigdes.
So ‘n trust ontstaan by die dood van die erflater.
(2) Trust inter vivos
‘n ‘Inter vivos trust’ is ‘n trust wat gestig word terwyl die stigter nog leef.
Die bates kan aan die trust geskenk of verkoop word en hoef nie noodwendig net deur die stigter geskenk of verkoop te word nie.
Twee maniere om ‘n trust te klassifiseer
- Diskresionêre trusts
Wanneer bates “gebêre” word vir kinders of kleinkinders wat hulle dan later kan aanwend in finansiële nood.
Geen begunstigde het ‘n gevestigde reg (onvoorwaardelike reg) tot die inkomste van ‘n trust nie, en die trustees, kan hulle volle diskresie gebruik oor hoeveel aan elke begunstigde uitgekeer kan word. - Gevestigde trusts
Begunstigdes het WEL ‘N GEVESTIGDE REG en onvoorwaardelike regte tot die kapitaal en inkomstes wat in die trust is.
Wat is die aard van ‘n trust (ag) ?
Vir belastingdoeleindes is ‘n trust word geag ‘n ‘persoon’ (maar dis nie ‘n natuurlike persoon nie) te wees en daarom word ‘n trust (uitgesluit spesiale trusts) belas teen die normale belasting koers van 45%.
Die inkomste van die trust kan belas word in die hande van een van die volgende persone:
- die ‘persoon’ verantwoordelik vir die skenking, skikking of ander beskikking aan die trust (hierna die ‘skenker’ genoem) wat die inkomste gegenereer het;
- ‘n begunstigde van die trust; of
- die trust. ‘n Trust word gewoonlik belas op die inkomste wat in die trust behou word, tensy art 25B of 7 hierdie reël wysig deur die inkomste van die trust as belasbaar in iemand anders se hande te beskou.