Kw1 Hfst 2 Eenh 2 Koninkryk van Mapungubwe Flashcards
Wat beteken heilige?
Goddelike of geseën
Wat beteken voorvaders?
Ons voorsate.
Wat beteken oordadige?
Ingewikkelde, met baie detail?
Wat is simbole?
Tekens
Wat is geregtigheid?
Regverdigheid
Wat beteken bewys?
Tekens van iets
Wat is panwas?
Om na goud te soek deur water en klip in ‘n pan te spoel.
Wat is artevakte?
Voorwerpe van lank gelede.
Wat is inwoners?
Mense wat in ‘n gebied woon.
Wat beteken versier?
Aantreklik gemaak
Innoverende beteken
Oorspronklike
Waarom was die koning so belangrik in die samekewing van Mapungubwe?
Hy kon met die voorvaders en hul god kommunikeer om reën te bring.
Watter soort kos het die mense van Mapungubwe geëet?
Gebalanseerd met vleis, groente en grane?
Waarom word daar na die me se van Mapungubwe verwys as uit die yster tydperk?
Die mense het yster ontgin en daarmee gewerk.
Hoekom was die heuwel by Mapungubwe belangrik?
Dit het bekend gestaan as ‘n “heuwel wat reën maak”.
Hoe is “reën heuwels” gekies.
Vir hul struktuur wat steil hange gehad het waar teen die kapteins kon opklim om met hul voorvaders en God te kommunikeer.
Hoe het die koning van Mapungubwe mag bekom?
Deur die kruin van die heuwel as woning te kies.
Wat het die koning se posisie as leier versterk en sy verband met die voorvaders en God beklemtoon?
Sy mag oor die heuwel deur bo op die kruin te woon.
Wat was die doel van die klipmure?
Onderskeid tussen klasse en van die heilige leierskap aan te dui.
Afsondering aan koning om heilige rituele uit te voer.
Wat het die inwoners gevorm deur klipmure te bou?
Omheinde gebiede
Hut-terrasse
Lang grense
Grense van die dorp
Wat het die koninklike klas gebruik om hul hoë status aan te dui?
Klipmuur-argitektuur
Wat is soms op die mire van die paleise geplaas?
Horings van heilige beeste
Waarom is horings van beeste om die mure gehang?
Simbool ban geregtigheid en verdediging.
Hoeveel inwoners was in Mapungubwe?
5000
3 Grafte is in die middel van die Mapungubwe nedersetting gevind. Wat is in die grafte gevind?
Voorwerpe van goud,
Renoster
Septer en bak
Armbande en krale
Waarom is hierdie goue voorwerpe saam met die persoon begrawe?
Simbool van status
Tradisionele en godsdienstige oortuigings
Wat was ‘n bewys dat hul goud gevid het?
Goue voorwerpe
Hoe en waar het hul goud ontgin?
Met panne uitgewas in die Sasherivier.
Wat is gevind by spesiale argeologiese terreine?
Inisiasie seremonies
Huishoudelike aktiwiteite
Sosiale funksies
Wat is as bewys vir susksesvolle boerdery gevind?
Artefakte
Waarmee het hul geboer?
Gewasse en vee
Wat is gevind wat toon dat die mense gesonde gebalanseerde diete gevolg het?
Menslike oorskot
Wat het die verbrande oorblyfsels van stoorhutte getoon?
Koring, sorghum en katoen is verbou.
Hoe kon Mapungubwe se goedere Indië en China bereik?
Deur dat hulle verbind was met ‘n nasionale handelsroete.
Watter items het hulle uitgevoer?
Ivoor Volstruiseier doppe Goud Erdewerk Houtbeen
Waarheen het hul dit geneem om uit te voer?
Kusdorpe soos Sofala in Mosambiek
Waarheen is dit deur die Arabiese handelaars gevoer?
Mogadishhu
Wat het die mense inruil vir hul uitvoer produkte gekry?
Glaskrale
Katoen,
Keramiek
Symateriaal
Wat het die aanvraag na goud laat toeneem en die welvaart van Mapungubwe laat toeneem?
Die maak van goue munte deur Indië se Moslem en Europese state
Vir hoe lank het die Zhizo die Sashe-Limpopo gedeelte van die handelsroete beheer.
100jr
Waarmee het die inwoners van die klein dorpies hulself versier?
Krale van volstruiseierdoppe, groot slakke, bene en ivoor.
Armbande van ivoor
Hare en klere versierings met penne van been en ivoor
Wat is die simbool vir die orde van Mapungubwe?
Renoster
Waarvoor het die orde sy naam gekry.
Ter ere van die innoverende enpolitieke leiers van Mapungubwe
Waarvoor word die toekenning gegee?
Aan Suid-Afrikaanse burgers vir uitnemende en uitsonderlike prestasies tot voordeel van Suid-Afrika
Wanneer is die Mapungubwe landskap as wêreld erfenis terrein verklaar?
3 Julie 2003
Watsi Mapungubwe nou?
Nasionale park
Argeologiese terrein
Wêreld erfenis terrein
Wie was die eerste ontvanger van die orde van Mapungubwe?
Oud president Nelson Mandela
Wanneer het Mapungubwe se ondergang begin en hoekom het dit onder gegaan?
1290nC het ‘n ramp die gebied getref.
Droogtes en misoeste aan die begin van die klein ystertydperk
Verskuiwing van handelsroete na Groot-Zimbabwe
Nuwe politieke en sosiale aliansies is gevorm
Middelpunt van streekskrag skuif na groot-Zimbabwe
Tuiste van Shona mense word magtiger as Mapungubwe.
Teen watter jaar was Mapungubwe verlate?
1300nC
Wat beteken skaars?
Dis moeilik om te vind.
Wat beteken status?
Belangrikheid
Wat is statussimbool
Teken van iemand se belangrikheid
Hoekom was goud baie waardevol?
Moeilik om uit die grond te kry Baie skaars Sag en kan gemeng word met ander metale wanneer dit verhit word om voorwerpe te maak. Dit roes nie Dit hou vir ewig.
Wat stel ‘n bepaalde begrip voor?
Simbool
Waarvoor was goud ‘n statussimbool?
Mag en belangrikheid
Waarvan is die goue renoster gemaak?
Dun velle bladgoud aan gekerfde houtbasis.
Waarvan was die renoster ‘n simbool?
Hoekom?
Leierskap
Hy is kwaai en wil nie gepla word nie.
Wat simboliseer die horing van die renoster?
Die rol van die leier as beskermer.
Wat is die septer?
‘N staf deur die koning as simbool van gesag.
Wat toon dat die vakmanne baie goed was?
Bladgoud wat baie dun was is aan die basis van die septer geheg.
Hoekom het net die koning en sy familie goue krale gehad?
Simbool van hul mag en leierskap
Wie dra vandag goue krale?
Net die belangrike lede van die Tshivenda- sprekende mense wat in daardei gebied woon.