LEEREENHEID 2: BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE Flashcards
Wat is BTW ?
Belasting op Toegevoegde Waarde
Indirekte belasting wat betaal word deur die end users (gebruikers) van ’n produk.
Besighede moet registreer vir BTW volgens ‘n kategorie.
Twee tipes BTW:
Uitsetbelasting (BTW gehef op Inkomste wat genegeneer)
Insetbelasting (BTW ge-eis op Uitgawes wat spandeer word)
Hoe en wanneer word BTW ingedien
Wanneer indien by SARS?
Binne 25 dae na die einde van die belastingtydperk.
Hoe word dit ingedien?
Dieselfde dag as was BTW opgawe ingedien word.
E-filing
Debietorder
Hoe word BTW bereken ?
Uitsetbelasting - insetbelasting = BTW betaalbaar of ontvangbaar
Indien uitsette > insette = bedrag betaalbaar aan die SAID. (gehef)
Indien uitsette < insette = bedrag ontvangbaar vanaf die SAID. (geeis)
Waarde = bedrag uitgesluit BTW
Vergoeding = bedrag ingesluit BTW (m.a.w. Waarde + 15%)
Markwaarde = waarde wat BTW insluit.
Belasting op Toegevoegde Waarde
Rekeningkundige basisse?
Faktuurbasis
BTW word verreken wanneer:
Datum van faktuur uitgereik word OF
Datum wat betaling ontvang word (watter een ook al eerste is)
Betalingsbasis (Van toepassing op natuurlike persone)
BTW word verreken wanneer:
Datum as betalings gemaak word (aankope) EN
Datum wat betalings ontvang word.
(Behalwe vaste eiendom)
*Uitsondering op ‘gewone tyd van lewering reël’: uitsetbelasting verantwoord tot die mate wat die betaling ontvang word (behalwe in die geval van verbonde persone)
BTW PERIODES
Kategorie A
Kategorie A
Omset < as R30 miljoen: 2 maandeliks
Laaste dag van Jan / Mrt / Mei / Jul / Sept / Nov
Boere met belasbare inkomste > R1.5 miljoen
BTW PERIODES
Kategorie B
Kategorie B
Omset < as R30 miljoen: 2 maandeliks
Laaste dag van Feb / Apr / Jun / Aug / Okt / Des
Boere met belasbare inkomste > R1.5 miljoen
BTW PERIODES
Kategorie C
Kategorie C
Omset > R30 miljoen: maandeliks
Ondernemers wat skriftelik aansoek gedoen het om in die kategorie te val.
Ondernemers wat versuim om die BTW wet se terme na te kom.
BTW PERIODES
Kategorie D
Kategorie D
Boedery bedrywighede met omset < R1.5 miljoen;
Mikrobesigheid (1 – 5 werknemers met ʼn enkele produk/diens) : 6 maandeliks (Feb / Aug)
BTW PERIODES
Kategorie E
Kategorie E
Ondernemers wat vaste eiendom verhuur, admin of bestuursfooie ontvang vanaf verwante partye en wat almal vir BTW registreer is: 12 maande periode eindigend op die laaste dag van die jaar van aanslag.
Belasting fakture word uitgereik en betaling moet slegs een keer per jaar geskied.
Wie moet registreer vir BTW?
Verpligte registrasie: Omset => R1 000 000 vir 12 maande
Vrywillige registrasie: Omset => R50 000 vir 12 maande
Uitset belasting word gehef op (Artikel (1))
Die lewering van
Goedere of dienste
In Suid-Afrika;
Deur ’n ondernemer;
In die loop of ter bevordering van ’n onderneming
Word aan die SAID oorbetaal
Ingevolge artikel 1 word die term ‘lewering’ omskryf as
Verkoop of huurooreenkoms
Paaiementkredietooreenkoms
En alle ander vorms van lewerings ongeag of dit vrywillig, verpligtend of deur regswerking is en ongeag waar die lewering bewerkstellig word
Ingevolge artikel 1 word die term ‘goed’ omskryf as
Liggaamlike roerende goed
Vasgoed
Enige saaklike reg in bedoelde goed of vasgoed
En elektrisiteit
Die volgende is nie ‘goed’ soos omskryf nie
Geld
Inkomsteseëls (behalwe as versamelaar)
Regte wat uit ’n verband of pand van goed voortspruit
Ingevolge artikel 1 sluit ‘dienste’ die volgende in:
Verlening
Toedeling
Sessie of afstanddoening van ’n reg of die beskikbaarstelling van ’n fasiliteit of voordeel
Algemene reël:
(goedere en dienste)
Indien ’n lewering nie ’n lewering van goed is nie, en ook nie spesifiek uitgesluit word by die omskrywing van goed nie, is die lewering ’n diens
Ingevolge artikel 1 is ’n ‘ondernemer’
Enige persoon wat ingevolge die BTW-wet geregistreer is
Of enige persoon wat ingevolge die BTW-wet geregistreer moet wees
Ingevolge artikel 1 is ’n ‘onderneming’ ’n
Onderneming of bedrywigheid
Wat voortdurend of gereeld in Suid-Afrika of
Gedeeltelik in Suid-Afrika deur ’n persoon bedryf word
In die loop of ter bevordering waarvan goed of dienste teen ’n vergoeding gelewer word met ’n winsoogmerk al dan nie
Ingevolge artikel 1 is die volgende uitgesluit van ’n ‘onderneming’
Lewering van dienste deur werknemer aan werkgewer
Stokperdjies
Vrygestelde lewerings
Kommersiële huisvesting wat nie in 12 maande R120 000 oorskry nie
Sekere lewerings deur takke of hoofbesighede wat buite Suid-Afrika geleë is
3 SOORTE LEWERINGS:
Standaardkoers lewerings (15%) = Belasbare lewering
Nulkoers lewerings (0%) = Belasbare lewering
Vrygestelde lewerings (Geen VAT) (Dit is nie NUL nie)
Nilkoers-lewerings 0%
Nulkoers-lewerings 0%
Word gelys in artikel 11 van Wet
Goedere & dienste uitgevoer
Verkoop van lopende saak
Basiese produkte
Petrol, diesel
vrygesteldelewering
Geen BTW
Word gelys in artikel 12 van Wet
Finansiele dienste (bv rente) - nie fooi gebasseerde dienste nie
Geksenkte goedere of dienste
Residensiele akkomodasie
Standaardkoers lewerings (15%)
Lewering/invoer van goedere/dienste.
‘n Ondernemer wat so lewering maak mag alle verwante insetbelasting verhaal.
(Fast Foods verpak kos wat reeds gereed is vir verbruik = Betaal 15% BTW)
Vrygestelde lewerings (Geen %)
- Finansiele Dienste behalwe as dit fooi-gebaseer is (Ruil van valuta, skuldbriewe, staatseffekte, verkoop van aandele/aandele eienaarskap, lenings en rente op lenings, langtermyn versekeringspolise, bydraes en opbrengste van pension/mediese fondse, kripto-geldeenhede (bitcoin))
- Opvoedkundige dienste (skool/universiteit/college/technicon)
- Vervoer waar passiers n fooi betaal op n bus/taxi/trein
- Werknemers wat bydraes maak tot unies (trade unions)
- Kindersorgdienste (creche/naskoolsentrums)
- Residensiële akkommodasie (woonstelle of huise)
Ondernemers wat hierdie dienste lewer mag nie enige verwante insetbelasting verhaal nie.