Eenheid 2 Flashcards
Wat is die geraamte se 3 belangrike funksies?
VOB
1. Dit gee vorm aan die dier se liggaam.
2. Dit ondersteun die dier se liggaam.
3. Dit beskerm die interne organe.
Hoeveel verskillende bene is in ‘n volgroeide mens se skelet?
206
Skouergordel:
Stel bene waaraan die voorste ledemate geheg is.
Heupgordel:
Deel van die skelet waar die heupbene voorkom wat die agterste ledemate ondersteun.
Kraakbeen:
Buigbare sterk stof wat as kussinkies dien tussen die bene en gewrigte
Gewrig:
Die plek waar 2 of meer bene bymekaar kom. Kraakbeen kom by gewrigte voor.
Ledemate:
Been, arm of stert.
Romp:
Die liggaam van ‘n dier sonder kop of ledemate.
Jou geraamte beskerm jou ________ en ook ________
hooforgane
ander dele van jou liggaam.
Hooforgane:
Organe wat noodsaaklik is om te kan lewe. Bv. Brein, hart en longe
Wat is die funksie van die ruggraat?
OB:
O: Ondersteun die bolyf
B: Beskerm die rugmurg
Rugmurg
Dit loop deur die holtes van die ruggraat (werwelkolom).
Dit bestaan uit delikate senuweeweefsel.
Jou brein stuur boodskappe na die res van jou liggaam deur jou rugmurg.
As dit nie beskerm word nie, kan mens verlam word.
Funksie van ledemate
Arms en bene
Saam met die bladbeen en heupbeen maak beweging moontlik.
Aantal bene in hande en voete
Hande het elk 27 bene
Voete het elk 26 bene
Hande en voete bevat die meeste bene in jou liggaam: 106 bene altesaam.