2.1& 2.2 Netwerke Flashcards
Wat is n netwerk?
Versameling rekenaars of ander toestelle soos slimfone of tablette wat d.m.v een of ander kommunikasiemedia verbind is (met of sonder kabels)
Wat kan netwerke alles deel?
Hardeware
Sagteware
inligting
Sewe voordele van n netwerk?
- Vinnige effektiewe kommunikasie bv. gebruik van epos, kitsboodskappe en sosiale netwerke
- Deel van hardeware bv. printers en sagteware bv. lêers
- Sentralisering van data - hou data wat deur meer as een mens of organisasie benodig word op n sentrale rekenaar
- Maklike toegang - het dieselfde weergawe van n lêer of data vir verskillende rekenaars of rekenaartoestelle.
- Vryetydsbesteding - bv. live streaming oor die internet met gebruik van e-boeklesers, aanlyn speletjies
- Verhoogde beheer en sekuriteit - bv. uitvoere van back ups, opdatering van sagteware en toepasings van toegangsregte
- Kan gebruik word op kleinskaal soos bv. tuiskantore of op groot skaal bv. kettingswinkels se datatbasisse
Wat noem jy n kragtige rekenaar wat gedeelde bronne soos lêers voorsien
n bediener
Wat noem ons netwerke soos Facebook en Instagram wat mense in staat stel om kontakt te hou met vriende en familie dwarsdeur die wereld.
Sosiale netwerke
Wat is internet?
*Wereldwye rekenaarnetwerk,
*wat gevorm word deur verskeie groot en klein netwerket
*wat aan mekaar gekoppel is
Nadele van netwerke?
Leerkurwe – hoe om jou privaatheid aanlyn te beskerm en hoe om veilig te kommunikeer
Kan duur wees om op te stel en in stand te hou
Vertroulike / sensitiewe inligting kan gesteel word
Skadelike sagteware kan vinnig versprei
Indien ’n probleem in netwerke ontstaan, mag dit beteken dat gebruikers nie met mekaar kan kommunikeer of toegang tot hul data kan kry nie
Sentrale fout op die netwerk kan tot verlies van data lei
Netwerke word geklassifiseer volgens die area wat hulle dek. Noem twee tipes netwerke?
- PAN - Persoonlike Areanetwerk
- HAN - Huis Areanetwerk
Definisie van PAN?
’n Netwerk wat rondom ’n enkele persoon of ’n paar mense gestruktureer is met ’n reikafstand van ’n paar meter.
Hoofdoel en Funksie van PAN?
Om outomatiese konneksies tussen mobiele toestelle teweeg te bring
Nadele van PAN?
Nadele:
Beperkte reikafstand
Data-oordrag mag stadig wees
Randtoestelle kan gewoonlik net met een rekenaartoestel op ’n slag afgepaar word
Wat is n HAN?
’n Klein netwerk binne ’n woonomgewing wat toestelle soos rekenaars, drukkers, tablette, slimfone, slim-TV’s en speletjietoestelle kan koppel
Voordele van HAN?
Gebruikers het toegang en kan data vanaf enige rekenaartoestel in die huis deel
Gebruikers kan geld spaar deur toestelle soos ’n drukker te deel
’n Internetkonneksie kan deur die rekenaartoestelle in die huis gedeel word
Wat kan ’n probleem wees met koordlose netwerke? en hoe kan jy dit voorkom?
.
Sekuriteit
Gebruik wagwoorde ens
Wat het jy nodig om n klein netwerk op te stel?
- Hardeware nodig
- Konneksiemetodes
- Sagteware om sekuriteit en kommunikasie te beher
Noem twee addisionele toestelle (buiten die rekenaartoestelle self) wat deel is van hardeware wat nodig is vir koppeling van toestelle in n HAN en koppeling aan internet
Switch - kabels wat rekenaars verbind
Roeteerder - stel toestelle in staat om aan die internet te koppel
Lys twee maniere waarop toestelle in n netwerk gekonnekteer kan word?
*kabels
*koordlose konneksies
wat is die algemeenste konneksiemetode by n pAN?
Bluetooth
Watter konneksiemetodes gebruik HAN?
kabels
Koordlose konneksies
Wat is n roeteerder?
is n toestel wat een of meer rekenaars of toestelle in staat stel om met netwerke soos die internet te konnekteer.
Wat in n roeter laat ander rekenaars en toestelle in die HAN toe om met mekaar te kommunikeer en ook die internetkonneksie te deel?
Switch
Watter bekomende toestelle word benodig vir kommunikasie tussen toestelle in die HAN en met internet?
*Switch - kabels word gebruik om rekenaar in n netwerk te koppel sodat kommunikasie kan plaasvind (ou tyds)
*Router - een of meer rekenaars toestelle in staat stel om met netwerk/internet te koppel.
Hoe gaan n mens te werk om n gekabelde konneksie te konnekteer as deel van n klein netwerk?
Kabels word gebruik om rekenaars en ander toestelle met mekaar te verbind.
Een kant van die kabel prop by netwerkpoort van die rekenaar in
ander kant by die switch/roeteerder ingeprop
UTP kabel word gebruik(Unshielded Twisted Pair)
Hoe werk koordlose konneksies by kleiner netwerke?
*n wi-fi toegangspunt word benodig sodat die toestelle met die netwerk kan kommunikeer.
Wi-fi gebruik radiogolwe vir konnektiwiteit
Antenna op roeteerder word vir konneksie gebruik.
Wat is n hotspot?
is die gebruik van n persoonlike toestel om aan jou rekenaar, toestel internet te verskag
Wat moet elke toestel he wat aan die internet konnekteer word.
Unieke IP -adres (internet protocol)
Waarvoor word sagteware in netwerk gebruik?
Gebruik om sekuriteit en kommunikasie binne die netwerk te beheer
waar is sagteware in netwerke ingebou?
In die bedryfstelselsagteware van die rekenaartoestel
Om ’n toestel aan die internet te koppel, benodig jy:
Internetdiensverskaffer - ’n Maatskappy wat tot ’n permanente, vinnige internetkoppeling beskik. bv Herotel, Vodacom
Internetkonneksie
Watter twee gekabelde konneksies kry mens vir internet?
ADSL - permanente digitale konneksie met die internet deur die gebruik van n telefoonlyn.
Vesel - vinnige internetkonneksie vir wonings en besighede
data word deur glasveselbuisie oorgedra
vinniger as ADSL
Watter koordlose koppeling kry mens vir internet konneksies?
Sellulêre tegnologie
*Nie nodig vir ADSL / vesel
*Laat mobiele toegang toe
*3G / 4G (LTE)
*Dongle koppel met die USB-poort – koppel die toestel aan die sellulêre netwerk
ADSL is n permanente digitale konneksie met die internet..wat gebruik ADSL
Telefoonlyn