GESTEENTES Flashcards
Wie was Inge Lehman en waarvoor was sy bekend
Deense seismoloog en geo-fisikus
Bekend vir ontdekking dat die aarde ‘n soliede binnekern en gesmelte buitekern het
Wat is ‘n seismoloog
Wetenskaplike wat aardbewings en planetêre aktiwiteite bestudeer
Wat is fossiele
Oorblyfsels of bewyse van lewe van organismes wat in die verlede geleef het
Hulle het natuurlik behoue gebly
Noem en bespreek die twee tipes fossiele
Liggaamsfossiele en Spoorfossiele
Liggaamsfossiele: Bewaarde oorblyfsels van die liggaam van die plant of dier bv. die bene van diere of sade van plante
Beskryf spoorfossiele
Die bewaarde oorblyfsels van aktiwiteite van plante of diere, bv. spore van diere en gefossileerde eierdoppe
Noem die drie tipes gesteentes
Sedimentere, Stollings en Metamorfiese gesteentes
Hoe vorm Sedimentere gesteentes
1 Sediment (sand of minerale) word deur wind en weer in groot watermassas gedeponeer
2 Sediment sak tot op die bodem en vorm lae daar
3 Lewende organismes word tussen lae vasgevang
4 Druk van die water en die sediment vorm fossiele
5 Die proses vind oor baie jare plaas
Wat kan alles in die sedimentêre gesteentes bewaar word
Die oorblyfsels van bene of skulpe en sade en houtagtige dele van plante
Hoekom is fossiele van waterlewe baie meer algemeen as die van landlewe
As gevolg van die manier waarop dit gevorm is. Organismes in die see is volop
Waar word fossiele van landplante en landdiere aangetref
In riviere, mere en riviermondings
Word alle dele van diere as fossiele bewaar
Nee
Sagter dele soos spierweefsel, vel en organe ontbind
Waar of onwaar - lewende organismes sal as fossiele opeindig
Onwaar
Dit is baie onwaarskynlik
Waar of onwaar - fossilering van organismes van lewend na klip en material is lank, gekompliseerd en baie spesifiek
Waar
Noem 5 metodes waarop fossilering of bewaring van organismes kan plaasvind
Vinnige bedekking van die organisme na hulle dood Bewaring sonder verandering Totale vervanging deur 'n mineraal Afdrukke van bewyse van lewe Dun lagie koolstof Verstening
Hoe vorm stollingsgesteentes
Vorm wanneer magma (onder die aardoppervlak) en lawa (bo die oppervlak van die aarde) afkoel en dan stol of verhard.
Hoeveel verskillende soorte stollingsgesteentes is daar
Daar is meer as 700
Hoe word stollingsgesteentes gegroepeer:
1 op grond van die minerale waaruit hulle saamgestel
is
2 die tyd wat dit geneem het om af te koel,
3 waar die afkoeling plaasgevind het.
Noem die 5 tipes stollingsgesteentes
GRANIET BASALT PUIMSTEEN OBSIDIAAN TUFSTEEN
Bespreek Graniet as Stollingsgesteente
- waar dit vorm
- waaruit dit vorm
- afkoeling
- voorkoms (hoe dit lyk)
• vorm binne die aardkors.
• vorm vanuit magma wat ryk is aan silika
• koel af voor dit die oppervlak van die aarde bereik
• tydsame afkoeling of stolling onder die opp van
die aarde
- groot kristalle word so gevorm
Wat is silika
Dit is ‘n verbinding tussen silikon en suurstof
Waarvoor word graniet gebruik en waarom
in konstruksie gebruik
Graniet is sterk
Bespreek Basalt as Stollingsgesteente
- waar dit vorm
- waaruit dit vorm
- afkoeling
- voorkoms (hoe dit lyk)
vorm wanneer lawa die oppervlak van die aarde bereik
lawa se temperatuur wissel tussen 1100’C en 1250°C
koel binne enkele dae af om ‘n soliede rots te vorm
donker van kleur en het n fyn grein
kom op groot dele van die aarde se oppervlak voor, veral op die bodem van die see.