Apparatuurtoestelle Flashcards
Wat behels toevoer?
- Beplanning van data wat ingesamel moet word
- Besluit op beste maniere om data vas te le
- Die beplanning en skep van datatoevoervorms of instruksies
Wat kan afvoer ook doen?
- Dit kan direk na stoortoestelle gestguur word
- Direk na ander rekenaars gekommunikeer word
- Gebruik word as toevoer vir ander programme, stelsels of dele van dieselfde program.
Wat is kombinasies van toevoertoestelle en afvoerbestemmings?
Dit sal afhang van die tipe taak wat uitgevoer word. Bv.:
1. Jou slimfoon of tablet gebruik sensors om beweging waar te neem en laat jou toe om op die skerm te werk.
2. ‘n POS-stelsel mag ‘n gespesialiseerde kasregister sleutelbord, ‘n strepieskode skandeerder en ‘n kaartleser of vingerafdruk skandeerder gebruik
Wat is verwerking?
Programme moet ontwerp en beskryf word, om IKT-toestelle toe te laat om take uit te voer. Dit kan selgs plaasvind wanneer die programmatuur en data in die fisiese geheue van die IKT-toestel is.Dit gebruik ‘n stap-vir-stap-oplossing vir ‘n probleem.
Wat behels verwerking?
Take soos:
1. Soek
2. Stoor
3. Wiskundige berekeninge
Wat behels stoor?
Dit behels meer as net die fisiese apparatuur wat gebruik word om data te stoor, dit sluit in:
1. Sekuriteit - om te verseker dat sensitiewe data beskerm is
2. Die skep en impplementeering van ‘n goeie rugsteunbeleid.
Wat is toevoertoestelle?
Dit laat IKT-toestelle toe om data te ontvang en instruksies van of die gebruiker of ander bronne te kry. Dit is noodsaaklik aangesien dit die eertse stap in enige inligtingsverwerkingstelsel is.
Wat is die gebruike van die sleutelbord?
- Teks in te tik
- Instruksies te gee
Wat is die voordele van ‘n sleutelbord?
- Dis die vinnigste manier om teks in te voer, veral vir iemand wat vinnig en akkuraat tik
- Maklik om te leer en te gebruik
Wat is die beperkings van sleutelborde?
- Dit is nie ontwerp om as ‘n GUI-koppelvlak gebruik te word
- Die ruimte moet in ag geneem word, veral draad toestelle.
- Dit kan vir gestremde mense moeilik wees om te gebruik
- Mense moet ‘n sekere vlak van sleutelbordvaardighede he om dit doeltreffend te gebruik
Wat is die faktore op aankoop besluite?
- Ergonomiese oorwegings
- Koordloos vs. gekabel
Wat is ergonomiese oorwegings van sleutelborde?
Indien jy meer as ‘n paar uur per dag op die rekenaar werk, maak dit sin om ‘n ergonomiese ontwerpte sleutelbord te kies, a.g.v. die impak daarvan op jou gesondhied. Dit is so ontwerp dat mense se hande in ‘n meer natuurlike posisie gehou word.
Wat is die koordloos vs. gekabelde faktore van ‘n sleutelbord?
Met ‘n koordlose sleutelbord is daar nie nog ‘n kabel op die werksoppervlakte nie. Maar dit kan egter ook ‘n probleem wees, want dit kan nie gebruik word as die battery pap is nie, en ookk nie as die sender beskadig is nie.
Wat is 2 probleemkwessies van ‘n sleutelbord?
- Die sleutels is taai
- Die sleutelbord reageer nie
Hoe kan jy dit hanteer as die sleutelbord taai is?
Skakel die rekenaar af, prop die sleutelbord uit en maak dit met ‘n klam lap skoon
Hoe kan jy dit hanteer as die sleutelbord nie reageer nie?
Indien dit koordloos is, moet die batterye vervang word
Indien dit gekabeld is; ontkoppel en koppel weer die kabel. Of probeer ‘n ander poorts. Of skakel die rekenaar af en aan. Of vervang die sleutelbord.
Wat is ‘n muis?
‘n Wysertoestel wat noodsaaklik is vir die gebruik van ‘n grafiese gebruikersoppervlak. Die muis is die algemeenste wysertoestel.
Wat is die gebruike van die muis?
Dit word gebruik om:
1. Interaksie met grafiese elemente op ‘n GUI-koppelvlak te bewerkstellig
2. Opdragte te gee deur te klik, dubbelklik, regs klik, met die rolwielietjie te blaai en te sleep
Wat is die voordele van die muis?
Die muis is maklik om te leer en te gebruik, en bied ‘n doeltreffende medium vir interaksies met die grafiese elemente op die skerm
Wat is die beperkings van ‘n muis?
- Daar moet ‘n vaste werkplek wees met ‘n geskikte oop area. Daar moenie voorwerpe ronde nie.
- Die muis is nie helemal akkuraat as jy wil teken nie.
Wat is 2 probleemkwessies van die muis?
- Trae muis
- Reageer nie
Hoe kan jy dit hanteer as die muis traag is?
Maak seker dat daar geen stof of wolletjies onder die muis is nie, en dat jy ‘n gladde oppervlakte het.
Hoe kan jy dit hanteer as die muis nie reageer nie?
Indien koorloos; vervang die battery
Indien kabelmuis; ontkoppel en herkoppel. Of probeer ‘n ander poort. Of sit die rekenaar af en aan.
Wat is die ergonomiese oorwegings van ‘n muis?
Indien jy meer as ‘n paar uur op die rekenaar spandeer, maak dit sin om ‘n ergonomiese ontwerpte muis te kies. Dit verminder die risiko van karpale tonnel sindroom.