Fisika-Transversale Golwe Flashcards
Transversale Golf
‘n Golf waarvan die rigting van die versteuring loodreg ten opsigte van die bewegingsrigting is
Kruin
Hoogste dele van die golf waar maksimum uitwyking vanaf die rusposisie plaasvind
Trog
Laagste dele van ‘n golf waarvan die maksimum uitwyking in die teenoorgestelde rigting vanaf die rusposisie plaasvind
Punte in Fase
Punte van die golf wat presies dieselfde beweging op dieselfde oomblik uitvoer in dieselfde rigting met presies dieselfde afstand vanaf die rusposisie af
Golflengte
Afstand tussen twee punte wat in fase is
Frekwensie
Aantal volledige golwe wat elke sekonde by ‘n gegewe punt op die pad van die golf verby beweeg
Periode
Die tyd wat dit een volledige golf neem om by ‘n punt verby te beweeg
Golfspoed
Die afstand wat ‘n golf in een sekonde aflê