Chemie-Kwantitatiewe Eienskappe Van Chemiese Verandering Flashcards
Mol
‘n Hoeveelheid stof wat dieselfde hoeveelheid deeltjies bevat as wat daar atome in 12g Koolstof-12 is
Die hoeveelheid stof wat Avogardo se getal formule-eenheid bevat
1 mol van ‘n stof bevat 6,02*10 (23) elemente eenhede
Eenheid:g.mol(-1)
Atoommassa
Relatiewe atoommassa van ‘n element is slegs ‘n getal, dit dui aan hoeveel keer die massa van ‘n atoom groter is as een twaalfde van ‘n Koolstof-12 atoom
Molekulêre Massa
Die massa van een molekule en word in atoommassa eenhede of kilogram gemeet
Empiriese Formule
Dui die eenvoudigste verhouding aan waarin die elemente met mekaar verbind om die verbinding te vorm
Molêre Gasvolume
Een mol gas beslaan 22,4dm(3) by 0*C, gelyke volumes van alle gasse, gemeet by dieselfde temperatuur en druk besit dieselfde aantal molekules
Konsentrasie
Die konsentrasie van ‘n oplossing is die hoeveelheid mol opgeloste stof per dm(3) van die oplossing