Gesonde Eetgewoontes Flashcards
Noem 5 dieetriglyne vir kinders deur die regering opgestel.
Eet verskeidenheid kossoorte
Maak stysel kosse die basis van meeste maaltye
Eet gereeld droë boontjies, splitertjies, lensies en soya
Eet elke dag hoender,vis,vleis of eiers en drink ‘n glas melk
Drink baie en skoon water
Eet elke dag baie groente en vrugte
Gebruik vet spaarsamig
Gebruik sout spaarsamig
Gebruik suikerryke kosse en drank spaarsamig
Hoekom moet jy eet?
Kos verskaf energie vir speel en werk
Noem 3 faktore wat kinders se eetgewoontes beïnvloed.
Te arm om verskeidenheid en goeie kosse te bekostig.
Eet net waarvan hul hou
Hongersnood
Wat beteken wangevoed?
Hulle eet nie kos uit al die voedselgroepe nie.
Wat beteken ondervoed?
Hulle eet te min van al die kosse
Noem die 4 voedselgroepe en gee 2 voorbeeld kosse in elk
Vette en olies - kookolie, botter, room
Proteïne - vleis, hoender, vis, boontjies, soya
Groente en vrugte - appels, piesang, wortel, brokolie
Stysels - brood, pap, pasta, pizza, aartappels