LEEREENHEID 1: INLEIDING TOT BELASTING Flashcards
Belasting se oorsprong?
5000 jaar terug was die eerste belasting rekord (Rosetta Stone) gemaak in Egipte, waar Faro 20% van alle graan oeste ingesamel het van die mense.
{Terloops: die Rosetta Stone het veroorsaak dat belastingpligtiges wat nie belasting betaal het nie – vrygelaat is uit die tronk.}
Die Grieke het hierdie konsep verder gevat en toe die idee van “belasting” versprei.
Wie het belasting uitgedink?
In die bybelse tyd het Saggeus geld in gesamel vanaf die Jode en dit dan vir die Romeine gegee (terwyl hy ook sy eie beursie voller gemaak het)
Judas het ook geld ingesamel onder die vals pretensie dat hy dit vir die armes gaan gee.
Salomo was koning van Israel en het 12 streeksbestuurders gehad om die onderhoud van die koning en sy hof te hanteer. Alle mense vanaf die Eufraatrivier tot by die gebied van die Filistyne (dus die grens van Egipte) moes belasting betaal. (1 Konings 4:21)
Belasting tydlyn
Die Franse belasting het inwoners onder geweldige druk geplaas met die aanbreek van die revolusie. Dit was om die uitspattige “Palace of Versailles” te onderhou. Die jaar 1789.
Engeland was die eerste land wat Inkomstebelasting ingebring het op 9 Januarie 1799 sodat Napoleon se oorloë gefinansier kon word.
Inkomstebelasting was eers in 1914 in RSA ingestel.
Beginsels van belasting: billikheid, sekerheid, gerieflik en ekonomies
Billik: belasting te betaal volgens persone se betaalvermoë
Sekerheid: die manier en tydsberekening van belastingsbetalings moet met sekerheid vasgestel word.
Gerieflik: Betalings moet geskies wanneer dit die gerieflikste is vir die persone
Ekonomies: Belasting moenie oordrewe impak op besluitneming hê nie.
Engeland was die eerste land wat Inkomstebelasting ingebring het
op 9 Januarie 1799 sodat Napoleon se oorloë gefinansier kon word.
Inkomstebelasting was eers in … in RSA ingestel.
1914
Hoe word belasting wette gemaak ?
- Die Wetsontwerp gaan na die President
- gestuur na die ander Huis vir instemming
- Voorglê aan ‘n sitting aan die Huis vir verdere debat voordat ‘n stemming plaasvind
- Gedabatteer in die Komitee en gewysig indien nodig
- Verwys na die betrokke komitee en gepubliseer in die Staatskoerant vir openbare kommentaar
- ‘n Wetsontwerp word ingedien in die Nasionale Vergadeirng of die Nasionale Raad van provinsies
SAIT (South African Institute of Taxation)
Graad nodig met belasting as een van die hoof modules
Ten minste Rekeningkunde 3
Skryf die CoTE (Centre of Tax Excellence) Professional Tax Examination
3 jaar belasting werkservaring
Wat is die verskil tussen belasting ontduiking en belasting vermyding?
Belastingontduiking is onwettig en beteken dat mense aktief probeer om hul belastingverpligting te ontduik deur onregverdige of illegale middels te gebruik, soos die versuim om inkomste te rapporteer of valse inligting te verstrek.
Belastingvermyding is legaal en behels die gebruik van wettige strategieë om belastinglas te verminder, soos die gebruik van aftrekkings, krediete, of die struktuur van finansiële transaksies.
Die term belasting
Verpligte betaling aan die staat deur individue/besighede om fondse in te samel vir instandhouding van infrastruktuur (skole) en om adner uitgawes van die staat te befonds.
Wie spesifiek betaal belasting ?
Belasting word betaal deur inwoners en nie-inwoners van die RSA.
Elke persoon wat inkomste in RSA verdien betaal ‘n gedeelte van hul inkomste aan SARS oor. (Daar is uitsonderings)
Persone wat belasting betaal word belastingpligtiges genoem.
Tref onderskeid tussen direkte en indirekte belasting
Direkte belasting word gehef op die belastingpligtige se inkomste en winste
Indirekte belasting word gehef op goedere en dienste. Belastingpligtiges betaal dus die indirekte belasting aan die staat deur die belasting aan verskaffers te betaal wat dan die staat weer betaal.
Inkomstebelastingwet 58 van 1962
- Belastingwetgewing word jaarliks opgedateer
- Die taal van die wet voorsien nie vir absolute sekerheid nie - anders sou daar nie rede gewees het vir die nodige interpretasie nie
- Daarom is daar baie hoofsake oor wat gee aanleiding tot inkomstes en uitgawes.
- As daar dispuut is moet daar hofbeslissings wees.
Ander rolspelers ook in die RSA belasting area
- Minister of finance
- Nasionale Tesourie
- SAID (SARS)
- Professionele liggame (SAIT, SAICA, SAIPA)
- Wetgewing
- Kommissaris van die SAID
- Belastingombud
Die Ministerie van Finansies:
- Kern van SA se ekonomiese en fiskale beleidsontwikkeling.
- Verantwoordelik vir bevordering van ekonomiese groei en ontwikkeling van SA.
- Koördineer makro-ekonomiese beleid.
- Bevorder nasionale fiskale beleidsraamwerk.
Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) {SARS}
- Vorder alle belastinginkomste in
- Lewer doeanediens
- Beskerm nasionale grense (onwettige invoere & uitvoere)
- Fasiliteer handel
Nasionale Tesourie:
- Koördineer interregerings finansiële betrekkinge;
- Bestuur begrotingsvoorbereidingsproses;
- Oefen beheer uit oor die implementering van die jaarlikse nasionale begroting (insluitend enige aanpassingsbegrotings)
{SARS}
- Werk om belastingpoel te vergroot
- Aktiwiteite om ekonomiese groei en sosiale ontwikkeling te bevorder
- Rapporteer aan Minister van Finansies
Aan wie spesifiek word belasting betaal ?
- Die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID)
- The South African Revenue Service (SARS)
- Soms ook genoem DIE ONTVANGER of DIE TAKSMAN