Bl. 8 - 15 Doelwitstellingsvaardighede: persoonlike lewenstylkeuses Flashcards
Word jou persoonlike leefstylkeuses deur mense beïnvloed?
Ja, dit gebeur soms sonder dat jy agterkom en kan selfs daartoe lei dat jy verskillende doelwitte vir jouself stel.
Noem 7 moontlike invloede op jou persoonlike leefdtylkeuses
^ Die media
^ Maats
^ Portuurgroep
^ Geloof
^ Kultuur
^ Gesin
^ Gemeenskap
Skryf ‘n paragraaf oor die volgende onderskeie onderwerpe se invloede op jou persoonlike leefstylkeuses
1. Die media
2. Maats en portuurgroep
3. Gesin, geloof, kultuur en gemeenskap
Die media
bv. televisie, koerante, tydsktifte en die internet. Dit voorsien ons van inligting wat as normaal beskou word, maar dit is nie altyd nuttig om jou te help besluit wat goed is in die manier waarop jy jou lewe lei nie. Waardes in die media kan van joune verskil en dkadr berokken.
Ons glo dikwels dinge wat kns in die media lees, dit kan ons verkeerde idees gee oor hoe ons moet dink en dinge doen.Ons besluite word deur die media beïnvloed wanneer ons probeer weees wat die media vir ons sê om te wees i.p.v. om keuses te maak wat ons bevoordeel en gelukkig maak.
Maats en portuurgroep
Meeste mense wil voel dat hulle aanvaar word in vriendskaplike groepe en wil nie uitgesluit voel nie.Ons kan besluite neem wat die groepas goed sien omaanvaar te word selfs wanneer ons nie self daarmee saamstem nie.Indien groepsbesluite jou individuele behoeftes en begeertes te nakom, kan dit tyd wees vir ‘n nuwe vriendekring wat jou ondersteun in wat jy wil wees.
Gesin, kultuur, geloof en gemeenskap
Hierdie vier faktore is verwant omdat hul selfs mekaar beïnvloed. Ond gesindlewe word dikwels deur waar ons bly, ons kultuur 3n ons geloof beïnvloed. Grloofsgewoontes kan streng wees en ‘n regstreekse uitwerking op ons lewenstylkeuses hê. Sekere grlowe verbied sekere klere en kossoorte. Ons gesinslede kan ook deel wees van ‘n kultuur, wat saam met geloof,knd daartoe probeer lei om sekerebesluite te neem. Gemeenskapslede wat dieselfde oortuigings as ons het kan ook ‘n verdere uitwerking op ons besluite hê.
Drfinieer ingeligte
om voirbereid te wees met kennis of inligting
Hoekom kan dit jou help om ingelig te wees oor jou keuses?
Sit kan jou hrlp om te weetwatterkeuses goed sak wees, en watter minder goed.
Bespreek stappe vir hoe om ingeligte besluite te neem.
RELAX
Recognise/ herken
Herken die probleem of die noodsaak vir die neem van ‘n besluit. Identifiseer jou keuses. Identifiseerdie nagevolge.
Educate/ opvoed en evalueer
Probeer om so ingelig moontlik te wees oor al jou keuses. Wees realisties oor jou geleenthede en beperkings
Learn/ leer en luister
Dit is belangrik om ander mense se raad te luister en om uit vroeëre ervarings te leer, omdat dit kan verhinder dat jy dieselfde foute herhaal.
Act/ tree op
Wanneer jy ‘n besluit neem, doen dit verantwoordelik, realisties en sonder om jouself of ander te benadeel.
X/ onbekende faktore
Verwag die onverwagte. Moenie paniekerig raak indien jou besluit nie die presiese resultaat lewer wat jy verwag het nie. Kalmeer, bekyk die situasie en oorweeg jou keuses. Min besluite beloop 100% volgens plan.
Wanneer moet jy ‘n besluit/ keuse deurvoer?
Sodra jy ‘n duidelike begrip van jou keuses het en jy besluit het watter keuse is vir jou die beste
Wanneer is dit makliker om in jou besluite vrrtroue te hê?
Indien jy versigtig oor jou besluit nagedink het.
Voltooi
Niemand kan ooit presies weet ____________________________ kan wees nie.
wat die uitslag of gevolg
Waarop moet ons besluite gegrond wees?
Op dit wat ons nou weet en dit wat ons hoop die resultaat van die besluit sal wees.
Wat gebeurwanneer jy jou jouself kan vertrou met besluitneming?
Dan kan jy meer selfversekerd wees en by jou beeluite hou, of hulle verander infirn jy meer inligying inwin.
Wat gebeur wanneer jy minder vertroue in jou besluitneming het?
Dit worr makliker vir ander (soos jou portuurgroep, gemeenskap of gesin) om jou te beïnvloed om van plan te verander. Dit is nie altyd in jou beste belang nie.
Definieer selfgeldend
om vertroue te toon, ferm te wees, en kalm en duidelik te wees oor wat jy eil hêof nodig het.
Wat is mompel?
saggies of onduidrlik praat
Hoe kan jy selfgeldend praat en selfversekerde liggaamstaal gebruik wanneer jy jou besluit deurvoer
Deur te praat in ‘n besliste, duidelike en kalm stem, sonder om te skree of te mompel. Selfversekerde liggaamstaal sluit in dat jy regop staan, sit, of effens vorentoe te leun na die persoon met wie jy praat. Hou jou arms langs jou sye, of gebruik gebare wat nie onbeskof is of jou liggaam of gesig van die ander persoon verberg nie. Hou jou kop regop en jou skouers terug.
Voltooi
Soms weet ons wat ons wil doen maaar ons kwel ons oor hoe daardie besluit __________________ kan beïnvloed/ laat voel. Dit is belangrik om ander in ag te neem en jy kan selfs om hul _____________ oor jou keuses vra. Dit beteken nie dat hulle jou besluite ________________________. Wees _______ oor wat jou beste belang is en vra ander om jou besluite te respekteer.
die mense om ons
mening
vir jou moet neem nie
ferm
Noem en verduidelik kortliks 3 riglyne vir wanneer jy ‘n besluit neem
Wees selfversekerd
Indirn jy jou navorsing behoorlik gedoen het, sal jy die vertroue hê dat jou besluit ‘n goeie een is.
Wees bewus
Dit is altyd brlangrik om bewus te wees van die beperkings, die nadele en die voordele van jou besluite.
Wees selfgeldend
Indirn jy verttour het dat jou besluit die regte een is, hou daarby! Moenie toelaat dat onnodige bekommernisse of bedenkinge jou van plan laat verander nie.