TERMINOLOGIE Flashcards
Mengsel
2 of meer stowwe wat meng en nie chemies met mekaar bind nie.
Stowwe behou elk sy die eienskappe
3 mengsels oplossings, suspensies en kolloides
Oplossing
Is mengsel waar een stof deur ander geabsorbeer word om een te vorm
Suspensie
Mengsels waar een stof se deeltjie te groot is om deur ander stof geabsorbeer te word
Twee stowwe is dus steeds maklik onderskeibaar
Kolloide
Mengsel waarvan stowwe eweredig versprei is en dus nie na bodem sink nie
Homogene mengsels
Kom voor asof dit een substans is, dit het met ander woorde eenvormige samestelling soos soutwater
Opgeloste stof/oplosbare stof
Substans wat opgeneem of geabsorbeer word deur ander substans in ‘n oplossing / sout is ‘n voorbeeld van opgeloste stof in soutwater oplossing
Oplosmiddel
Die substans wat opgeneem of geabsorbeer word deur ‘n ander om ‘n ander oplossing te vorm. / water is ‘n voorbeeld van ‘n oplosmiddel in ‘n soutwater oplossing
Kookpunt
Die temperatuur van ‘n vloeistof wanneer dit begin kook en sodoende in ‘n gas verander. Kookpunt van verskillende vloeistowwe verskil van mekaar. Water kook by 100C afhangende van die lugdruk
Smelpunt
Smeltpunt van ‘n substans is die temp wanneer ‘n vaststof oorgaan na die vloeistoffase. Smeltpunt van ys is 0C
Vriespunt
Die temperatuur van ‘n vloeistof wanneer dit oorgaan na die vastestoffase
Oplosbaarheid
Oplosbaarheid verweis na die eienskap van vastestowwe, vloeistowwe en gasse om op te los in ‘n ander vaststof, vloeistof of gas
Onoplosbaar
Wanneer ‘n substans nie oor die eienskap beskik om in ‘n ander substans op te los nie
Versadigingspunt
Die stadium wanneer ‘n oplossing nie nog van die substans (opgeslote stof) kan opneem nie
Sublimasie
Wanneer ‘n stof direk vanaf die vastestoffase na die gasfase verander en dus die vloeistoffase oorslaan