LEEREENHEID 4: Boedelbelasting Flashcards

1
Q

BOEDELBELASTING

A
  • Dit is belasting wat ingevolge die Boedelbelasting Wet van 1995 gehef word op die belasbare bedrag van die oorledene se boedel
  • Die doel van boedelbelasting is om die oordrag van rykdom van een persoon na ‘n ander te belas in geval van dood. Boedelbelasting is een van die belangrikste belastings wat tans op welvaart in die RSA gehef word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Belangrike terme

A
  • Oorledene - persoon wat gesterf het
  • Boedel - alles wat ‘n mens besit in die lewe of na jou dood. Jou boedel sluit in alle bates en ook alle skulde.
  • Intestaat - waar ‘n oorledene sterf sonder om ‘n geldige testament na te laat
  • Testaat - waar ‘n oorledene sterf en ‘n geldige testament nalaat
  • Erfgenaam - enige persoon of instansie wat van ‘n oorledene erf
  • Vererf - bates wat oorgaan na ‘n erfgenaam in terme van ‘n testament of in terme van die intestate erfreg
  • Eksekuteur - persoon wat benoem word in jou testament, of aangestel word deur die Meester van die Hoëgeregs Hof, om jou boedel af te handel na jou dood.
  • Eggenoot – die man/vrou wat met die oorledene getroud was, of met wie die oorledene saamgeleef het asof hulle getroud was.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Koers:

A

R30 000 000 @ 20%, R30 000 000 + @ 25%

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Eksekuteur gebruik die volgende om boedelbelasting te bereken:

A
  • ʼn Likwidasie- en distribusierekening wat deur homself opgestel word.
  • Hierdie rekening wys presies wat die eksekuteur gedoen het met die bates van die oorledene en ook wat daarmee gedoen gaan word (bv. uitbetaling of oordrag aan erfgename soos per instruksie van die testament of ingevolge die Wet op Intestate Erfreg
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wanneer word boedelbelasting betaal ?

A
  • Betaalbaar binne 12 maande (1 jaar) van die datum van dood
  • 30 dae sedert die datum van aanslag, indien die aanslag nie binne ‘n jaar na die dooddatum uitgereik is nie.
  • Indien nie betyds betaal word nie – word rente op die uitstaande bedrag gehef. Indien laat betalings geskied weens natuurrampe of menslike-rampe of siviele ontwrigting (stakings of kriminele aktiwiteite of betogings) of erge siekte of ongelukke, dan kan die Kommissaris kies om die rente op te skort.
  • Die boedelbelasting opgawe moet ook by die Meester van die Hooggeregshof ingedien word.
  • Bates wat binne 5 jaar na die datum van dood gevind word – kan steeds in gereken word – maar dan gaan ‘n nuwe likwidasie en distribusie rekening gedoen moet word
  • Enige bates wat na 5 jaar gevind word – kan dit steeds in ag geneem word – MAAR dan gaan daardie nuwe bates wat gevind word as die ENIGSTE bates beskou word in die boedel en die NUWE DATUM VAN DOOD is die dag wat daardie bates gevind was. ‘n Likwidasie en distribusie rekening gaan ook weer gedoen word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wie is onderhewig aan boedelbelasting ?
Gewone inwoners van die RSA

A
  • Wat is ‘n gewone inwoner? ‘n Persoon is ‘n gewone inwoner van ‘n land indien dit die plek is waar hy gewoonlik terugkeer van sy/haar reise of omswerwinge.
  • Word belas op die aanspreeklike bedrag van die boedel soos op datum van dood.
  • Die fisiese plek van die oorledene se bates is irrelevant.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wie is onderhewig aan boedelbelasting ?
Nie-inwoners van die RSA

A
  • Boedelbelasting is ook betaalbaar op bates wat fisies in die Republiek geleë is, ongeag waar die eienaar op die datum van hul dood woonagtig was.
  • Dubbelbelastingooreenkomste word met sekere ander lande aangegaan om te verhoed dat dieselfde eiendom twee keer pligsgetrou is.
  • Die ooreenkoms met die land waar die nie-inwoner woon, moet geraadpleeg word om te bepaal of boedelbelasting in Suid-Afrika gehef kan word.
  • Dus: As die oorledene nie ‘n gewone inwoner van die RSA was nie – sal eiendom wat in die buiteland is uitgesluit word van die boedel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Berekening van Boedelbelasting vir die boedel

A

Stap 1: Bereken die waarde van die eiendom
Stap 2: Plus die waarde van geagte eiendom (bv. lewensversekering polisse)
Stap 3: = Netto bate waarde
Stap 4: Minus toelaatbare aftrekkings
Stap 5: = Netto waarde van die boedel
Stap 6: Minus die 4A korting
Stap 7: Belasbare bedrag in die boedel
Stap 8: @ 20% op die eerste R30 000 000 en 25% op die oorskot bo R30miljoen
Stap 9: Minus: Saamgestelde doodskorting (dus korting op korting) of buitelandse boedelkorting of korting t.o.v belasting betaal
Stap 10: Bepaal of enige persoon aanspreeklik is vir die boedelbelasting en verhaal dit van hulle.
Stap 11: = Boedelbelasting betaalbaar (deur boedel of begunstigdes)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

“EIENDOM”

A

= Die reg op eiendom wat roerend of onroerend is, liggaamlik of onliggaamlik.

Voorbeelde van items wat as ‘EIENDOM’ in die boedel INGESLUIT word:
 Crypto geldeenhede en word beskou as roerende, onliggaamlike eiendom;
 Kontant beleggings
 Aandele in gelyste en ongelyste maatskappye
 Vaste eiendom
 Motorvoertuie
 Meubels en huishoudelik items

Voorbeelde van items wat as ‘EIENDOM’ in die boedel UITGESLUIT word:
 Enkelbedrae (m.a.w bedrae wat eenmalig uit betaal word t.o.v. pension/UAF/annuïteite)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

WAARDASIE VAN EIENDOM
 Bates wat verkoop word tydens boedelbereddering proses

A

o Wanneer alle bates verkoop word dan is die waarde van die bate = die prys waarvoor die bate verkoop is.
o Bv. Vakansiehuis is verkoop vir R800 000 tydens boedelberedderingsproses = dan word die vakansiehuis in die boedel ingebring teen R800 000.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

WAARDASIE VAN EIENDOM
 Bates wat NIE verkoop is NIE

A

o Bates, anders as plase, word teen markwaarde in die boedel ingebring.
o Plase word teen (markwaarde minus 30%) in die boedel gebring.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

WAARDASIE VAN EIENDOM
 Spesiale reëls vir bates wat verkoop is OF nie verkoop is nie

A

o Aandele in ongelyste (privaat) maatskappye; lede se belang in BK’s en skuldbriewe wat gehou word in privaat maatskappye = word gewaardeer teen markwaarde ongeag wat die bedrag is waarvoor dit verkoop was. Die waarde van die aandeel mag nie eers verlaag word nie – al is dit so opgeskryf as ‘n beperking in ‘n maatskappy se stigtingsverklaring. Hoekom? Want die oorledene ontvang ‘n spesiale reg omrede hy ‘n aandeelhouding gehad het. (Slegs as die privaat maatskappy ‘n bona fide plaas gehad het, kan die markwaarde met 30% verlaag word).

o As daar ‘n voorwaarde op die eiendom gehou word – wat die waarde van die eiendom verlaag op of na die datum van dood (bv. vruggebruik) – dan is die eiendom waardeer asof die voorwaarde nie sou geld nie.

o As SARS nie tevrede is met die markwaarde van die eiendom nie – dan mag hulle ‘n aanpassing maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

GEAGTE EIENDOM
Wat is die sub-kategorieë van geagte eiendom?

A

a. Versekeringspolisse op die lewe van die oorledene;

b. ‘n Eiendom geskenk deur die oorledene ingevolge ‘n skenking wat vrygestel is van skenkingsbelasting van die Inkomstebelastingwet, dit wil sê eiendom geskenk deur die oorledene ingevolge ‘n donatio mortis causa of in terme van ‘n donasie waardeur die begunstigde geen voordeel ontvang tot die dood van die skenker nie;

c. ‘n Eis teen die gade ingevolge artikel 3 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984;

d. Eiendom waarvan die oorledene onmiddellik voor hul dood bevoeg was om vir eie voordeel of tot voordeel van hul boedel ontslae te raak; en

e. Bydraes tot aftreefondse wat as aftrekking toegelaat word by die bepaling van die aftree-enkelbedragvoordeel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

GEAGTE EIENDOM
Lewensversekering polisse op die lewe van die oorledene

A

= Die opbrengste van die lewensversekeringpolis moet as geagte eiendom in die boedel ingesluit word – ongeag of die opbrengste uitbetaal aan die oorledene of ‘n ander begunstigde
= Die polis word ingesluit omdat dit op die oorledene se lewe uitgeneem was!

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q
A
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly