LEEREENHEID 3: Skenkingsbelasting Flashcards

1
Q

Skenkingbelasting

A

Slegs van toepassing op INWONERS (maatskappye en individue) van die RSA.
Het geen verwantskap aan inkomstebelasting nie.
Is ‘n tipe KAPITALE (bv. bates en eiendom) belasting wat oorgedra word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Boedelbelasting en skenkingsbelasting

A
  • Wanneer ‘n persoon sterf, is boedelbelasting betaalbaar op die netto waarde van sy boedel. Dus, sal persone boedelbelasting kan vermy indien hulle al hul eiendom skenk aan iemand anders voor die persoon sterf. Bv. As die persoon weet dat hulle binnekort tot sterwe sal kom, en al hul bates skenk voor datum van dood, dan is skenkingsbelasting betaalbaar op die bates i.p.v. boedelbelasting.

Skenkingbelasting en boedelbelasting word gehef teen dieselfde koers.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

B. WAAROP WORD SKENKINGSBELASTING GEHEF?

A

SB is betaalbaar op die waarde van die eiendom wat beskik word deur ‘n inwoner van die RSA, in die vorm van ‘n donasie. So ‘n skenking is die “gratis verkoop van ‘n eiendom” en ook “’n gratis afstanddoening van die reg op die eiendom”.

‘Eiendom’ is iets wat roerend of onroerend, liggaamlik (bv. iets wat gevoelens het) of onliggaamlik (bv. iets wat nie gevoelens het nie), waar dit ook al geleë mag wees.

Bv. ‘n motorvoertuig; ‘n vakansiehuis in Namibië; meubels en huishoudelike effekte; kontantbeleggings; aandele in genoteerde en ongenoteerde maatskappye, as maatskappye ‘n rente-vrye lening verskaf, of as die beskikking van ‘eiendom’ gebeur teen ‘n waarde laer as markwaarde (MW).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

C. WAT IS DIE KOERS WAARTEEN SB GEHEF WORD?

A
  • 20% op skenkings tot en met ‘n waarde van R30 000 000; of
  • 25% op skenkings groter as R30 miljoen.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

D. WIE IS AANSPREEKLIK VIR SKENKINGSBELASTING (SB)?

A
  • Daar’s 2 partye = die skenker (gee) en begunstigde (ontvang).
  • Die SKENKER betaal SB!!!
  • Maar: as die skenker versuim om die SB te betaal dan is die begunstigde aanspreeklik vir SB.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

E. EIENDOM GEAG GESKENK TE WEES DEUR ‘N ANDER PERSOON
Voorbeeld 1: Binne gemeenskap van goedere

A
  • K is getroud met Y en die huweliksooreenkoms is binne gemeenskap van goedere. So, as K besluit om sy vakansiehuis te skenk aan haar sussie, wie betaal SB?
  • Gaan kyk: Hoe is hulle getroud? Binne gemeenskap van goedere so die vakansiehuis vorm deel van hulle gesamentlike boedel was sal beteken dat beide K en Y ‘n gelyke aandeel in die skenking gehad. So hulle (K:Y) gaan (50:50) SB betaal.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

A. EIENDOM GEAG GESKENK TE WEES DEUR ‘N ANDER PERSOON
Voorbeeld 2: Buite gemeenskap van goedere

A
  • M is getroud met V en die huweliksooreenkoms is buite gemeenskap van goedere. So, as M besluit om die vakansiehuis te skenk aan sy sussie, wie betaal SB?
  • Hulle is buite gemeenskap van goedere getroud so die huis vorm NIE deel van hul gesamentlike boedel NIE.
  • Omrede M die donasie gemaak – betaal hy die SB alleenlik. (M:V) (100:0)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

F. SKENKINGS DEUR MAATSKAPPYE GEMAAK OP INSTRUKSIE VAN ANDER

A
  • Indien ‘n maatskappy ‘n instruksie van ‘n iemand ontvang om ‘n donasie te maak, dan is die persoon wat die instruksie gegee het = aanspreeklik vir SB.
  • Weereens, die persoon wat die instruksie gegee het moet ‘n INWONER van RSA wees.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

G. WANNEER WORD SB BETAAL?

A
  • SB word betaal aan die einde van die maand – wat volg op die maand waarin die skenking gemaak is. Bv. Maak skenking in Maart dan moet SB betaal wees teen 30 April.
  • Die datum van die skenking is wanneer alle regsvereistes vir ‘n geldige skenking plaasgevind het.
  • ‘n Verbale skenking is geldig op die dag wat die aflewering van die ‘eiendom’ gemaak is.
  • ‘n Skriftelike skenking is geldig op die dag van die kontrak.
  • ‘n Opgawe word ingevul en die SB word aan SARS oorbetaal.
  • ONTHOU: SB word betaal PER DONASIE en nie op eenslag aan die einde van die JVA nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

SPESIFIEKE VRYSTELLINGS

A
  1. Skenkings aan gades
  2. Donasies net voor ‘n persoon se dood
  3. Donasies gemaak ‘n persoon lank voor die oorledene gesterf het. Bv. ‘n Ouma belowe haar kleindogter dat sy eendag haar trouring kan kry wanneer sy dood gaan.
  4. Donasie wat binne 6mde gekanselleer word vanaf die datum wat dit ‘n geldige donasie was
  5. Donasies aan tradisionele gemeenskappe
  6. Die reg op buitelandse eiendom
  7. Donasies gemaak deur of aan:…
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

SPESIFIEKE VRYSTELLINGS
6. Die reg op buitelandse eiendom

A

: as die skenker die eiendom verkry het ( Voordat hy ‘n inwoner van die RSA geword die eerste keer; of by wyse van ‘n bemaking/omdat hy dit geërf het van iemand wat nie op die datum van sy dood ‘n inwoner was die RSA nie; of  Vanaf ‘n persoon (uitgl. ‘n maatskappy) wat ‘n nie-inwoner is van die RSA; of  Vanaf fondse soos hierbo genoem; of as die skenker die eiendom verkoop het - en vervang het met ander eiendom, wat ook in die buiteland geleë is - wat dan gefinansier was met die opbrengs van die buitelandse eiendom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

SPESIFIEKE VRYSTELLINGS
7. Donasies gemaak deur of aan

A
  1.  die staat
  2.  instansies wat navorsing doen in wetenskap, tegniese of industriele rigtings; of as nodige dienste aan die staat of algemene publiek gemaak word, of wat handel en landbou bevorder
  3.  Politieke partye
  4.  Publieke weldaadsorganisasies goedgekeur deur die kommissaris (g.d.k)
  5.  Onstspanningsklubs g.d.k.
  6.  Klein-besigheid befondsing entiteit
  7.  Fondse (pensioen/voorsorg/aftree)
  8.  Deel van ‘n aandele blokmaatskappy of body corporates
  9.  Vrywillige toekennings
  10.  Trusts (donasies deur ‘n trust aan ‘n begunstigde + en nie donasies gemaak deur ‘n trust nie, want dit is steeds onderhewig aan SB)
  11.  Die skenking van ‘n reg op die gebruik van of okkupasie van ‘n eiendom wat gebruik word vir boerdery doeleindes ongeag of die ontvanger die kind van die skenker is.
  12.  Publieke maatskappye
  13.  Volledige eienaarskap op onroerende goedere wat verkry is deur iemand wat geregtig is op ‘n toelaag ingevolge die “Land Reform Programme”
  14.  Donasie van een maatskappy aan ‘n ander maatskappy wat ‘n inwoner is, as hulle deel is van dieselfde groep maatskappye is.
  15.  Bona fide onderhoud betalings (skenker hoef nie slegs ‘n natuurlike persoon te wees nie)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

ALGEMENE VRYSTELLING

A

Natuurlike persone:
Die som van alle eiendom wat geskenk was deur ‘n natuurlike persoon verkry ‘n R100 000 vrystelling vir die JVA. (nie prorata nie) (Die R100k geld vir elke gade ongeag of hulle binne gemeenskap van goedere getroud is)

Persone anders as natuurlike persone:
Toevallige donasies wat nie R10 000 oorskry in ‘n JVA nie.
As die JVA langer of korter is as 12mde sal die R10 000.

Die R10 000 is net op toevallige donasies (‘incidental donations’) so bv. is ‘n R60k donasie kan gesien word as ‘n nie-toevallige donasie en kan dus nie vir die R10k vrystelling kwalifiseer nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

HOE WORD SB BEREKEN?

A

Stap 1: Was die skenking gemaak deur ‘n inwoner van die RSA?
Indien Ja – gaan na stap 2.
Indien Nee – geen skenkingsbelasting van toepassing nie!

Stap 2: Bepaal of dit ‘n geldige skenking was. M.a.w was dit ‘n gratis beskikking van ‘eiendom’ of teen ‘n waarde laer as MW.
Indien Ja – gaan na stap 3.
Indien Nee – geen skenkingsbelasting van toepassing nie!

Stap 3: Is die skenking spesifiek vrygestel van SB?
Indien Ja – gaan na stap 4.
Indien Nee – geen skenkingsbelasting van toepassing nie!

Stap 4: Bepaal die waarde van die skenking.

Stap 5: Pas die algemene vrystelling toe.

Stap 6: Die bedrag mag nie negatief wees nie en is dus beperk tot R0.

Stap 7: Pas die relevante koers toe (20% of 25%)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly