Letterkunde Drama Flashcards
Begripsverklarings oor die drama
Drama is ’n oorkoepelende term wat gebruik word om na ’n spesifieke literêre genre te verwys. Naas die prosa en die poësie is die drama een van die drie vormsoorte (genres) binne die literatuur wat ons in die literatuurwetenskap bestudeer.
Die dramateks word spesifiek geskryf om opgevoer te word. Daar is ’n sterk verband tussen die teks en die opvoering daarvan. Ons verwys dus na die opvoeringsgerigtheid van die drama
Die opvoering van ‘n dramateks is die verwerkliking van die potensiaal van die geskrewe dramateks. Die opvoering is met ander woorde die voorstelling van karakters, gebeure, tyd en ruimte op ‘n verhoog voor toeskouers (Keuris, 1996: 1-4)
Struktuurelemente van die drama
In die drama onderskei ons meestal tussen handeling, karakters, ruimte en tyd as die belangrikste struktuurelemente van die drama.
Die drama besit dus die meeste van die struktuurelemente wat ’n mens ook in die prosa aantref, maar ’n vraag in die eietydse dramateorie is of daar wel ’n verteller in ‘n drama is wat sy/haar visie op sake afstempel (Richardson 2007). Wanneer ’n verteller ontbreek, moet die toeskouer of leser van die dramateks sy/haar eie gevolgtrekkings maak.
Gevalle waar ’n karakter vir ’n korter tyd ’n vertelfunksie gegun word
’n akteur/aktrise lewer kommentaar oor die handeling en die karakters in die drama;
’n akteur/aktrise vertel die gehoor wat hulle moet weet wat tussen tonele in die drama gebeur het;
’n karakter lees of skryf ’n dagboekinskrywing of brief waarmee die gehoor oor die handeling ingelig word.
Kyk ook na die volgende videogreep oor die koor in Griekse dramas wat dikwels ’n vertelfunksie het: https://www.youtube.com/watch?v=MlXi8LfKv-0
In die drama tree die verteller dus meestal as ’n karakter op indien daar hoegenaamd sprake van ’n verteller is.
Handeling
Die handeling in die drama is gekoppel aan die gebeure wat uitgebeeld word.
Die handeling verwys na sowel uiterlike handeling as innerlike gemoedsbewegings (byvoorbeeld groeiende jaloesie, groter begrip en insig) wat in die karakters plaasvind en op verskillende maniere op die verhoog uitgedruk word. Uiterlike handeling verwys na die fisieke gebeure wat die karakters uitbeeld of wat deur die invoering van ‘n eksterne ingryping (‘n deus ex machina: bo-natuurlike ingryping of natuurgebeurtenis) plaasvind
Die handeling in ‘n drama word ingedeel in handelingsegmente. Hierdie segmente dui op kleiner eenhede binne die verloop van die drama wat as ‘n min of meer afgeronde handelingsgeheel binne die drama aangedui kan word.
Die segmente val meestal saam met die op- en afgaan van karakters, maar alleenlik indien dit die ontwikkeling van die gesprek in ‘n ander rigting stuur.
Karakters en karakterisering
Tradisioneel word daar by karakters tussen twee botsende magte onderskei.
Die protagonis is die hoofspeler(s) rondom wie die dramatiese handeling wentel, die een wat voor ‘n dilemma of krisis te staan kom.
Die antagonis is die botsende mag wat die dilemma of krisis by die protagonis veroorsaak of kompliseer.
Die tritagonis is ‘n derde rolspeler wat die verloop van sake kan verander en spanning of ontspanning kan veroorsaak.
Hiernaas is daar ook baie ander karakters in dramas wat nie binne enige van die bogenoemde drie funksies inpas nie, maar wat wel noodsaaklik is vir die verloop van die dramatiese handeling.
Wanneer ons van karakterisering praat, verwys ons meestal na eksplisiete en implisiete karakterisering.
Eksplisiete karakterising vind plaas deur kommentaar wat deur ander karakters oor ’n spesifieke karakter gelewer word. Dit dien ter aanvulling van selfkarakterisering in die drama deurdat die karakter in sy monoloog en tersydes ‘n bepaalde beeld van homself skep.
Implisiete karakterisering vind plaas deur
die manier waarop die karakter praat (sy dialek, vloektaal, eenvoudige of verhewe taalgebruik ensovoorts) asook deur die keuse van gespreksonderwerpe wat hy of sy maak (verhoudings, geld, godsdiens ensovoorts).
karakteropenbarende konfliksituasies wat aan die gehoor verdere inligting oor die aard van die karakter bied.
openhartige gesprekke waardeur die karakter hom aan vertrouelinge ontbloot.
nierealistiese eksperimente soos om gedagtes hardop te laat uitspreek.
Ruimte
Inligting oor die ruimte waar karakters hulle bevind en waar die gebeure afspeel, word oorgedra deur
direkte omskrywings van die ruimte in die verhoogaanwysings
direkte verwysings na die ruimte deur die karakters en
op indirekte maniere deur die handelinge van die karakters
Die direkte omskrywings van die ruimte in die verhoogaanwysings is die inligting wat gewoonlik in die toneelaanwysings aan die begin van die eerste bedryf of toneel verstrek word.
Wanneer daar van ruimte verwissel word, moet dit dadelik aan die leser oorgedra word met die invoeging van verdere toneelaanwysings
Direkte verwysings na die ruimte deur die karakters vind plaas wanneer die karakters sê in watter ruimte hulle hulle bevind.
Hierdie direkte verwysings is veral nuttig wanneer daar vinnige verwisselings tussen ruimtes plaasvind of wanneer daar van terugflitse of vooruitwysings gebruik gemaak word.
Indirekte verwysings na die ruimte deur die karakter se handelinge verwys na handelinge wat karakters uitvoer, byvoorbeeld deur mimiek, om ’n bepaalde ruimte op te roep.
’n Rit op ’n trein wat ’n nuwe ruimte in die drama is, kan byvoorbeeld met die beligting en klank opgeroep word tesame met karakters wat met hulle liggame ’n trein opbou en dan verder die skommelbeweging van ’n trein namaak met die gesamentlike gewieg van hul liggame.
Tyd
Anders as in verhalende tekste waar die verteller spronge in die tyd kan maak, beleef die karakters die gebeure skynbaar direk in die hier-en-nou.
Die kronologiese volgorde van gebeure wat tipies van die tydstruktuur in die drama is, kan egter deurbreek word deur middel van terugflitse wat afgelope gebeurtenisse vir ’n tyd lank aanwesig stel.
Vooruitwysings kan ook die kronologiese tydstruktuur deurbreek wanneer ’n sprong na gebeure in die toekoms gemaak word.
Nog twee tydsaspekte wat by die drama van belang is, is die opvoeringstyd en die fiksionele / voorgestelde tyd.
By ’n opvoering staan die tyd wat dit in beslag neem om ‘n opvoering te laat afspeel (meestal een tot twee ure), bekend as die opvoeringstyd. Wanneer ’n mens ’n drama lees, kan dit vergelyk word met die leestyd wat die drama in beslag neem.
Die tyd wat deur die gerepresenteerde fiksionele gebeure gedek word, staan bekend as die voorgestelde tyd. In sommige dramas kan dit ’n periode van ’n enkele middag of aand wees; in ander dramas kan dit ’n periode van talle dekades of selfs eeue wees.
Dialoog en didaskalia
In die dramateorie onderskei ons tussen dialoog en didaskalia as twee komponente waaruit die dramateks bestaan.
Die dialoog is dit wat die karakter kommunikeer deur alles wat hy of sy sê. Die dialoog word soms die hoofteks van ‘n dramateks genoem. ’n Karakter se woorde en optrede kan met mekaar in ooreenstemming wees of daar kan ‘n teenstrydigheid wees tussen die woorde en die handelinge van die karakter.
Die handelinge van ’n karakter dra egter groter gewig as sy woorde aangesien daar feitlik altyd aangeneem word dat die optrede van ’n karakter ’n getrouer refleksie van sy ware aard is (Keuris, 1996: 68).
Die didaskalia sluit alles in wat nie die hoofteks (dialoog) in die drama is nie.
Dit sluit in:
die toneelaanwysings wat ook soms die neweteks genoem word
die titel van die drama
die karakterlys wat meestal voor in die dramateks gepubliseer word
die proloë en epiloë wat soms in dramatekste opgeneem word
Die toneelaanwysings is meestal die belangrikste komponent van die didaskalia.
In die neweteks ontvang die leser byvoorbeeld inligting oor die fisieke voorkoms van karakters, hulle gesigsuitdrukkings en ook die gebare en bewegings wat hulle op die verhoog maak. Ook inligting oor die stem en tipiese spraak van die karakter word in die neweteks weergee.
Inligting in die toneelaanwysings oor die karakters in Oorsee (Tertius Kapp)
Almal bars uit van die lag. Hulle lag histeries, trane in hul oë, dit herinner aan Emily Hobhouse se “terrible laughter of the Afrikaner”. Hulle lag so dat hulle daardeur ontstem raak en bedaar dan geleidelik. CANOLA besluit dis haar beurt vir ’n bydrae. Sy vertel die grap in ’n monotone stem sonder om die humor te verstaan.
CANOLA Die oom en die tannie gaat dokter toe: Die oom vra Viagra en die tannie vra antibiotika. Die dokter vra toe hoekom benodig Tannie dan antibiotika. Die tannie antwoord: Weet dokter hoe gevaarlik is ‘n geroeste spyker?
Die toneelaanwysings dra ook inligting oor die ruimte waar die gebeure in die drama afspeel aan die leser oor.
Met die eerste toneel in Kristalvlakte van Amy Jephta word die leser byvoorbeeld soos volg oor die ruimte georiënteer: “Winter. Die Town Centre, ’n informele handelsmark in Mitchells Plain, Kaapstad. Twee mans werf bendelede, hande in sakke. 1980’s. Mongrels se gebied.”
In die toneelaanwysings word aan die begin van tonele ook inligting oor die tyd waarin die gebeure afspeel, oorgedra.
Aan die begin van Môre is ’n lang dag van Deon Opperman word byvoorbeeld die volgende inligting oor die tyd verstrek: “Wanneer die stuk begin, is dit 20:15”. Daar word verder genoem dat dit Sondagaand is en dat die “nagklanke van die kamp” hoorbaar is wat uiteraard bykomenende inligting oor die tyd meedeel.
Die karakterlys is ’n verdere belangrike deel van die didaskalia. In die karakterlys in Oorsee van Tertius Kapp kry ons bv. die volgende inligting oor die karakter Canola Waterboer:
“Yo-landi Vi$$er as sy op Noag se ark was. Sy is intelligent, nukkerig, naïef en oënskynlik onbewus van haar begeerlikheid. Sy dra ’n Voortrekkerkappie, sjoebroekie en ‘n reddingsbaadjie. Die oogappel van haar pa, en die kragopwekker tussen die ander karakters. Sy praat Afrikaans met ‘n effense Kaapse aksent. Mossie se dogter.”
Samevatting studie van ‘n drama
In die studie van die drama as letterkundige genre naas die poësie en die prosa word daar gereeld ingegaan op die strukturele komponente van die drama, naamlik handeling, karakters, ruimte en tyd.
Die aanbieding van hierdie komponente vind in die dramateks plaas binne die hoofteks en die didaskalia.
Al hierdie bogenoemde aspekte dra by tot die drama as ‘n genre wat in die literatuurstudie veral die dramateks as vertrekpunt neem, maar terselfdertyd die opvoeringsgerigtheid van die drama in ag neem.
LITERÊRE TEKSTE prosa
- geskrewe materiaal- storie vertel, emosies en idees uitdruk
- poesie (gedigte) en prosa (romans, kortverhale, drama)
- dra n veelheid van betekenisse boodskappe oor
- oop vir interpretasie
prosa teks as kommunikasie proses
roman jakobson se model, wetenskaplike model
roman jakobson- praagse strukturalisme- linguistiek
stel ondersoek in die wyse waarop literere kommunikasie geskied:
hoe word betekenis geskep en boodskappe oorgedra tussen partye in ‘n kommunikasiesituasie
kommunikasieproses nie eenrigting, maar proses van interaksie en terugvoer tussen partye
jokobson kommunikasieproses prosa
sender (kanaal. enkodering) - boodskap (teks)- ontvanger (kanaal, dekodering), konteks, kode (taal)
Literatuur benaderings prosa
mimesis
mimesis > Grieks > Spieël
Verhouding tussen teks en konteks word vooropgestel
Literatuur/ Teks as ’n spieël wat die realiteit naboots of namaak
Literatuur as vorm van sosiale kommentaar
Literatuur > verbetering in die samelewing aan te spoor
Kritiek op ideologie en die magsverhoudinge binne ’n samelewing
Die romantiek (vanaf ongeveer 1790)
Verhouding tussen skrywer en teks
Nie nabootsing nie, maar “creatio”
Individuele gevoel en gemoedstoestand van skrywer is verhewe bo literêre en sosiale konvensies
Gedig/teks > gee gestalte aan skrywer se gevoel, emosie Kunstenaar/Skrywer as skeppende wese wat gedryf word deur ’n “klein god” of muse
Skrywer > verhewe ; goddelike status
Enlightenment (verheldering)
vergelyk digkuns deur Dertigers in Afrikaanse letterkunde
DIE MODERNISME
Urn/ Keramiek vaas as simbool van die teks (iets mensgemaak, gefabriseerd)
Fokus is nie net op wat die teks sê nie, maar ook hoe die teks (taal) werk om boodskappe oor te dra
Vervreemding > bring ‘n nuwe perspektief, nuwe betekenisse word ontgin en ontdek
Teks is outonoom > staan alleen
New Critics (skrywer verdwyn; teks is relevant)
POSTMODERNISME
Labirint (doolhof) = simbool van die teks
Teks > oop vir verskillende interpretasiemoontlikhede
Intertekstualiteit (elke teks dra spore van ’n ander teks); Niks “oorspronklik” nie Fragmente, gapings, herhalings, aanhalings, intertekste
Afwys van ‘n finale afsluitende betekenis
Oorskryding van grense (bv. hoe en laer vorme van literatuur); vermenging van genres
Selfrefleksiwiteit > metafiksie
Kunstenaar > skep ’n werklikheid; Kunstenaar as kulkunstenaar wat met lesers se gedagtes smokkel
KONTEKS prosa
Literatuur bestaan nie in ’n geslote vakuum nie.
Word beïnvloed deur dit wat in ’n samelewing (of in die geskiedenis) plaasgevind het.
Simbiotiese verhouding tussen teks en konteks
Elke literêre teks kry beslag in ’n breër konteks van konkrete situasies waarbinne dit geskryf en gelees word.
Wanneer ons teks binne ’n bepaalde konteks lees > nuwe interpretasiemoontlikhede
TEKS, STORIE EN VERTELPROSES prosa
Teks:
woorde op papier > dieorganisering van die verhaal met
dialoog, gebeure, karakterisering, verteller en perspektief.
Storie:
Voltooide produk van die leesproses
Leser se rekonstruksie of begrip van die teks
Vertelproses:
Dinamiese proses tussen leser en verteller
Wat sê die verteller en hoe interpreteer die leser dit?
Gebeure prosa
Alles wat gebeur of plaasvind in ’n teks
Intrige/ storielyn > ontwikkeling en progressie > tyd of kousaliteit Twee tipies gebeure:
Statiese gebeure > slegs informasie word verskaf (agtergrondinligting, konteks)
Dinamiese gebeure > iets gebeur bv. met karakter
Seleksie en kombinasie > spanningsverhouding tussen gebeure van ’n teks; maak verhaal boeiend of interessant
Titel
KARAKTERS
Diegene wat in ’n verhaal optree; Handelendes
Karakterisering > wyse waarop karakters voorgestel of uitgebeeld word deur woorde
Deur karakterisering word werklikheidsillusie geskep
Gebeure > eienskappe aan karakters toegeken
Eksplisiete karakterisering (wat verteller of ander karakters oor die karakter sê; ook wat die karakter oor homself sê)
Implisiete karakterisering > karakter se handelinge, taal, voorkoms.
Tipes karakters:
Protagonis: hoofkarakter; Antagonis: botsende mag/karakter; tritagonis: derde mag
VERTELINSTANSIE prosa
vertelinstansie > bring die verhaal onder woorde; bestaan uit verteller en fokalisasie
Verteller > instansie wat meedeel (wie praat)
Eksterne verteller (buite verhaal; nie karakter) Interene verteller (verteller is ’n karakter in die verhaal)
Derdepersoonsverteller “hy”, “sy”, “hulle” Eerstepersoonsverteller > “ek”
Fokalisasie
Verhouding tussen die instansie wat sien en wat gesien word
Perspektief, siening, opinie
Ekstern: buite die verhaal
Intern : beperkte perspektief; ontlok empatie en gevoel by die leser
TYD
Eksplisiete en implisiete tydsaanduiding binne ‘n teks
Verhale speel in ’n sekere tyd af; handel ook oor tyd (tema) en hou verband met volgorde waarin intrige aangebied word.
Verteltyd: tyd wat dit neem om storie te vertel (aantal bladsye) Verteldetyd: die periode wat die storie dek (van begin tot einde)
Volgorde prosa
Verkapte volgorde/ Anachronie (gebeure word nie-chronologies aangebied.
Terugverwysing (retrospeksie of terugflits)
Vooruitwysing
RUIMTE prosa
Ruimte > oorkoepelende begrip wat verwys na meer as net die plek waar verhaal afspeel
Agtergrond, milieu, plek van handeling
Tydruimte: sosio-politiese waarde; filosofiese en kunsteoretiese waarde
Konkrete ruimte > plek waar verhaal afspeel
Abstrakte ruimte> ideologiese psigologiese, ideologiese, religieuse dimensies van menslike gedrag en optrede
Oorsee deur
Tertius Kapp
Oorsee as voorbeeld van ’n postapokaliptiese drama
Herkoms en betekenis van die woord apokalips
Hierdie religieuse wortels van die apokalips het ’n belangrike rol gespeel in die groei en ontwikkeling van die apokaliptiese en postapokaliptiese literatuur.
In apokaliptiese tekste gaan dit gewoonlik oor ’n reglynige ontwikkeling vanaf ’n bepaalde beginpunt wat afstuur op ’n openbaring wat volg op een of ander rampspoedige ineenstorting in die eindtye (Titlestad, 2015: 30-32).
In die letterkunde fokus apokaliptiese tekste op die ontwikkeling wat lei tot die rampspoedige eindtyd.
Postapokalipitiese letterkunde gaan ’n stappie verder en gaan in op die omstandighede van oorlewendes van die massiewe katastrofe wat uitwissing tot gevolg gehad het.
Hierdie karakters probeer gewoonlik om ’n nuwe begin te maak na afloop van die wêreldwye uitwissing wat hulle oorleef het.
Postapokaliptiese tekste oorvleuel baie dikwels met wetenskapfiksie en utopiese/distopiese literatuur.
Twee voorbeelde van postapokaliptiese werke in Afrikaans
“Ondergang van die Tweede Wêreld” – ’n lang kortverhaal deur Eugène N. Marais (1936)
Deon Meyer se roman Koors (2016
In die apokaliptiese en postapokaliptiese literatuur word die vernietiging veroorsaak deur:
’n kernoorlog
fundamentalistiese terrorisme
omgewingsbesoedeling (byvoorbeeld aardverwarming)
ekologiese ineenstorting (veroorsaak deur die uitsterwing van spesies, ontbossing, waterbesoedeling of selfs onverantwoordelike genetiese manipulasie)
’n sterrekundige ramp (’n asteroïede of meteoriet wat teen die aarde bots of swart gate wat planete insluk)
’n ekonomiese ineenstorting (’n spiraal wat alle sosiale strukture en instellings insuig)
die politieke ineenstorting van ’n staat
’n inval van ruimtewesens
’n oorname deur masjiene of robotte
’n onstuitbare aansteeklike siekte
’n zombie-aanval
(Titlestad, 2015: 32).
apokalips
Uit die bogenoemde uiteensetting van die verskillende vorme van vernietiging wat in die apokaliptiese en postapokaliptiese literatuur voorkom, behoort dit duidelik te wees dat die religieuse oorsprong van hierdie soort tekste tans nie meer so prominent is nie.
Die apokalips in hierdie letterkundige tekste verwys naamlik deesdae veral na mensgemaakte of natuurlike rampe wat ’n dramatiese omverwerping van ’n gemeenskap, ’n nasie of selfs die hele mensdom tot gevolg het.
Hierdie omverwerping gaan meestal gepaard met voortslepende geweldpleging, die agteruitgang van infrastruktuur (byvoorbeeld haweloses wat in ruïnes probeer oorleef), sosiale regressie (byvoorbeeld ’n terugkeer na ’n bestaan as jagter-versamelaars wat selfs tot kannibalisme in staat is) en klimaatsverandering.
kenmerkend van apokaliptiese en postapokaliptiese tekste
Kenmerkend van apokaliptiese en postapokaliptiese tekste is dat hulle elemente uit voorafgaande tekste toeëien, manipuleer en herrangskik.
Die aantal elemente waarmee die eindtye beskryf word, is dus meestal beperk in letterkundige tekste en word oor en oor herbenut in nuwe apokaliptiese en postapokaliptiese tekste (Titlestad, 2015: 33).
Die oorsaak van die ramp in Oorsee
As oorlewendes van die ekologiese ramp wat die wêreld getref het, het die twee gesinne op ʼn berg, waarskynlik Tafelberg, hulle toevlug geneem soos Canola dit uiteensit volgens haar memorisering van haar pa se vertelling:
Die Asem op die Water het dit laat reent en reent en reent. Daar was ʼn groot plat berg in die suide van die land, en Hy het met die laaste reentboog vir die volk gesê dat hulle almal op die berg moet saamkom. Daar het hulle vir lang jare gelukkig geleef en gebeef, en hulle was vrugbaar en het gevermenigvuldig. Die Asem op die Water het dit laat reent vir veertig lang jare, sodat daar ʼn groot see tussen hulle en ander volke kom lê het, en hulle nooit weer afvallig kon raak nie. Maar toe raak die berg te klein vir al die volk. En toe roep die Asem na Pappa! (31)
Uit hierdie woorde is dit duidelik dat die apokalips in hierdie drama wel ʼn religieuse oorsprong het tensy ʼn mens die karakters se verslag van die ekologiese ramp as hul eie misleide verklaring van die ramp interpreteer.
Dit is ʼn sterk moontlikheid aangesien die verslag van die gebeure eintlik maar na ʼn aangepaste weergawe van die Bybelse sondvloed is wat in die teologie dikwels geld as ʼn voorafskaduwing van die apokalips in die eindtye soos dit in die Bybelboek Openbaring voorspel word.
Soos in die tyd van Noag gaan dit hier oor ʼn soort sondvloed en oor afvalligheid weens sondigheid teenoor God oftewel die Asem oor die Water as die god wat die karakters aanbid.
Weens oorbevolking op die berg het Mossie en Jos elkeen ʼn opdrag van die Asem ontvang: Mossie het die taak gekry om “vyfhonderd-en-vyf-en-vyftig geskrifte wat al die openbarings” van “die kennis” van die volk bevat te versamel en Jos het in opdrag van die Asem ʼn skip “gekoop” en na die “Nuwe Wêreld” te vaar waar hulle en hul nageslag sou voorplant volgens die Asem se bepalings (32).
Die moontlike onwaaragtigheid van hierdie weergawe van die apokalips word onder meer gesuggereer uit Jos se gestamelde woorde wat daarop dui dat hy moontlik met ʼn verdigsel besig is: “En vir my het Hy aangesê om ʼn skip te … te koop” (32).
God het vir Noag in Genesis opdrag gegee om ʼn ark te bou, maar die Asem sê blykbaar vir Jos aan om ʼn skip te “koop”.
Dalk het Jos in werklikheid die skip gewoon gevat of gesteel. Hy sukkel hier om sy verdigsel aanneemlik te laat klink vir sy gespreksgenote aangesien hulle weet dat anders as Abrie hy weinig meganiese kennis besit.
Dit is moontlik dat baie min of enige van hierdie gebeure werklik plaasgevind het en dat die karakters bloot hulle eie mite geskep het om legitimiteit aan hulle reis en doelwitte met die bewaring van hul kultuur en hul nageslag te gee.
Dit bly onduidelik of hulle moontlik ʼn sekte of die laaste vasbeslote bewaarders van ʼn uitsterwende Afrikaanse taal en kultuur is wat ʼn uittog gewaag het om hulle eie kultuur ʼn beter oorlewingskans te gee.
Die postapokaliptiese omstandighede waarin die karakters verkeer
Die enigste eksterne element wat ʼn visie van buite op die karakters se eie weergawe van hul geskiedenis gee, is die stemme van die sogenaamde seeduiwels wat kortliks vanaf ʼn verbyvarende skip hoorbaar is.
Die taal wat die seeduiwels praat is Esperanto, ʼn gekonstrueerde internasionale taal wat in die 1870’s tot 1880’s deur die Joods-Poolse oogheelkundige L.L. Zamenhof geskep is om die tyd wat aan die aanleer van ander tale afgestaan word, in te kort deur die skepping van ʼn enkele taal wat met min moeite deur ander verstaan sou word.
Die hoop was dat hierdie taal ook groter harmonie tussen nasies sou bewerkstellig. Esperanto is gebaseer op die Slawiese en Romaanse tale en daar is vandag nog wêreldwyd baie mense wat hulle aan die ontwikkeling van hierdie taal wy.
L. L. Zamenhof: skepper van EsperantoIs This the EASIEST Language in the World? (ESPERANTO) - YouTube en https://www.youtube.com/watch?v=6v5bBrRNyn8
Die seeduiwels word as vyandige of selfs as bonatuurlike wesens deur die karakters beskou, maar indien ʼn mens die dialoog van die seeduiwels vertaal, word dit duidelik dat hulle maar net soos die Verfkanne en Waterboers waarskynlik ʼn groep mense is wat desperaat om oorlewing op die see rondvaar.
Die feit dat hulle Esperanto praat, mag daarop dui dat hulle uit lede van verskillende nasies saamgestel is of dat Esperanto in die toekoms waarbinne die drama gesitueer is, die status van ʼn algemene en selfs enigste taal verkry het en dat Afrikaans moontlik as ʼn vreemde oorblyfsel uit die verlede begin geld het.
Die Verfkanne en die Waterboers vaar al ongeveer twee-en-twintig jaar skynbaar rigtingloos oor die see op soek na die sogenaamde Nuwe Wêreld as ʼn soort beloofde land.
Hulle oorleef op hulle skip deur biltong en olywe te eet.
Hulle brou alkohol van seewier en vang af en toe ʼn seevoël om te eet.
Met ʼn waterherwinningsmasjien suiwer hulle hul urine om as drinkwater te gebruik.
Teen die einde van die drama is die kosvoorraad uitgeput en die karakters begin soos in baie ander postapokaliptiese tekste om vir oorlewing kannibalisme te oorweeg.
Nadat sy eers dreig om vir Mossie keelaf te sny, steek Eeufeesia Verfkan haarself dood en offer haarself as kos vir die ander oorlewendes op.
Tot op die laaste neem sy dus haar funksie as die departement van voedselvoorsiening op die skip ernstig op: “In die maag, sê hulle, is ʼn vloeistof soos brak water. Drink my. Sout my vlees en leef van my herinnering” (78).
Oorsee as ʼn postapokaliptiese parodie
In Oorsee is daar vir die leser min uitsluitsel oor die ware omstandighede wat in die toekomstige tyd waarbinne die gebeure voltrek word, heers. Alhoewel dit tipies van postapokaliptiese werke is dat die fiksionele wêreld nooit haarfyn uitgestippel word nie, wil dit voorkom asof die vergesogdheid van die postapokaliptiese omstandighede in Oorsee doelbewus beklemtoon word.
Die foutiewe weergawes van die geskiedenis wat die karakters aan mekaar oorvertel, asook die toneelaanwysings oor die dekor, kostuums en grimering, skep die indruk dat die drama moontlik as ʼn parodie gelees kan word.
Vergelyk die volgende toneelaanwysings:
“Die dekor kan óf realisties, óf as lighartige parodie aangewend word”
“Die kostuums laat ʼn mens dink aan iets tussen ʼn postapokaliptiese strandpartytjie en ʼn Dürer-skildery”
“Parodieë van strand- en swemdrag kan gedra word, byvoorbeeld halwe sonbrille of –hoede”.
Woorde in die toneelaanwysings soos “parodie” en “postapokaliptiese strandpartytjie” verskaf aan ons sleutels vir die interpretasie van die drama.
Definisie van ’n parodie
ʼn Parodie is ʼn nabootsing van die ernstige aard en kenmerkende aspekte van ʼn bepaalde literêre werk of die gebruiklike styl van ʼn bepaalde skrywer of die tipiese stilistiese (of ander kenmerke) van ʼn ernstige letterkundige genre. Oordrywing is ʼn tipiese strategie waardeur die parodie tot stand kom.
Die parodie ondergrawe die oorspronklike deur die invoering van elemente uit die meer populêre kultuur of ’n onvanpaste komiese onderwerp (Abrams 2005: 27).
Die parodie steek dus die draak met ʼn bepaalde styl in die literatuur, ʼn bepaalde letterkundige werk, die oeuvre van ʼn skrywer ensovoorts sonder om noodwendig dit wat geparodieer word, volledig te probeer afkraak.
Met apologie”- uittreksels uitD.J. Opperman se parodie van mededigters se tipiese skryfstyle
Teks:
Op `n Sondagmiddag loop die weduwee Viljee
in swart geklee
met twee kolliehonde langs die see.
oorsee meer
Die meeste postapokaliptiese tekste word as populêre literatuur beskou. Deurdat Kapp egter die moontlikheid ooplaat dat sy drama as ʼn postapokaliptiese parodie gelees en opgevoer kan word (vandaar die selfbewuste vermelding van die “postapokaliptiese strandpartytjie” in die toneelaanwysings aan die begin van die teks) slaag hy daarin om sy drama groter diepte te gee.
Sy drama word ʼn parodie van die gereelde kommer in die Afrikaanssprekende gemeenskap oor die oorlewingskanse van hulle taal en kultuur.
Hierdie angstigheid oor voortbestaan is nie net sedert die einde van apartheid in die Afrikanergemeenskap en ook in die breër Afrikaanssprekende gemeenskap aanwesig nie.
Dit het ʼn lang geskiedenis wat sedert die Groot Trek, die ontstaan van die Boererepublieke en die Anglo-Boereoorlog verskillende vorms aangeneem het en dikwels te make het met die vrees vir oorheersing deur ʼn groter of magtiger groep, byvoorbeeld die Britse Ryk of die swart meerderheid in Suid-Afrika.
As bewaarders van die Afrikaanse taal en kultuur begewe die karakters in Oorsee hulle op ʼn reis wat elemente van oorlewingsverhale uit sowel die Afrikanergeskiedenis as Bybelverhale oor die oorlewing van die Israeliete bevat.
Die Groot Trek-romans van F.A. Venter Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968) is voorbeelde uit die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde van tekste wat sonder ironiese distansie die Groot Trek as ʼn trek na ʼn soort Bybelse beloofde land voorstel.
die trek oorsee
Die “trek” van die Verfkanne en Waterboers herinner verder aan die trekgeselskap in die Groot Trek, die Jerusalemgangers oftewel die Enslin-party, wat in 1837 noordwaarts getrek het met die doelwit om oor land uiteindelik in Palestina (die Bybelse beloofde land) tereg te kom.
Hulle het egter net sover as die huidige Limpopoprovinsie gevorder en in geografiese onkunde die Mogalakwenarivier met die Nylrivier in Egipte verwar.
Die nedersetting by hierdie rivier het daarna as Nylstroom (tans Modimolle) bekend geword.
Vir die nuuskieriges: Hoe interpreteer jy Die Heuwels Fantasties se liedjie „Beloofde land” (https://www.youtube.com/watch?v=PSY1NalnSqI) in die lig van die lading wat die begrip ”beloofde land” sedert die Groot Trek het?
Kapp se parodie snipper en plak elemente vanuit hierdie geskiedenis in Canola se opsê van haar les vir haar pa Mossie:
Die Rooinekke het die volk in slawerny geknel. Hulle het deur die woesteny geswerwe op soek na nuwe weiveld vir hul skaap en bees. Ná baie jare het hulle gekom in die land wat aan hulle geblo is deur die Asem op die Water. Hulle het dit gewerskaf en vrugbaar gemaak in die sweet van hulle aanskyn. Wat jy saai sal jy maai. En daar was vir baie jare vrede in die land.
[…]
Maar die Vuur onder die Aarde het die versoening…
[…]
… het die versoeking oor hulle pad gebring. Hy het hulle geroep en hulle het gekom. Hulle het ʼn goue kalf gebou en die uitlanders het van oor die hele aarde gestroom om voor die afgod te aanbid. Die uitlanders het die metaalmonsters gemaak waarmee hulle die volk geknel het. Hulle het geontaard, en volksvreemde gewoontheide oorgeneem van al die Rooinekke, Kerimaners en Soustaliërs. (30)
Hierdie verwarde verslag bevat elemente uit die Bybel (die verhaal van Adam en Eva, die uittog van die Israeliete uit Egipte na die beloofde land Kanaän) en die geskiedenis van die Groot Trek, die ontdekking van goud (“goue kalf”) in die Transvaalse Republiek, die daaropvolgende instroming van uitlanders na die Johannesburgse goudvelde en die ontstaan van die eerste groot stede (“metaalmonsters”) in Suid-Afrika.
Die status van die godsdiens oorsee
Met die parodie word alle sekerhede in die drama bevraagteken.
Deurdat die karakters die waaragtigheid van mekaar se oortuigings in twyfel trek of bespotlik maak, word die waaragtigheid van byna alles ondermyn.
Jos haal byvoorbeeld die woorde van een of ander profetes aan: “Wanneer al die weerbare manne van hierdie geslag gesterf het, sal die poorte van die Nuwe Wêreld binnegegaan word.” (p. 22)
Mossie se beskouing lui dan soos volg: “Nog ʼn Loskop-virgin wat ʼn volk in sy moer in droom.”
Mossie bevraagteken dus die geldigheid van Jos (wat hom as ʼn soort arkvader of Mosesfiguur voorstel) se verwysing na die sogenaamde profetes. Moontlik gedagtig aan Jeanne d’Arc (https://www.youtube.com/watch?v=oVPD5eFihKw) of Nomqawuse saai hy twyfel of die profetes werklik geglo kan word. Hy is dus geneig om die mites wat die motivering vir die tog op die see na ʼn beloofde land onderlê, aan die man te bring.
Mossie se beskouing lui dan soos volg: “Nog ʼn Loskop-virgin wat ʼn volk in sy moer in droom.”
Mossie bevraagteken dus die geldigheid van Jos (wat hom as ʼn soort arkvader of Mosesfiguur voorstel) se verwysing na die sogenaamde profetes. Moontlik gedagtig aan Jeanne d’Arc of Nongqawuse saai hy twyfel of die profetes werklik geglo kan word. Hy is dus geneig om die mites wat die motivering vir die tog op die see na ʼn “beloofde land” onderlê, aan die man te bring.
Hy is ook sinies oor Jos se visie van ʼn nuwe begin wanneer hy dit ʼn “voortbestaan in gebreklikheid” noem, waarskynlik met die idiotiese Abrie in gedagte.
Samevatting oorsee
Met sy parodie van “uittogtekste” (dit wil sê trektekste oftewel eksodustekste) uit die Ou Testament van die Bybel sowel as soortgelyke historiese verhale uit die Afrikanergeskiedenis (veral die Groot Trek) sluit Tertius Kapp aan by die religieuse wortels van die apokaliptiese en postapokaliptiese literatuur.
Die ekologiese ramp van stygende seevlakke weens klimaatsverandering en die probleem van oorbevolking vorm egter deel van sy postapokaliptiese fantasie.
Soos tipies is van die parodie word die oorspronklike tekste wat die basis van die parodie vorm nie bloot bespotlik gemaak nie, maar word daar ook daadwerklike erkenning gegee aan hulle waarde en belang in die geskiedenis van die literatuur.
Oorsee is met ander woorde veel meer as ’n ondergrawing van narratiewe uit die geskiedenis van Afrikaanssprekendes.
Dit gee erkenning aan die voortbestaan in die hede van kommer en angstigheid oor die oorlewingskanse van die Afrikaanse taal en kultuur binne ’n veeltalige land soos Suid-Afrika waar Afrikaanssprekendes een van talle minderheidsgroepe is.
In die drama word ’n geskiedenis van oorlewing by Afrikaanssprekendes geskakel met soortgelyke ervarings in die hede deur projeksies van ’n denkbeeldige postapokaliptiese toekoms.
Oorsee verskyn in 2014 en lesers sal geneig wees om die teks as kommentaar op die omstandighede in die hede te lees: dit is naamlik kenmerkend van toekomsfiksie om deur middel van fantasieë oor die toekoms in werklikheid kommentaar op die hede te lewer.
In die 1970’s het postapokaliptiese fiksie byvoorbeeld dikwels oor uitwissing weens ’n kernoorlog gegaan as kommentaar op die kernwedloop tussen die Weste en die Sowjet-Unie tydens die Koueoorlog).
Die titel van die drama Oorsee bied uiteindelik ’n duidelike aanduiding van die fokus op die hede rondom 2014 wat vir Tertius Kapp se drama relevant is.
Die karakters is weliswaar nie met ’n tog oor land nie maar met ’n tog oor see (twee woorde) besig, maar dit is verder hulle doelwit om oorsee (een woord) ’n nuwe tuiste te vind.
Die trekgedagte in Oorsee is nie meer soos in die verlede gerig op ’n trek dieper die binneland van Afrika in nie, maar na die buiteland, die sogenaamde Nuwe Wêreld, net soos talle immigrante uit Suid-Afrika wat in lande in die sogenaamde „nuwe wêreld” soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die VSA ensovoorts ’n nuwe tuiste gaan soek.
Afrikaanssprekende gemeenskappe in lande oorsee sukkel net soos die Verfkanne en die Waterboers om hulle taal en kultuur lewend te hou en om hul nageslag daaroor te onderrig.
Soortgelyke komiese skeeftrekkings en gefossileerde herinneringe van die Afrikaanse kultuur wat sigbaar is by die karakters in die drama is ook dikwels aanwesig by hierdie migrantegemeenskappe.
Tertius Kapp se postapokaliptiese drama as parodie is dus nie soseer ’n siniese of afwysende herbeskouing van die geskiedenis van Afrikaanssprekendes nie as ’n uitdrukking van kommer met ’n traan oor die bestaande vrese om oorlewing by Afrikaanssprekendes wat dikwels emigrasie as enigste moontlikheid vir ’n volhoubare toekoms sien.
Agtergrond oor die werk van Nicola Hanekom Mirre en Aalwyn
Studeer drama aan die Universiteit van Kaapstad
Werk die afgelope 20 jaar as aktrise, regisseur en dramaturg.
Bekend vir haar buitelugteaterstukke wat op groot skaal opgevoer word.
Die regte van vroue en die stand van die taal is deurlopende belangstellings by haar.
Sy het reeds twee keer die Hertzogprys vir drama ontvang: vir In glas in 2021 en in 2024 vir Mirre en aalwyn.
Taal waarmee die werklikheid vermy word én geskep word
Die stel in die buitelug waar die drama in 2023 by die KKNK in Oudtshoorn opgevoer is.
Hanekom se uitspraak oor taal herinner sterk aan die siening van die verhouding tussen taal en werklikheid in die postmodernisme.
In die postmodernisme word taal nie gesien as ʼn deursigtige, direkte of neutrale toegangsroete tot die werklikheid nie.
Taal dra eerder daartoe by dat die werklikheid beslag kry. Dit het dus ʼn groot aandeel aan die skepping van die werklikheid soos ons dit verstaan.
In die VSA sien ʼn mens tans hoe twee sienings van die werklikheid op die oomblik deur twee diskoerse (= vertellings / gesprekvoerings) gevoed word: die Republikeine glo dat Donald Trump in die 2020-verkiesing wederregtelik van ʼn oorwinning ontneem is; die Demokrate glo dat hy die verkiesing verloor het en op ʼn oneerlike manier die mag wou behou het.
Die twee groepe Amerikaanse kiesers leef dus in twee verskillende politieke werklikhede wat deur die taalgebaseerde diskoerse waaraan hulle glo, tot stand gebring is.
Met die versnelde tempo waardeur kommunikasie tans geskied en ook deur die toename in die hoeveelheid inligting wat versprei word, word dit moeiliker om deur die desinformasie en fopnuus te sif sodat jy nie in ʼn denkbeeldige of skeefgetrekte weergawe van die werklikheid vasgevang word nie.
Die digitale media, generatiewe kletsbotte en algoritmes wat deur kunsmatige intelligensie (KI) gereguleer word, skep ʼn skerper bewussyn van die feit dat
(1) taal en werklikheid soms baie uiteenlopende dinge kan wees en/of
(2) dat taal/diskoerse ons werklikheid help vorm.
Aangesien boeke ook deesdae ten minste gedeeltelik deur KI geskryf word, vind Hanekom dit blykbaar nodig om voorin haar boek die volgende te skryf: “Die teks is nie geskep deur generatiewe KI nie”.
diskoerse mirre en aalwyn
In Mirre en aalwyn skep Hanekom ʼn aantal diskoerse wat die werklikheid en die waarheid verdoesel, ontken of net rakelings benader.
Hierdie diskoerse sluit in:
die religieuse pretensies van Jessie
die vertelling oor die dood van Jessie se pa
die meningsverskille tussen Jessie en haar ma oor die kommunikatiewe waarde van emoji’s (bespreek in die tutoriaal)
die ontkenning of verdoeselende diskoers oor seksuele misbruik.
Jessie se aansprake dat sy die dogter van God is:
Jessie se aansprake dat sy die dogter van God is:
afwysing van die goddelike status van die patriarg: p. 12
suggestie van Jessie se paranormale vermoëns: p. 26
vermenging van die gelykenis van die verlore seun en die varke van Gadara (Matteus 8:28-34 en elders in die Bybel): pp. 31-32
Jessie se sjamanistiese ritueel met haar ouma: pp. 38-41
Doe-doe en haar ma se verskillende beskouings van Jessie se verhale: p. 33
Jessie se mislukte poging om Doe-doe te laat opstaan uit haar rolstoel: pp. 66-68
Die vertelling oor die dood van Jessie se pa
Die vertelling oor die dood van Jessie se pa
Die doodskiet van die volstruis as allegoriese vertelling van pa se gewelddadige dood: pp. 21-22
Die “amptelike” weergawe van pa se selfdood nadat hy Jessie se halfnaakte optrede op die sosiale media: pp. 44-45
Het die Kreepy Krauly moontlik ook iets te doen met die pa-figuur? p. 26
Die pynlike werklikheid wat deur taal versluier word
Jessie se ma weier om toe te gee dat sy haar man se seksuele misbruik van Jessie oogluikend toegelaat het
Jessie: “Hy’t my met sy slang beetgekry en Ma het niks gedoen nie” (p. 52). Op hierdie verwyt Antwoord die Moeder: “Ek het die volstruis geskiet” (p. 52).
Die Moeder sê ook: “Ai, my kind. My mal, mal kind wat dink sy kan alles beter maak deur dit hardop te sê. Wat alles mal hardop sê” (p. 53). Sy wil met hierdie woorde die verswyging van misbruik kondoneer en deurdat sy die bloedskendige seksuele teistering as “mal” benoem, wil sy te kenne gee dat dit nie met erns bejeën kan word nie.
Sy bevraagteken Jessie se weergawe van die werklikheid en maak voorspraak vir ʼn ander weergawe van die werklikheid wat vir haar meer verteerbaar is.
Dit is kennelik belangrik dat die misbruik direk benoem moet word vir wat dit is en dat dit nie met vae of verdoeselende woorde aangedui moet word nie.
Tog is dit vir die karakters te pynlik om openlik daaroor te praat omdat bloedskande en seksuele misbruik immers taboe is. Jessie praat daarom van ʼn slang en haar ma praat van ʼn volstruis.
In die gesprek oor die ouma se verkragting deur ses mans word daar ook eufemisties verwys na diegene wat in haar “geplant” het (40). Dit is Jessie wat op die mees direkte manier na die omstandighede verwys: “En Ouma was maar twaalf. En hulle het Ouma vasgedruk en Ouma se mond toegedruk” (40).
Die seksuele misbruik is die pynlike gegewe waarom die hele drama draai. Die verdoeseling, wanvoorstellings of eufemistiese verwysings na die misbruik lei tot onsekerheid oor die werklike aard daarvan. Dit is goed aanneemlik dat Jessie se klaarblyklike waansin (en haar optrede as ʼn erotiese influencer) die direkte gevolg is van haar pa se teistering en haar ma se weiering om haar dogter se leed te erken.
Samevatting mirre en aalwyn
Die leser van Mirre en aalwyn word met die verskillende en soms botsende diskoerse oor die werklike gebeure uitgedaag om self ʼn beeld van die werklikheid te konstrueer.
Die verskillende weergawes in taal van die gebeure lei tot die noodsaak om te interpreteer aangesien die werklikheid nie ondeursigtig en eenduidig aangebied word nie.
Die drama illustreer hoedat verskillende werklikhede geskep word deur die gebruik (en misbruik) van taal.
Om hierdie besef selfs duideliker tuis te bring, maak Hanekom van nierealistiese elemente gebruik (die ritueel van die aborsie en die twee gedrogte wat “ʼn mengelmoes van ondier en rekenaar” (62) is. Die leser en toneelganger word sodoende gedwing om die voorgestelde wêreld in die drama as verskillend van sy bekende wêreld te beskou.
Jessie suggereer boonop dat die woorde van die karaters deur kletsbotte gedikteer is (63). Dit laat verder vrae ontstaan oor die werklikheid van die karakters en die waaragtigheid van die gebeure in die drama.
mirre en aalwyn tut
- Wat beweer Jessie het haar pa aan haar en haar suster Doe-Doe gedoen? Wat val jou op omtrent die taal wat sy gebruik in haar vertelling oor hierdie insident uit die verlede? (pp. 52-53)
Ek beweer dat Jessie simbolies uitwys dat haar en Doe-doe se pa, hulle seksueel misbruik het. Sy gebruik metafore en sê dat haar pa se “stok” in “‘n slang” en toe weer in “n stok” verander het. Hierdie simbole verwys direk na die seksuele misbruik en die slang is ‘n uitwysing van die sonde wat plaasgevind het en is kultureel geassiosieer met verleiding. Sy verwerk haar trauma deur haar onderbewuste en die drome en visione wat sy ervaar. Sy noem ook sy is “die dogter van God” wat kan beteken dat sy na God en groter kragte soek om hierdie trauma te kan hanteer. - Hoekom dink jy reageer die moeder soos volg op Jessie en Doe-Doe se bewerings: “Ai, my kind. My mal, mal kind wat dink sy kan alles beter maak deur dit hardop te sê. Wat alles mal hardop sê. […] Ek het jou gemis. So verskriklik gemis. Hoekom het jy nooit aan ons geskryf nie” (p.53)
a. Vergelyk die gebruik van die woord “mal” in die tweede en derde sinne.
A. Die eerste “mal” is ‘n direkte afkeur van Jessie se gedrag en die ma probeer sê dat sy irrationeel is. Dit probeer haar woorde diskrediteer deur Jessie oor die algemeen mal te laat voorkom. Asof sy nie reguit kan dink of praat nie. Die tweede mal verwys na die woorde wat sy sê. Haar ma sê dat dit wat sy sê van hulle pa is onwaar.
b. In watter mate is die laaste drie sinne voorbeelde van emosionele manipulasie?
B. Dis emosionele manipulasie omdat die ma Jessie se gevoelens en die waarheid probeer omwerk en jessie laat skuldig voel deur te sê dat sy nie met hulle praat nie. Sy vat die fokus weg van Jessie en Doe-doe en die trauma wat hulle probeer aanspreek deur aanleiding te gee dat Jessie ‘n slegte dogter is en nie lief is vir hulle nie.
- Jessie beweer dat sy die dogter van God is. Hoe kry hierdie rol van Jessie gestalte in dit wat sy alles doen en sê (p. 34 bo)? Waaraan herinner die verandering in “manna en vis” vir jou? Wie was Jesse (Isai) in die Bybel? Watter wrang ironie ontdek ʼn mens as jy in gedagte hou wie Jessie se werklike pa was en hoe sy beweer dat sy die dogter van God is?Die gebruik van “manna en vis” het ‘n konnotasie met die Bybelse verhaal waar Jesus vis en brood vir die Istraelite verskaf het. Dit kan verwys daarna hoe Jessie haar “likes” en die aandag van sosiale media gebruik om haar identiteit te bou, sy probeer haar truauma en gevolens in iets positief verander. In die Bybel was Isai die vader van koning Dawid. Jessie sien haarself as belangrik nes Isai. Daar is ‘n ironie in haar stelling dat sy “dogter van God” is. Haar werklike pa het haar misbruik en as die dogter van God behoort sy veilig te wees. Dit wys die groot kontras tussen haar godsdientige identiteit en haar werklike traumatiese ervaringe. Deur tegnologie te gebruik en iets van haarself te maak, skep sy ‘n nuwe identiteit vir haarself en voel sy ‘n sort mag teenoor ander mense. Sy gebruik tegnologie om in nuwe “tale” te praat.
- Waarom is emoji’s so gewild op die sosiale media? Hoe ervaar julle die konvensie om gereeld emoj’s in teksboodskappe te gebruik? Wat is jou gunsteling emoji?
Emojies is gewild omdat jy jou gevoelens en gesigsuitdrukkings kan uitbeeld deur ‘n enkele klik. Teks en woorde is nie altyd genoeg om jou gedagtes en toon te verteenwoordig nie. Ek hou van die gebruik van emojies om my boodskappe meer persoonlik en aantreklik te maak. Dit voel of dit duidelikheid heg aan my woorde sodat die regte idee oorgedra word. Ek dink dis oulik hoe ons met mekaar kommunikeer op ‘n meer emosionele vlak. My gunstelling emojie is die een wat bloos. Dit dra ‘n gevoel van vriendelikheid oor en maak die leser bewus daarvan dat ek gelukkig is met die situasie of boodskap.
mirre en aalwyn tut 2
- Wat is die aard van die konflik wat tussen Jessie en haar ma uitbreek oor die emoji’s?
Jessie glo die emojies is ‘n effektiewe manier van kommunikasie en verteenwoordig haar gevoelens. Sy sien haarself as tegnologies gevorderend end at hierdie manier van kommunikeer beter is as net gewone teks of praat. In kontras, verstaan haar ma nie die simboliese beteknis agter die emojies nie. Sy voel dat die emojies verwarrend en sonder betekenis is en dat Jessie se gevoelens nie uitgebeeld word nie. - Lees die voorlaaste spreekbeurt van die Moeder op p.55. Wat is haar kritiek op die hart-emoji? Is dit geregverdigde kritiek? Hoe kan ’n mens Jessie se reaksie oor die hart-emoji (“Liefde is generies”) interpreteer?
Die ma voel dat die hart emojie nie ‘n werklike verteenwoordiging is van liefde nie. Sy wonder of dit vol haat kan wees. Haar persektief kan geregveridig word omdat sy afgesonder van haar dogter voel. Die moeder glo in kommunikasie deur te praat en sy kry dit nie van haar dogter af nie. Sy verlang na werklike uitdrukkings van liefde en nie net ‘n simbool op ‘n skerm nie, wat sy sien as onpersoonlik. Jessie se reaksie “liefde is generies” dui daarop dat sy probeer ‘n afstand hou van die dieper emosies en uitbeelding van liefde. Sy sien die emojie as ‘n eenvoudige en oppervlakkige manier van kommunikasie. Dit kan ook verwys na hoe sy haarself probeer weg hou van die tradisionele vorme van kommunikasie en die tradisionele waardes wat haar ma verteenwoordig. - Stem julle saam met die moeder se opmerking oor emoji’s: “Die prentjies steel die woorde van die sinne waarvan jy sê niemand jou kan beroof nie” (p. 57 bo)? Gaan lees ter agtergrond op die internet oor die geskiedenis van piktogramme.
Ek stem nie saam nie. Ek dink nie emojies steel van woorde af nie, maar heg egter emosie daaraan. Piktogramme is visuele uitbeeldings wat terug dateer na antieke tye. Dit vat die vorme van rotstekeninge, hiërogliewe en antieke skrifte. Emojies is ‘n modern voorstelling van piktogramme en is ‘n effektiewe manier van kommunikasie en persoonlike uitbeeldings.Dit kan miskommunikasie en verwarring uit skakel. Dit kan ook ‘n middle van kommunikasie wees internasioneel amper soos ‘n taal wat almal kan verstaan. - Bespreek die redes waarom die moeder as verweer teen Jesse se verdediging van die emoji-kultuur met die digterlike woorde van Ingrid Jonker in haar gedig “Die lied van die gebreekte riete” (p.61) vorendag kom( https://versindaba.co.za/2009/11/11/die-lied-van-die-gebreekte-riete/):
Die verwysing na “Die lied van die gebreekte riete” wys die ma se emosies van verlies teenoor Jessie. “Die wind uit die Torwana-berge” is ’n beeld oor die konstante krag van die natuur en wys die ma se gevoelens oor tradisionele kommunikasie. “het die gesig van alle mense het die aalwyn van die wêreld voor haar bors” wys hoe die ma voel dat die mesnlike ervaring uniek en organies is en nie korreleer met die nuwe tegnologiese manier van kommunikeer nie. Dis nie menslik en organies nie. Die ma probeer wys dat hierdie emosionele poëtiese woorden ie deur emojies vervang kan word nie. Sy wys dat emojies nie die volle menslike ervaring kan uitbeeld nie.