Apparatuuraanbevelings Flashcards
Wat moet jy in gedagte hou wanneer jy ‘n rekenaar aankoop?
- Is dit nodig om beweeglik te wees?
- Wat is die apparatuurspesifikasies van die programmatuur wat jy wil gebruik?
- Is ‘n wettige bedryfstelsel ingesluit?
Wat moet jy in gedagte hou wanneer jy ‘n rekenaarstelseleenheid aankoop?
- SVE of verwerker
- Geheue
- Hardeskyf
- DVD-aandrywer
- Poort
Watter toestelle kan jy koop wat aan ‘n rekenaar gekoppel kan word?
- Muis en sleutelbord
- Monitor / skerm
- Drukker
- Eksterne stoor
- Skandeerder
Watter toestelle kan gebruik word vir mense wat swaksiende is?
- Vergrotingstoestelle
- Sleutelborde
- Braille-drukkers
Watter toestelle kan gebruik word vir mense wat doof is?
Toestelle wat vibreer
Watter toestelle kan gebruik word vir mense met swak motoriese beheer?
- Groot trackballs
- Joystick
- Toestelle wat met beweging werk
Watter apparatuur kan gebruik word vir die langdurige intik van teks of data?
Goeie kwaliteit ergonomiese sleutelbord
Hoe gaan die ergonomiese sleutelbord doeltreffendheid en produktiwiteit verhoog?
‘n Swak kwaliteit sal produktiwiteit verlaag omdat die sleutels vashaak en nie sensitief genoeg is nie
Watter apparatuur kan gebruik word vir video-redigering?
- Grootste, vinnigste, hardeskyf moontlik
- Ten minste 8 GB RAM
- Twee skerms
Hoe kan die apparate vir video redigering doeltreffendheid en produktiwiteit verhoog?
- Dit is vinniger om grafika vanaf ‘n vinnige hardeskyf te laai
- Beelde kan vinniger laai as die rekenaar genoeg RAM het
- Dit is makliker om redigering van groot prente oor 2 skerms te doen
Watter apparatuur kan gebruik word vir die omskakeling van dokumente na digitale formaat?
Skandeerder wat papier outomaties kan voer
Hoe kan die skandeerder wat automaties papier voer help om produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog?
Dit spaar tyd
Watter apparatuur kan gebruik word vir speletjies op kompeteerende vlak?
Muis wat vir die doel van speletjies ontwerp is
Hoe gaan die muis wat vir speletjies ontwerp is, help met produktiwiteit en doeltreffendheid?
Die muis het vinniger reaksietye
Watter apparatuur kan gebruik word vir digitale kunstenaars?
‘n Tekentablet wat druksensitief is
Hoe kan ‘n tablet wat druksensitief is help met doeltreffendheid en produktiwiteit?
Dit is baie dieselfde as om met ‘n pen op ‘n papier te teken. Dit is vinniger as om te teken met ‘n muis
Watter apparatuur kan gebruik word, vir die verkoop van produkte by ‘n betaalpunt en voorraad neem?
Strepieskode-skandeerder
Hoe kan die strepieskode-skandeerder help met doeltreffendheid en produktiwiteit?
Dit lees die strepies kodes van produkte, en is dus baie vinniger as om die kodes in te tik.
Watter voorbeelde is daar van toeganklikheid?
- Operasie oor ‘n afstand
- Toegang tot data d.m.v. die internet
- Afsondering
- Selfoonbankdienste
- Maak rekenaars meer toeganklik vir gestremde persone
Hoe werk toeganklikheid met operasies oor ‘n afstand?
IKT maak dit moontlik dat ‘n chirurg in SA ‘n operasie op ‘n pasiënt in die Kongo kan uitvoer sonder dat hy/sy die kantoor verlaat
Hoe werk toeganklikheid met die toegang tot data d.m.v. die internet?
Persone met internettoegang kan data oor enige iets kry. Baie meer inligting kan gekry word as in ‘n sool se biblioteek
Hoe werk toeganklikheid met selfoonbankdienste?
Mense wat met baie kontant loop kan die gevaar loop om geroof te wees. Maar persone wat min geld verdien kwalifiseer dalk ook nie vir ‘n bankrekening nie. Sulke mense kan M-Presa-rekening gratis oop maak, en betalings elektronies ontvang.
Wat moet jy weet oor nuwe tegnologie?
- Dit sal langer batterylewe hê
- Dit sal vir draagbaarheid ontwerp word.
- Dit sal vir konstante kommunikasie gebruik word