Taalkunde Simantiek Flashcards
Wat behels verhoudings van semantiese insluiting? (Voorbeelde uit Afrikaanse woordeboeke)
Leksikale items bestaan nie in isolasie nie, maar vertoon op
semantiese vlak onderlinge verbande met mekaar
* In die leksikon is daar ’n netwerk van betekenisbetrekkinge
* Twee hooftipes betekenisbetrekkinge is semantiese insluiting en
semantiese teenstelling
Semantiese insluiting
Verhoudings van semantiese insluiting behels die verhouding tussen woorde waar die betekenis van een woord of konsep die betekenis van ‘n ander woord insluit of oorvleuel. Dit word dikwels gesien in hiërargiese verhoudings tussen woorde in ‘n taal, waar ‘n breër of meer algemene term die betekenis van ‘n meer spesifieke term insluit. Hier is ‘n paar voorbeelde van verhoudings van semantiese insluiting uit Afrikaanse woordeskat:
Voël en duif: “Voël” is ‘n algemene term wat alle voëlsoorte insluit, terwyl “duif” ‘n spesifieke tipe voël aandui. Dus, “voël” sluit “duif” in.
Blom en roos: “Blom” is ‘n oorkoepelende term vir alle blomplante, en “roos” is ‘n spesifieke soort blom. “Blom” sluit dus die betekenis van “roos” in.
Vrug en appel: “Vrug” is ‘n algemene term vir eetbare vrugte, en “appel” is ‘n spesifieke tipe vrug. Daarom sluit “vrug” die term “appel” in.
Betekenisbetrekkinge wat vir semantiese insluiting voorsiening
maak, kan in drie hooftipes verdeel word, te wete sinonimie,
hiponimie en meronimie
* Sinonimie: In ’n gegewe gebruiksgeval is daar ’n
betekenisoorvleueling tussen twee of meer leksikale items:
meegaande x bygaande
* Hiponimie: Die betekenis van ’n groep leksikale items word deur die
betekenis van ’n ander leksikale item ingesluit: sjokolade, toffies,
fudge, … : lekkergoed
* Meronimie: ’n Soort semantiese verhouding tussen woorde wat ’n
deel-geheel verhouding behels: die arm van ’n stoel
Verskil tussen sinonimie, hiponimie en meronimie met spesifieke voorbeelde uit Afrikaanse woordeboeke?
Sinonimie
Twee of meer vorme met nou verwante betekenisse, wat dikwels,
maar nie altyd nie, plaasvervangend in sinne gebruik kan word (Yule,
1996:95).
* Woorde wat tot dieselfde paradigma behoort
(bv. natuur, natuurlik, naturalis, naturalisties, ens.)
* Identiese verwysing is noodsaaklik wanneer die leksikale items na iets
verwys
(bv. die polisie het ’n liggaam gekry of die polisie het ’n lyk gekry, maar NIE jy moet
jou liggaam oppas of jy moet jou lyk oppas nie)
In Afrikaans weet ons dat daar woordpare is wat groot
betekenisooreenkoms vertoon, ons weet ook dat sommige woordpare
meer sinoniem is as ander.
“These two intuitions seem to point to something like a scale of synonymity”
(Cruse, 1986:265).
*My hond het ongelukkig gisteraand in sy slaap gesneuwel.
*Hy het toe gevrek van sy sportbeserings
Dit gaan nie net oor “woorde met dieselfde betekenis” nie, maar oor
die spesifieke gebruike waar dié oorvleueling plaasvind
* Vergelyk woordpare soos die volgende en hulle gebruik in
verskillende kontekste:
* pianis x klavierspeler
* linguistiek x taalwetenskap
* mooi x aantreklik
* By hierdie vorm van semantiese insluiting word daar twee subtipes
onderskei, te wete absolute sinonieme en gedeeltelike sinonieme
Absolute sinonieme
Deel alle betekenisonderskeidings met mekaar
* Toon geen betekenisuitbreidings waarin albei woordpare nie deel nie
* Kan mekaar in alle kontekste vervang, sonder dat die waarheidswaarde
van die sinne waarin hulle optree, verander
Bv. wenteltrap en draaitrap
wenteltrap – trap wat spiraalsgewys opwaarts lei, draaitrap
draaitrap – trap wat met draaie oploop, wenteltrap
Taal is ’n ekonomiese stelsel en verdra normaalweg nie oortolligheid nie – absolute
sinonieme is dus baie skaars
* Behoefte aan stilistiese verskille waar een woord, afhangende van die situasie, bo
’n ander verkies sal word
* Register (taalgebruik wat pas by ’n bepaalde beroep of ’n sekere sosiale groep) of
die styl (aard van die situasie: informeel, formeel, verhewe) speel ’n rol
Bv. Pediater – kinderdokter
Botanie – plantkunde
Abdomen – buik – maag - pens
* Meerderheid sinonieme lê iewers op die skaal wat Cruse voorstel – gedeeltelike
sinonieme
Konsulteer en raadpleeg – Hierdie woorde het identiese betekenis en gebruik, en albei beteken om iemand om advies te vra.
Gedeeltelike sinonieme
Dit is die algemeenste vorm van sinonimie
* Altyd betekenisonderskeidinge wat verskil
* Kan mekaar nie in absoluut alle kontekste vervang nie
* Kan mekaar nie in ’n vaste uitdrukking vervang nie
Bv. dronk, besope, beskonke, aangeklam, hoenderkop, hoog in die takke, geswael
Sinonimie geld tussen leksikale items:
Sinonimie is nie ’n betekenisbetrekking wat slegs tussen woorde geld
nie
* Dit geld op leksikale vlak
* Die sinonieme hoef nie dieselfde tipe leksikale item te wees nie:
* her- x weer (hertoelaat x weer toelaat)
* opper x te berde bring
* dronk x hoog in die takke
Leerling en student
Hiponimie
Semantiese verhouding van insluiting
* Bv. affodil – blom; hond – dier; poedel – hond; wortel - groente
* Die betekenis van een leksikale item (die superordinaat) sluit die
betekenis van ander leksikale items (die subordinate of hiponieme) in:
* hond x poedel, basset, corgi
* Alle poedels is honde, maar nie alle honde is poedels nie
* Eenrigtingimplikasie
Hiponimiese verhoudings – die betekenis van woorde in ’n hiërargiese
verhouding
algemene vlak (troeteldier) - basisvlak (hond) - spesifieke vlak (labrodor)
Superordinaat- dier
Hiponieme/
subordinate - kat
Kohiponieme- voel
Werkwoorde: insluiting en troponieme
* Insluiting – bv. snork & slaap
* Troponieme – die manier waarop ’n handeling uitgevoer word, bv. neurie & sing
* Die hele Afrikaanse woordeskat in ’n hiërargiese struktuur – nie al die plekke
kan gevul word nie
* Bv. klein diertjies > kalf, lam, welpie, kitten ?, puppy ?
* Leemtes in die hiponimiese struktuur = leksikale gapings
* Duidelike behoefte aan ’n woord - leen soms ’n woord uit ’n taal waar so ’n
gaping nie voorkom nie
* Bv. sibbe > broers en susters (siblings)
vb= resepte
Vrug (hiperniem) en appel (hiponiem) – ‘Vrug’ is die algemene term, en ‘appel’ is ‘n spesifieke tipe vrug.
Meronimie
’n Soort semantiese verhouding tussen woorde wat ’n deel-geheel verhouding
behels en ons kan help om spesifieke dele of komponente van groter dinge, soos
die arm van ’n stoel of die enjin van ’n motor, te beskryf
* ’n Meroniem is ’n woord wat verwys na ’n deel of komponent van ’n groter
geheel, bv. toon is ’n meroniem van voet
* ’n Holoniem is ’n woord wat verwys na ’n groter geheel waarvan ’n deel of
komponent benoem is, bv. voet is ’n holoniem van toon
* Bv. Been > liggaam; wiel > motor; deur > huis; blad > tafel; snaar > kitaar;
dak > gebou; vlerk > vliegtuig
Verskillende subtipes meronimie:
* Geheel > deel (maand > dag)
* Geheel > funksionele komponent (kar > enjin)
* Versameling > lid (trop > leeu)
* Geheel > stof (pyp > koper)
Nie so sentraal tot die leksikale/semantiese organisasie soos die ander leksikale
verhoudings nie
* Die verhouding tussen meronieme en holonieme is nie so noodsaaklik soos die
verhouding tussen hiponieme en hulle hipernieme (superordinate) nie, want
* Talle dele is opsioneel – ’n vlerklose voël is steeds ’n voël en
* Dieselfde deel-name kan op verskillende gehele van toepassing wees - handvatsel,
is altyd ’n deel-naam, maar is nie die deel van ’n spesifieke ding nie, aangesien
deure, bekers, tasse en hammers almal (baie verskillende) handvatsels het
* Meroniem-verhoudings kan help om woorde te definieer, maar nie soveel soos
die ander leksikale verhoudings nie
Voorbeelde van
meronimie
Motorhandleidings - bevat
dikwels beskrywings van
spesifieke dele van ’n motor,
wat meronieme van die geheel
is
* Reisgidse - bevat dikwels
beskrywings van spesifieke
besienswaardighede of
landmerke binne ’n stad of
streek
Dag > son > goud, bloos – idee van daglig, sonskyn, hitte, vrolik, waardevol, gesond
Nag > hemel – idee van aand, sterre, plek van volkome geluk
Hemel > troon – idee van paradys, iets wat uitblink, geestelike verbintenis
See > Victoriabaai – spesifieke plek en see as hoofeienskap van die plek
See > Branders > skuim – eienskappe van die see
Seemeeu > draai – verbind met see, idee van sweef, om ’n middelpunt (Victoriabaai) beweeg
Heuwel > rots > kliptroon – hoogte, idee van steun, standvastigheid, stel see as die hemel voor met
kliptroon
Kop > gedagtes – denkbeeld, onthou, aandag aan ’n saak wy (Victoriabaai)
Hoop > wens – verwagting, vaste vertroue, verlange, begeerte (ook teenoor spesifieke plek)
Hart > siel – diep voel oor iets, onsterflike deel van die mens, gees, gemoed, kern (plek)
Motor (holoniem) en wiel, deur, enjinkap (meronieme) – ‘n Motor bestaan uit hierdie dele
Verskaf drie redes waarom daar gedeeltelike sinonieme voorkom met voorbeelde uit verskillende tekstipes in Afrikaans?
Gedeeltelike sinonieme
* Dit is die algemeenste vorm van sinonimie
* Altyd betekenisonderskeidinge wat verskil
* Kan mekaar nie in absoluut alle kontekste vervang nie
* Kan mekaar nie in ’n vaste uitdrukking vervang nie
Bv. dronk, besope, beskonke, aangeklam, hoenderkop, hoog in die takke, geswael
In die semantiek word ’n onderskeid gemaak tussen intratalige en
intertalige betrekkinge
* Intratalige betrekkinge geld binne die leksikon van een taal
* Betrekkinge soos sinonimie, hiponimie en semantiese teenstelling geld
veral op intratalige vlak
* Intertalige betrekkinge geld oor taalgrense heen
Sinonimie geld binne die leksikon van een taal
* Waar leksikale items van een taal semanties ooreenstem met
leksikale items van ’n ander taal word daar eerder van
vertaalekwivalente gepraat
* Soos sinonieme geld vertaalekwivalente binne sekere
gebruiksomgewings
Vertaalekwivalente
Die spesifieke gebruik en gebruiksomgewing van die Afrikaanse
woord betrokke sal bepaal watter een van die Engelse
vertaalekwivalente die gepaste een is
* betrokke x cloudy, overcast, obscured, concerned
Lekevertalers maak dikwels foute met die keuse van ’n vertaalekwivalent omdat
’n woordeboek nie altyd die nodige ondersteunende data bied nie
* Die konteks (die pragmatiese omgewing – sosiale en kulturele konteks waarin ’n
taal gebruik word) sowel as die koteks (die sintaktiese omgewing – strukturele
konteks waarin ’n woord of frase binne ’n sin of groter teks gebruik word) van ’n
woord is bepalend vir die keuse van ’n vertaalekwivalent
* Pragmatiese omgewing (die verhouding tussen die spreker en luisteraar, die vlak
van formaliteit of informaliteit, die doel van die kommunikasie en die kulturele
norme en verwagtinge van die spraakgemeenskap)
* Sintaktiese omgewing (grammatikale funksie van die woord of frase (onderwerp,
voorwerp, byvoeglike naamwoord, bywoord, ens.), die grammatikale verwantskappe
tussen die woorde (ooreenkoms, ondergeskiktheid, koördinasie, ens.), en die
algehele struktuur van die sin of groter teks - die sintaktiese omgewing kan die
betekenis en interpretasie van woorde en frases beïnvloed)
Verduidelik twee belangrike implikasies van gradeerbare antonieme en verskaf voorbeelde uit Afrikaans?
Gradeerbare antonieme
Normatiwiteit:
* Betekeniswaarde van ’n antoniem word bepaal in samehang met die saak waarna daar
verwys word (globale afhanklikheid).
* Bv. Groot olifant / groot muis
* Bv. Diep bad /diep rivier
* Die saak (olifant en muis, en bad en rivier) tree as norm op met betrekking tot die
betekenisinhoud wat aan lede van die antoniempaar toegeken word
Gemerktheid:
* Antoniempare bestaan uit ’n gemerkte en ’n ongemerkte lid. In ’n vraagsin word die
ongemerkte lid gewoonlik gebruik sodat die antwoord nie vooruitgeloop word nie.
* Bv. Hoe lank is sy? / Hoe ver is die kar? (ongemerkte lid)
* Bv. Hoe kort is sy? / Hoe naby is die skool? (gemerkte lid en bepaalde vooronderstelling)
- het gewoonlik geimpliseerde waarde en dien as neutraal bv. lank is neutraal
- baie gradeerbare antonieme is een item met ‘n geimpliseerde waarde en een neutrale term bevat bv. oud en jonk, swaar en lig
Illustreer hoe woorde verskillende teenoorgesteldes in verskillende kontekste kan hê (gebruik verskillende tekstipes uit Afrikaans as voorbeelde)?
Semantiese teenstelling/opposisie val in verskillende subtipes uiteen
* ’n Belangrike onderskeid is dié tussen drie soorte
teenoorgesteldheid, naamlik:
1. komplementêre teenoorgesteldes
2. gradeerbare antonieme
3. omkeerbare teenoorgesteldes
- Komplementêre teenoorgesteldes
Twee uiterstes van ’n konseptuele domein wat in twee wedersyds uitsluitende
kompartemente verdeel word
* ’n Teenstellingsbetrekking waar die lede van die komplementêre paar in ’n óf …
óf-verhouding tot mekaar staan (either/or relationship) – dit wat in die een
kompartement val, val nie in die ander een nie
* Bv. Die hasie is dood. / Die hasie is lewendig.
*Die hasie was nie dood of lewendig nie.
* Die bevestiging van een lid van ’n komplementêre paar impliseer die ontkenning
van die ander lid en die ontkenning van een lid impliseer die bevestiging van die
ander lid
* Bv. Wat hy sê, is nie waar nie./ Wat hy sê, is vals.
Gradeerbare teenoorgesteldes of antonieme
Antonieme verteenwoordig verskillende punte op ’n graderingskaal
* Adjektiewe wat grade van ’n eienskap aandui, soos lengte (lank x kort),
spoed (vinnig x stadig), gewig (maer x vet)
* Het trappe van vergelyking (lank, langer, langste) en kan verbind word
met graadwoorde soos baie vinnig en geweldig stadig
* Antonieme kan in vergelykende konstruksies gebruik word, bv. groter as of
kleiner as
* ’n Hele reeks grade kan tussen die twee teenoorgestelde uiterstes van ’n
skaal lê: snikheet – warm – koel – koud - yskoud
* Die ontkenning van die een lid impliseer nie noodwendig die bevestiging
van die ander lid nie (dit is nie juis baie warm nie, beteken nie dat dit
baie koud is nie)
Normatiwiteit:
* Betekeniswaarde van ’n antoniem word bepaal in samehang met die saak waarna daar
verwys word (globale afhanklikheid).
* Bv. Groot olifant / groot muis
* Bv. Diep bad /diep rivier
* Die saak (olifant en muis, en bad en rivier) tree as norm op met betrekking tot die
betekenisinhoud wat aan lede van die antoniempaar toegeken word
Gemerktheid:
* Antoniempare bestaan uit ’n gemerkte en ’n ongemerkte lid. In ’n vraagsin word die
ongemerkte lid gewoonlik gebruik sodat die antwoord nie vooruitgeloop word nie.
* Bv. Hoe lank is sy? / Hoe ver is die kar? (ongemerkte lid)
* Bv. Hoe kort is sy? / Hoe naby is die skool? (gemerkte lid en bepaalde vooronderstelling)
- Omkeerbare teenoorgesteldes
Sekere woordpare word as omkeerbare teenoorgesteldes beskou
* Bv. gee x neem; koop x verkoop; vasmaak x losmaak (omgekeerde effek; aksie)
* Bv. pa x seun; dokter x pasiënt; werknemer x werkgewer (teenoorgestelde
verhouding)
* Die woord gee veronderstel dat daar geneem is, dokter dat daar ’n pasiënt is,
losmaak dat iets vasgemaak was
* Moet kyk na die sinne waarin die leksikale items gebruik word - die een lid is
(sintakties beskou) die omgekeerde van die ander. Indien die een
teenoorgestelde met die ander vervang word, ruil die onderwerp (Jan) en
voorwerp (Piet) ook om:
* Bv. Jan gee vir Piet die sleutel.
* Bv. Piet ontvang die sleutel van Jan.
Woorde het verskillende teenoorgesteldes in verskillende kontekste,
afhangende van watter van die woorde se eienskappe die mees
relevant is om binne ’n spesifieke konteksgebruik te kontrasteer.
* Voorbeelde in tekste/toesprake wat jy gereeld teëkom…
Boek en fliekresensies:
* Teenoorgesteldes word in boek- en fliekresensies gebruik om die
resensent te help om sy/haar gedagtes en gevoelens oor te dra op ’n
manier wat beide duidelik en oortuigend is.
* Resensente kan met behulp van teenoorgesteldes ’n gevoel van
kontras skep wat hulle help om die sterk- en swakpunte van die werk
wat hulle hersien, uit te lig.
* Wanneer ’n resensent byvoorbeeld ’n roman bespreek wat hy/sy
beide opwindend en vervelig gevind het, kan hulle teenoorgesteldes
gebruik om hul gedagtes uit te druk.
Advertensies
Teenoorgesteldes kan in advertensies gebruik word om die verskil
tussen twee produkte (skoonheidsprodukte, kookware,
skoonmaakmiddels, ens.) of dienste (finansiële, gesondheids,
mediese, ens.) te beklemtoon, en om een produk of diens
aantrekliker as ’n ander te laat lyk.
* Kontrasterende kenmerke: Adverteerders kan teenoorgesteldes
gebruik om die verskille tussen twee produkte uit te lig, soos “stewig
en duursaam” teenoor “delikaat en broos”.
* Beklemtoon voordele: Adverteerders kan teenoorgesteldes gebruik
om die voordele van ’n produk te beklemtoon, soos “betroubaar”,
“maklik om te gebruik” teenoor “onbetroubaar” en “ingewikkeld”.
Politieke toesprake
Konteksgedrewe antoniempare word dikwels in politieke toesprake
gebruik om ’n strategies beplande oorreding van ’n spesifieke
teikengroep te kry.
* Politieke toesprake gebruik dikwels teenoorgesteldes om
verskillende standpunte te kontrasteer.
* Teenoorgesteldheid word deur sprekers gebruik om ’n groot invloed
op hulle gehoor te maak, om vertroue te kry, hulle te laat voel dat
hulle deel is, om die luisteraars te oortuig dat die interpretasie wat
deur die spreker gemaak word, die enigste korrekte interpretasie
is.
Verhouding tussen sinonimie en semantiese teenstelling en hoe hierdie konsepte help om betekenis in Afrikaans te verstaan?
‘n Sinoniem, dit wil sê ’n woord wat dieselfde betekenis as ’n ander woord
het (absolute x gedeeltelike sinonimie), word gegee in plaas van ’n
volledige verduideliking
* Om ruimte te bespaar probeer leksikograwe om nie dieselfde
betekenisparafrase in meer as een artikel te herhaal nie
* Waar daar dus ’n sinoniempaar is, word die uitvoerige betekenisparafrase
by die sinoniem met die hoogste gebruiksfrekwensie gegee
* Die betekenisparafrase by die ander lid van die sinoniempaar word slegs
deur middel van ’n sinoniem aangedui (kruisverwysingsaanduider na
artikel van sinoniem met hoogste gebruiksfrekwensie)
* Die leksikograaf moet, soos in die geval van alle ander gevalle van
kruisverwysing, verseker dat die laasgenoemde lemma wel in die
woordeboek opgeneem en behandel word
Definisie: Semantiese teenstelling, oftewel antonimie, verwys na woorde wat direkte of gradeerbare teenoorgestelde betekenisse het, soos “groot” en “klein” of “koud” en “warm”. Gradeerbare antonieme, soos “gelukkig” en “ongelukkig”, stel sprekers in staat om ’n reeks van intensiteite en nuanses te gebruik.
Voorbeeld: In die paar “lief” en “haat”, wat ’n absolute teenstelling is, word verskillende emosionele ekstremiteite uitgedruk. Gradeerbare teenstellings soos “warm” en “koud” kan verder in intensiteit verskil soos in “baie koud” of “effens warm”.
Betekenis: Teenstellings help om betekenis deur kontraste duidelik te maak, wat veral nuttig is om eienskappe of intensiteite te verduidelik en ’n ryker, meer genuanseerde begrip van konsepte te bevorder.
Hoe die Konsepte Betekenis Help Verduidelik in Afrikaans
Kontrastiewe en Relatiewe Begrip: Deur sinonieme en antonieme saam te verstaan, kan taalgebruikers verskille en ooreenkomste tussen woorde in konteks beter ontleed. Woorde kan meer betekenisvol geïnterpreteer word wanneer hulle in verhouding tot ander woorde beskou word. Die teenstellende en aanvullende funksies van sinonieme en antonieme maak dit makliker om ’n idee van intensiteit, stemming of relatiewe waarde oor te dra.
Voorbeeld in Leer en Begrip: As iemand leer oor die woord “versigtig” en dit koppel aan “onverskillig” (semantiese teenstelling) sowel as aan “bedagsaam” (sinonimie), help dit om die begrip van “versigtig” te verfyn en die relatiewe betekenis beter vas te vang.
Hierdie konsepte werk saam om die semantiese landskap van Afrikaans te verryk, wat dit moontlik maak vir sprekers om met presisie, kontras en nuanse betekenis oor te dra.
Wat behels semantiese verskeidenheid in die leksikon? (Voorbeelde uit Afrikaanse woordeboeke)
Alle leksikale items wat gebruik word om ’n sekere betekenisterrein
te dek, behoort tot daardie semantiese veld.
* ’n Semantiese veld is vir sy realisering afhanklik van leksikale items
om die terrein vas te pen.
* ’n Semantiese veld kan ook uit subvelde bestaan:
* Drafstap, draf, nael, hol (hardloop)
* Hardloop, loop, stap, wandel, drentel, slenter, strompel, kruip
(menslike beweging op land)
* Menslike beweging – saam met ander groepe ’n groter woordveld vorm
wat beweging in die algemeen aandui
Taaldinamika is ook op die vlak van semantiese velde merkbaar
* Daarom is semantiese velde voortdurend aan verandering
onderhewig;
* Plaat, langspeelplaat, bandopname, kasset, CD, DVD, …
* Woordveldteorie kan gebruik word om aan te toon hoe
taalverandering plaasvind, aangesien die wyse waarop die
semantiese ruimte verdeel word en in leksikale items gerealiseer
word, deurentyd verander.
Taal weerspieël die wêreldbeskouing van ’n bepaalde
taalgemeenskap.
* Taal- en kultuurverskille gaan noodwendig ’n invloed hê op die
manier waarop ’n bepaalde taalgemeenskap uiting gee aan ’n sekere
betekenis.
Die leksikalisering (verwoording) van betekenis vind op ’n
taalspesifieke manier plaas.
* Dit bring mee dat ’n bepaalde betekenis op verskillende maniere in
verskillende tale tot uiting kom en verskillende woordvelde, d.w.s.
die groep leksikale items wat een semantiese veld daarstel, tot
gevolg het.
* Vgl. bv. kleur- en verwantskapsterme
* Die kinders van ’n mense se ouers se broers of susters = Neef (manlik) en niggie
(vroulik) x cousins (sonder geslagsonderskeid)
* Die kinders van jou broer of suster = broers- of susterskind (gebruik ook neef en
niggie as sinonieme) x niece (vroulik) en nephew (manlik)
Leksikale gapings
Vir die items in ’n bepaalde semantiese veld is daar dikwels nie ’n
een-tot-een verhouding tussen twee tale nie.
* Dit lei tot die vasstelling van leksikale gapings.
* ’n Leksikale gaping is die afwesigheid van ’n leksikale item op ’n
plek waar sy aanwesigheid verwag sou kon word.
* Die vasstelling van ’n leksikale gaping voorveronderstel ’n bepaalde
patroon.
Daar word ’n onderskeid gemaak tussen twee tipes leksikale gapings,
te wete linguistiese gapings en referensiële gapings.
* ’n Linguistiese gaping kom voor waar die taalgemeenskap vertroud
is met ’n bepaalde saak maar nie ’n woord het om dit mee te
benoem nie.
* ’n Referensiële gaping kom voor waar die woord ontbreek omdat
die sprekers nie vertroud is met die saak waarna die woord verwys
nie.
Verduidelik die verskil tussen polisemie en homonimie met voorbeelde uit Afrikaanse woordeboeke?
Verduidelik leksikale ambivalensie met voorbeelde uit Afrikaanse advertensies of nuusopskrifte?
Definieer die konsepte vals vriende en gedeeltelike vals vriende en verskaf voorbeelde uit ten minste twee tale, waarvan Afrikaans een is?
Vals vriende (faux amis)
In sulke tale is daar dikwels items wat vormlik ooreenstem maar wat nie
ekwivalente is nie
* Faux amis, ook bekend as vals vriende, is woorde wat soortgelyk is in
vorm, maar verskillende betekenisse in twee of meer tale het
* Hulle kan misleidend wees vir taalaanleerders en verwarring in beide
geskrewe en gesproke taal veroorsaak, aangesien die woorde op dieselfde
manier uitgespreek of gespel kan word, maar verskillende betekenisse het
* Tussen Afrikaans en Engels:
band x band; see x see; loop x loop
* Tussen Afrikaans en Nederlands:
vaak x vaak; als x als
Gedeeltelike vals vriende
Absolute vs gedeeltelike vals vriende
* Verwante maar teenstellende betekenisse
* Byvoorbeeld - Nederlands x Afrikaans: amper x amper
* Soortgelyke betekenis (verwant aan ’n klein hoeveelheid of nabyheid),
maar hul gebruik en konteks verskil in elke taal
* Afrikaans: Ek is amper klaar (positiewe sin om aan te dui dat iets naby
aan voltooiing is)
* Nederlands: Hij kwam amper tijdens de deadline (negatiewe sin om
aan te dui dat iets net of skaars plaasgevind het)
* Nederlands amper = Afrikaans amper nie
- Verskillende polisemiese onderskeidinge
* Nederlands x Afrikaans: bestellen x bestel
* Nederlands bestellen “to order”, “to deliver”
* Afrikaans bestel “to order”
* Vergelyk Afrikaans: ‘n dagvaarding bestel - Verskillende registers
* Nederlands x Afrikaans kar
* In Afrikaans verwys “kar” tipies na ’n voertuig, soos ’n motor of vragmotor.
Dit kan in ’n informele, alledaagse konteks gebruik word.
* In Nederlands verwys “kar” tipies na ’n karretjie of wa. Dit kan ook in ’n
meer formele of argaïese konteks gebruik word om na ’n tipe koets te
verwys.
Verduidelik hoe leksikale gapings in verskillende tale kan voorkom, die verskil tussen ’n linguistiese gaping en ’n referensiële gaping??? en verskaf voorbeelde uit Afrikaans en een of meer ander taal? (sien ook tweetalige woordeboeke)
Taaldinamika is ook op die vlak van semantiese velde merkbaar
* Daarom is semantiese velde voortdurend aan verandering
onderhewig;
* Plaat, langspeelplaat, bandopname, kasset, CD, DVD, …
* Woordveldteorie kan gebruik word om aan te toon hoe
taalverandering plaasvind, aangesien die wyse waarop die
semantiese ruimte verdeel word en in leksikale items gerealiseer
word, deurentyd verander.
taal en kultuur verskille
Taal weerspieël die wêreldbeskouing van ’n bepaalde
taalgemeenskap.
* Taal- en kultuurverskille gaan noodwendig ’n invloed hê op die
manier waarop ’n bepaalde taalgemeenskap uiting gee aan ’n sekere
betekenis.
Die leksikalisering (verwoording) van betekenis vind op ’n
taalspesifieke manier plaas.
* Dit bring mee dat ’n bepaalde betekenis op verskillende maniere in
verskillende tale tot uiting kom en verskillende woordvelde, d.w.s.
die groep leksikale items wat een semantiese veld daarstel, tot
gevolg het.
* Vgl. bv. kleur- en verwantskapsterme
* Die kinders van ’n mense se ouers se broers of susters = Neef (manlik) en niggie
(vroulik) x cousins (sonder geslagsonderskeid)
* Die kinders van jou broer of suster = broers- of susterskind (gebruik ook neef en
niggie as sinonieme) x niece (vroulik) en nephew (manlik)
Leksikale gapings
Vir die items in ’n bepaalde semantiese veld is daar dikwels nie ’n
een-tot-een verhouding tussen twee tale nie.
* Dit lei tot die vasstelling van leksikale gapings.
* ’n Leksikale gaping is die afwesigheid van ’n leksikale item op ’n
plek waar sy aanwesigheid verwag sou kon word.
* Die vasstelling van ’n leksikale gaping voorveronderstel ’n bepaalde
patroon.
Daar word ’n onderskeid gemaak tussen twee tipes leksikale gapings,
te wete linguistiese gapings en referensiële gapings.
* ’n Linguistiese gaping kom voor waar die taalgemeenskap vertroud
is met ’n bepaalde saak maar nie ’n woord het om dit mee te
benoem nie.
* ’n Referensiële gaping kom voor waar die woord ontbreek omdat
die sprekers nie vertroud is met die saak waarna die woord verwys
nie.
Bv. tronk (uit Maleis) en gevangenis (uit Nederlands)
Verduidelik die impak van leksikale keuses op betekenis in vertaalde tekste (Voorbeelde uit vertaalde tekste met Afrikaans en Engels of Afrikaans en Nederlands as taalpare)
Vertaalekwivalente
Die spesifieke gebruik en gebruiksomgewing van die Afrikaanse
woord betrokke sal bepaal watter een van die Engelse
vertaalekwivalente die gepaste een is
* betrokke x cloudy, overcast, obscured, concerned
Lekevertalers maak dikwels foute met die keuse van ’n vertaalekwivalent omdat
’n woordeboek nie altyd die nodige ondersteunende data bied nie
* Die konteks (die pragmatiese omgewing – sosiale en kulturele konteks waarin ’n
taal gebruik word) sowel as die koteks (die sintaktiese omgewing – strukturele
konteks waarin ’n woord of frase binne ’n sin of groter teks gebruik word) van ’n
woord is bepalend vir die keuse van ’n vertaalekwivalent
* Pragmatiese omgewing (die verhouding tussen die spreker en luisteraar, die vlak
van formaliteit of informaliteit, die doel van die kommunikasie en die kulturele
norme en verwagtinge van die spraakgemeenskap)
* Sintaktiese omgewing (grammatikale funksie van die woord of frase (onderwerp,
voorwerp, byvoeglike naamwoord, bywoord, ens.), die grammatikale verwantskappe
tussen die woorde (ooreenkoms, ondergeskiktheid, koördinasie, ens.), en die
algehele struktuur van die sin of groter teks - die sintaktiese omgewing kan die
betekenis en interpretasie van woorde en frases beïnvloed
Verduidelik watter twee kontekste in ag geneem moet word tydens die keuse van ’n vertaalekwivalent met voorbeelde uit Afrikaanse woordeboeke?