Verhoudings Flashcards
Wat is ‘n verhouding?
‘n Verhouding vergelyk dieselfde hoeveelhede.
Wanneer kan ‘n verhouding gebruik word?
Dit kan slegs gebruik word as hoeveelhede in dieselfde eenhede gemeet word.
Wie gebruik verhoudings in hul werk?
Argitekte, ontwerpers en kartograwe gebruik verhoudings wanneer hulle planne of kaarte teken.
Het verhouding eenhede?
Verhouding het nie eenhede nie.
Wat is die belangrikheid van verhoudings?
Die vergelyking bly dieselfde, ongeag watter eenhede gebruik word.
Gee ‘n voorbeeld van verhouding.
1:30
Dit dui aan dat daar een onderwyser is vir elke 30 leerders.
Wat beteken die skryfwyse van verhouding?
Dit dui aan hoe een hoeveelheid in verhouding tot ‘n ander hoeveelheid is.
Dit word dikwels in die vorm van ‘n breuk of ‘n dubbelepunt geskryf.
Wat staan eerste in ‘n verhouding skryfwyse?
Dit wat jy eerste lees staan altyd eerste.
Byvoorbeeld, in ‘n verhouding van 1:30, is 1 die eerste waarde.