2.5 Veilige Gebruik van die internet Flashcards
Wat is n virus? 5 feite
*Programme wat die normale werking van ’n rekenaar belemmer
*Word op rekenaar gelaai sonder die medewete of toestemming van gebruiker
*Ontwerp om sekuriteitsgapings te skep en uit te buit
*Probeer om te reproduseer en na ander rekenaars te versprei
*Val nie hardeware aan nie – maar die sagteware wat dit bestuur en beheer
Hoe versprei virusse?
*Virusse versprei deur geinfekteerde lêers bv.
#wat aan epos geheg is
#van internet afgelaai
word
#via n netwerk gedeel
word
# op draagbare media
(flashskyf) gestoor
word.
Hoe word virusse geaktiveer?
Wanneer jy die geinfekteerde lêer oopmaak
Hoe weet ek of my rekenaar n virus het?
*Lêers begin skielik verdwyn
*Die rekenaar word baie stadiger
*Programme werk nie meer reg nie
*Beskikbare spasie op die hardeskyf verminder skielik drasties
*Foutboodskappe verskyn wat nog nie voorheen gesien is nie
*Rekenaar laai nie meer nie
*Antivirussagteware sê daar is ’n bedreiging of ’n virus
Anti-virussagteware kan opgestel word om?
*mens te waarsku as daar ’n virus op jou rekenaar is
*enige virus wat dit identifiseer outomaties uit te vee
*’n virus te kwarantyn
Hoe kan virusse voorkom word?
*Installeer ’n antivirusprogram
*Hou jou antivirussagteware en –definisies (signatures) op datum
*Deursoek lêers wat op draagbare media (bv. flash-skywe) gestoor is, voor gebruik
*Deursoek e-posaanhangsels en lêers wat afgelaai is voordat jy dit oopmaak
Wat noem jy sagteware wat met slegte bedoeling geskryf is?
Malware/Kwaadwillige sagteware
Wat is Malware/kwaadwillige sagteware?
*kan sagteware wees wat geskryf is om ernstige skade aan te rig of
*sagteware wat net n irritasie is bv. adware
Wat noem jy sagteware wat geskryf is om n irritasie te wees en wat maak dat advertensies oor en oor verskyn?
Adware
Wat is n virusdefinisie?(signature)
*patroon waarmee n virus geindentifiseer kan word.
*moet aanhoudend opgedateer word weens daaglikse nuwe variante
*word gewoonlike outomaties afgelaai
Waar of onwaar?
virusprogramme kan net een keer n jaar opgedateer word?
Onwaar, daagliks
Voorbeelde van antivirusprogramme
*Norton Antivirus
*AVG
*Avast
wat is n rekenaarwurm
malware wat homself oor n netwerk versprei
*gewoonlik via epos
*sonder dat gebruiker n geinfekteerde program oopgemaak het.
*wurm reproduseer oor en oor, en versprei baie vinnig
Wat gebeur met jou rekenaar as hy n rekenaarwurm ontvang?
*maak alles beskikbare geheue spasie op hardeskyf vol
*veroorsaak dat rekenaar baie stadig werk.
Hoe kan jy rekenaarwurm voorkom?
*intalleer opgedateerde antivirus program
*moenie vreemde/verdagte eposse oopmaak nie.
Wat is n trojane?
*Skadelike program wat as a nuttige toepassing vermom is
*daarop staatmaak dat jy program oopmaak.
*Vee lêers op jou rekenaar uit, of
*deursoek dit vir persoonlike inligting om na die persoon wat die Trojaan geskep het terug te stuur
Hoe verskil trojane van virusse en wurms?
*vermeerder nie hulself nie
*infekteer nie ander lêers nie
Wat is spam(gemorspos)?
E-posadvertensies wat jy nie versoek het nie
Hoe kan jy spam hanteer?
*Wees versigtig vir wie jy joue-posadres gee
*Vind uit of jou ISP kan help – baie ISP’s onderskep spam
*Ondersoek die fasiliteite van jou e-posprogram
Nadele van spam(gemorspos)?
*neem tyd om ongewensde epos te identifiseer en uit te vee
*neem onnodige stoorspasie
*maak internet stadiger
Wat is n internet hoax?
*Internet hoax is ’n e-posboodskap of -artikel wat beoog om ander te bedrieg
*kan per epos, whatts up, Facebook gestuur word
*nie altyd kwaadwillige motief agter valse inligting nie
*hits mens aan om boodskap soveel moontlik keer aan te stuur.
Gee voorbeelde van bedrogskemas?
*blits dieete
*kettingsbriewe
Hoe kan hoax en bedrogskemas voorkom word?
*Moet nooit inligting sonder meer aanvaar nie
*Gaan altyd die bron van inligting na
*Dikwels net ’n gerug – nie op feite gebaseer nie
*Vee dit uit – waarsku die persoon wat dit stuur daaroor
*Pasop vir hoaxes wat jou aanmoedig om belangrike lêers van jou rekenaar af te vee
*Baie webwerwe ondersoek hoaxes en publiseer die resultate – besoek hierdie webwerwe om die geloofwaardigheid van boodskappe te ondersoek
Wat is uitvissingsbedrog?Phising?
*Mislei gebruikers om persoonlike en vertroulike besonderhede soos PIN-nommers en wagwoorde te verklap
*deur voor te gee dat dit van ’n wettige organisasie (dikwels ’n bank) af kom. *Gewoonlik e-posboodskappe.