Alle Belangrike Definisies Flashcards
Atoomgetal
Dui die aantal protone in die kern van n atoom aan
Massagetal
Dui die aantal protone en neutrone in die kern van n atoom aan
Valenselektron
Elektron in die buitenste energievlak van n atoom
Isotoop
Elemente met dieselfde aantal protone, maar met verskillende aantal neutrone
Orbitaal
Die ruimte waar dit die waarskynlikste is om n elektron aan te tref
Mol
Die SI-eenheid vir hoeveelheid van ‘n stof.
Molêre Massa
Die massa in gram van een mol van daar die stof.
Eerste Ionisasie-energie
Die energie wat nodig is om die eerste elektron uit ‘n neutrale atoom in die gastoestand te verwyder.
Elektronegatiwiteit
‘n Mate van die neiging van ‘n atoom om ‘n bindingspaar elektrone aan te trek.
Hidrasie
Proses waar ione met watermolekules in ‘n waterige oplossing omring word.
Ionisasie
Die reaksie van ‘n molekulêre stof met water om ione te produseer.
Dissosiasie
Die splyting van ‘n ioniese binding in sy ione.
Oplossing
‘n Homogene mengsel van opgeloste stof en oplosmiddel.
Opgeloste Stof
Die stof wat in die oplossing opgelos word.
Oplosmiddel
Die stof waarin ‘n ander stof opgelos word en dan ‘n oplossing vorm.
Intramolekulêre Binding
‘n Binding wat tussen atome binne molekules voorkom.
Kovalente Binding
‘n Deling van tenminste een paar elektrone deur twee nie-metaal atome.
Nie-polêr Kovalente Binding
‘n Gelykop deling van elektrone.
Polêr Kovalente Binding
‘n Ongelyke deling van elektrone wat lei tot die vorming van ‘n dipool (as gevolg van elektronegatiwiteitsverskil).
Elektronegatiwiteit
‘n Mate van die neiging van ‘n atoom om ‘n bindingspaar elektrone aan te trek.
Ioniese Binding
‘n Oordrag van elektrone en gevolglike elektrostatiese aantrekking.
Metaalbinding
Aantrekkings krag tussen ‘n positiewe kern en ‘n see van gedelokaliseerde elektrone.
Dipool
‘n Polêre molekule met ‘n netto dipoolmoment.
Elektroliet
n Middel wat elektrisiteit kan gelei deur vry ione tydens n chemiese reaksie in n oplossing vorm