Woordeboek kwartaaltoets (kw 1) Flashcards
Bedreigde spesie
‘n Lewende spesie waarvan daar min oor is en wat in gevaar is om uit te sterf.
Hulpbron
‘n Noodsaaklike en nuttige middel wat ‘n behoefte bevredig.
Habitat
Die gebied waarin plante en diere leef.
Interafhanklikheid
Twee lewende dinge wat van mekaar afhanklik is om te oorleef.
Invertebraat
Diere wat nie ‘n ruggraat het nie (ongewerweldes).
Vertebraat
Diere wat ‘n ruggraat het (gewerweldes).
Endoskelet
‘n Geraamte wat aan die binnekant van die liggaam sit. Dit bestaan uit ‘n ruggraat en bene en word met spiere en weefsel bedek.
Eksoskelet
‘n Harde, buitenste laag of dop wat ongewerwelde diere beskerm en ondersteun.
Ledemate
Bene, arms of stert.
Hooforgane
Organe in die liggaam wat absoluut noodsaaklik is om te kan lewe.
Gewrig
Die plek in ‘n skelet waar twee bene bymekaar kom.
Ligamente
Weefsel wat by gewrigte twee bene aan mekaar heg.
Tendons
Taai koorde wat die spiere aan die bene vasheg.
Struktuur
Bestaan uit verskillende dele wat op ‘n spesifieke manier aanmekaar gesit is om ‘n vrag te ondersteun en stewigheid te bied.
Raamstruktuur
‘n Struktuur wat bestaan uit ‘n paar dele wat saamgevoeg is. Dit bied ondersteuning van die binnekant af en moet sekere gewig kan dra.