Taalkunde Fonetiek Flashcards
Spreektaal (primer) en skryftaal (sekonder):
- Gesproke taal voor skryftaal
- Sommige tale geen geskrewe vorm
- Mens het eers gepraat, toe geskryf
- ‘n Geskrewe taal is slegs om gesroke taal weer te gee
- Ontwikkel en is gebasseer op gesproke taal
Wat bewys spreektaal is primer
1.Taal bestaan uit klanke, nie letters
2.onderskeid tussen spreektaal (klanke) en geskrewe taal (letter) is uiters belangrik in fonotiek
Ortografie (skryftaal) tekortkominge:
- Verskillende klank word deur een letter voorgestel “wet, ek”
- Een klank deur verskillende letters “vaal, fiets”
- Geen klank maar wel ‘n letter “handdoek, wil nie as willie”
- Geen letter, maar hoorbare klank “kalm”
- Spelling van vreemde woorde “Chinees, Sjinees”
Hoekom ortografie onbevredeigend?
- 35 foneme (spraaklanke), 26 letters
- Taal is nie staties nie en veranderinge klink in die spreektaal lank voordat dit op skrif gestel word
- Paralinguitiese faktore (intonasie, stemtoon, handgebare, geluide, ens.) word nie deur ortografie oorgedra nie
Hoe oorkom ons die gebrek van ortografie?
Kombineer letters vir een klank
- Verdubbel vokaal: muur, plaas
- Verdubbel konsonant: ratte, damme
- Kombineer vokale: deur, vlieg
Diakritiese tekens
- kappie: sê
- deelteken:reën
- apostroof:as’t ware
- aksenttekens:
- akuut: dié
- gravis: nè, nòg…nòg, òf…òf
- koppelteken: bo-op
Punktuasie
Vraagteken, uitroepteken, komma, punt ensovoorts om sekere gevoelswaardes oor te dra:
1. Beslis.
2. Beslis?
3. Beslis!
4. Beslis…
5. Beslis, beslis, beslis.
Opsomming spraaktaal vs skryftaal
- Praat eers, dan skryf
- Taal = klanke, nie letters nie
- Skryftaal vs. spreektaal
- 5 tekortkominge van die ortografie
- 3 redes vir hierdie tekortkominge
- Maniere om die gebreke te oorkom
Moontlike toepassings van spraaktaal en skryftaal
- Beskrywing
- Variasie
- Herkenning
- Teksboodskappe
- Teks-na-spraak
- Kunsmatige intelligensie
- Nog voorbeelde?
Klanke groepe
- In watter twee hoofgroepe kan ons die Afrikaanse spraakklanke verdeel?
- Vokale (klinkers)
- Konsonante (medeklinkers)
Beskrywing van klanke
Ons beskryf klanke in hierdie kursus op in “artikulatoriese” grondslag, met ander woorde, op grond van hoe hulle uitgespreek word.
- Konsonante
- Klanke wat gevorm word wanneer die lugbeweging tydens artikulasie op een of
- ander manier veraper word.
- Hoe word dit teweeggebring?
Klank Versperring
- Die versperring word gevorm deur in aktiewe artikulator en in passiewe artikulator teen mekaar te plaas.
- Aktiewe artikulators:
- Tong, onderlip, ondertande
- Passiewe artikulators:
- Monddak, bolip, botande
Sluitklanke
Aard van versperring: algehele afsluiting van lugbeweging
*Drie fases:
* Afsluiting > aktiewe artikulator beweeg tot teen passiewe artikulator en sluit daarteen.
* Sluiting > sluiting word vir ‘n kort tydjie behou, lugbeweging stop heeltemal.
* Ontsluiting > aktiewe artikulator beweeg weer
weg van passiewe articulator
- /p/
- /b/
- /t/
- /d/
- /k/
- /g/ ( nie groen nie, soos “burger”, “garage”)
- /c/ (nie c nie, “bietjie”)
2. Vernouingsklanke
* Aard van versperring: vernouing
* Die lug beweeg dus deur ‘n vernouing in die spraakkanaal/
* Twee subtipes:
2.1. Frikatiewe
* Artikulasie gaan gepaard met ‘n skuurgeluid, ‘n geruis, of wrywing.
* Die geluid ontstan omdat lug deur ‘n vernouing in die spraakkanaal gedruk word.
* Frikatiewe word ook “skuurklanke” genoem.
Afrikaanse frikatiewe:
- /f/ (met stem word “w”)
- /v/
- /s/
- /z/
- /x/
- /ç/
- // (shhhhhh)
- (djjj)
2.2 Resonante
- Mond volledig gesluit, neusdeurgang oop
- Spontane stembandvibrasie
Voorbeelde - /m/
- /n/
- /
- /
2.2.2. Laterale
* Tongpunt teen tandkasse, sye raak nie aan kieste nie. Lug beweeg vrylik oor kant van tong.
* Net een in Afrikaans: /N
2.2.3 Glyklanke
* / j/, /w/(soos eng) en /h/
* Problematies: hoekom?
* Openbaar vokaal en konsonanteienskappe
* Vir ons doeleindes: konsonante
* Minder spanning, minder lug, korter as vokale
* Tree nooit op as sillabekerns nie
2.3 Onderbrekingsklanke
* Aard van versperring: onderbreking in die lugstroom.
* Aktiewe artikulator raak passiewe artikulator vinnig aan, beweeg dan weer weg, ensovoorts. > Vibrasie
* Twee in Afrikaans: /r/ en /R/ (lug raak en stop)
2.3. Affrikate
* Aard van versperring: lugbeweging word eers totaal afgesluit (soos by sluitklanke),
dan beweeg dit deur ‘n vernouing, wat ‘n geruis of skuurge uid veroorsaak (soos by die frikatiewe).
* Slegs drie: /ts/ (in tsaar, tsetsevlieg), ty (in tjek, tjoepstil) en dj (in kollege)
Klanke Samevattend
- Sluitklanke
- Vernouingsklanke
Frikatiewe
Resonante: Nasale, laterale, glyklanke - Onderbrekingsklanke
- Affrikate
Stemspleetstand
- Die tweede klassifikasiebeginsel is die stand van die stemspleet.
- Basies net twee moontlikhede:
– +stem (stemhebbend)
– -stem (stemloos) - Stemhebbende klanke se uitspraak het ’n soort bromgeluid, wat by stemlose klanke afwesig is.
Vergelyk:
- stem teenoor - stem
- /b/ in bak /p/ in pot
- /d/ in dak /t/ in tak
- /g/ in berge /k/ in kat
- /z/ in zoem /s/ in sak
- /v/ in water /f/ in vak
Maniere om te onderskei Stemspleetstand
- Vingertoppe op die keel, voel vir vibrasie.
- As ’n vibrasie gevoel word, is dit stemhebbend, andersins is dit stemloos.
- Handpalms oor die ore, luister vir gebrom.
As ’n gebrom gehoor word, is dit stemhebbend, andersins is dit stemloos
Konsonante artikulatoriese
Klanke wat gevorm word wanneer die lugbeweging tydens artikulasie op een of ander manier versper word.
Vokale artikulatoriese
Klanke wat met ’n ongehinderde lugbeweging geartikuleer word
Kenmerke van vokale
- Ongehinderde lugbeweging;
- Lug beweeg deur die mond;
- Lugbeweging vind in die middel van die mond plaas;
- Lug moet deur die longe geïnisieer word.
Dus: kenmerke van vokale
- Die bogenoemde vier eienskappe is ook die noodsaaklike kenmerke van vokale.
- Die vokaal kan nie geartikuleer word as een van die vier afwesig is nie.
– /a/ (kas)
– /e/ (been)
o /u/ (boek)
Nog ’n eienskap
- Belangrike eienskap wat konsonante nie het nie:
- Vokale tree op as sillabekern. Bv:
– Kat
– Mense
– Papiere
– Intelligente studente - Vergelyk die glyklanke uit laas week se werk
Kenmerke Glyklanke artikulasie
- /j/, /w/ en /h/
- Openbaar vokaal- en konsonanteienskappe
- Vir ons doeleindes: konsonante
– Minder spanning, minder lug, korter as vokale
– Tree nooit op as sillabekerns nie
Belangrike faktore artikulasie
- Resonators
Modifikasies
– Vertikaal
– Horisontaal
– Labiaal
Lipstand + tongstand
Kenmerke resonators artikulasie
- Twee resonators is betrokke by vokale:
– ’n Mondresonator
– ’n Keelresonator - Mondresonator:
– Minstens die eerste helfte van die mondholte - Keelresonator:
– Keelholte alleen of keelholte plus agterste deel van mondholte - Vergelyk die klanke /i/ en /u/
- Twee moontlikhede by vorming:
- Moontlikheid 1:
- Tongmassa verdeel mond in 2. Dus:
– Mondresonator = voorste deel van mond
– Keelresonator = agterste deel van mond + keelholte - Moontlikheid 2: /u/
- Tongmassa vernou oorgang tussen mond- en keelholtes.
– Die holtes word dus geskei
– Mondresonator = hele mondholte
Keelresonator = hele keelholte - Dis miskien makliker om die twee resonators te sien as twee buise met openinge aan die punte.
- Mondresonator:
– Van die lippe tot by die artikulasie-opening - Keelresonator:
– Van die artikulasie-opening tot by die stemspleet
Behalwe resonators, ander effekte op klank
- Eerste faktor: resonators
- Tweede faktor: primêre modifikasies
- Tong: Vertikaal, Horisontaal
- Labiaal (lippe)
- Vertikale modifikasies
- Hoogte van tongmassa in mondholte
- Tongmassa beweeg op en af
– Dus: vertikale modifikasie - Spreek uit:
– /i/, /e/ en /ɛ/ (middeltong teen palatum)
– /u/, /o/ en /ɔ/ (tong verder van monddak) - Vier vertikale verskille: hoog, middelhoog, middellaag, laag.
- Horisontale modifikasies
- Lengte van resonators word bepaal deur ligging van hoogste punt van tongmassa
- Tong beweeg dus van voor na agter.
– Dus: horisontale modifikasie - Spreek uit:
– /i/ (hoogste punt tussen middeltong en palatum)
– /u/ (hoogste punt tussen agtertong en velum) - Nog voorbeelde:
– /e/ en /o/
– /ɛ/ en /ɔ/ - (Tong wel bv. laer, maar steeds horisontale beweging)
- Labiale modifikasie
- Vorm en grootte van buitemondopening
- Lippe beweeg na en van mekaar
– Dus: labiale modifikasie - Vergelyk:
– /i/ (plat en breed, dus: “spreiding”)
– /u/ (gerond, dus: “ronding”)
– /a/ (normaal) - Belangrikste: gerond vs. ongerond
Let wel lipstand en monstand verbintinis
- Die modifikasies is apart behandel, maar daar is wel ’n verband tussen die lipstand en die tongstand.
- Hierdie modifikasies funksioneer nie apart nie.
- Agtervokale is byvoorbeeld meestal gerond (/u/, /o/ en /ɔ/).
- Voor- en middelvokale meestal ongerond is (/i/, /e/, /ɛ/ en /a/).
Dus
- Ronding is ’n “normale” kenmerk van agtervokale.
- Afwesigheid van ronding is ’n “normale” kenmerk van middel- en voorvokale.
- Maar daar is ook “abnormale vokale”, d.w.s. vokale wat van hierdie reël afwyk:
- /y/, /ø/ en /œ/
- Hoekom?
Voorvokale, maar MET ronding. - Ons kan dus die kenmerk “gerond” en “ongerond” uitlaat, aangesien dit in die meeste gevalle vanselfsprekend is.
- Slegs by die abnormale vokale hoef ons “ronding” te noem.
Vokaalkaart
leer
Uitspraakverskynsels:
- Taal bestaan nie uit afsonderlike elemente nie
- Deurlopende spraakvorm
- Spraakorgane moet voortdurend verander of aanpassings maak
- Naburige klanke beinvloed mekaar
Moeite uitspraak?
- Sprekers neig om woorde met die minimum moeite uit te spreek
- Bewegings wat nie noodsaaklik is nie, word vermy
- Bv. “onmoontlik”, na die eerste “n” behoort die lugbeweging total aft e sluit voor die “m” begin. Artikuleer nie “n” volledig, kortpad gevat.
Naburige klanke
- Aanpssings op grond van die kalnke wat langs mekaar staan
- Naburige klanke beinvloed mekaar dus
- Noem dit “Assimilasie”
Assimilasie
- Gelykmaking
- Aanpassing
- Klank aangepas op grond van ander klank
- Aanpassing van artikulasiestande of artikulasiebewegings op grond van die daaropvolgende of voorafgaande artikulasuestande of -bewegings
- Voorbeelde “oppie”, “ombillik” ipv “onbillik”
Twee afleidings
- Aanpassings kan plaasvind op grond van die vorige of vlogende klank
- Die klank kan heeltemal verdwyn (‘”op die” as “oppie”)
Twee vorme van Assimilasie
- Perseveratiewe assimilasie (aanhou met vorige klank)
As die spraakorgane by die uitspreek van twee opeenvolgende klanke in die posiesie van die eerste klank se srtikulasie gehou word
Van die = vannie
Wil nie = willie
Hoender = hoener
Kinder = kinner
- Antisipatoriese assimilasie (gaan aan met volgende klank)
As die spraakorgane by die uitspreek van twee opeenvolgende klanke reeds in gereedheid gebring word vir die tweede klank se artikulasie
Soort oorgretigheid
Onbeskof as “ombeskof”
Aanbrand as “aambrand”
Twee grade van assimilasie
- Gedeeltelike assimilasie
Klanke word slegs gewysig
Onpaar as “ompaar”
Hondjie as “hoikie”
Saadjie as “saaikie”
- Algehele assimilasie (heeltemal verdwyn of verander)
Klank verdwyn skynbaar, maar word eintlik eerder “opgeneem” in ‘n ander
Kan die as “kannie”
Wilde as “wille”
Baie keer is gedeeltelike assimilasie antisapoatories
En algehele assimilasie is perseveratiewe assimilasie
2 klanke wat mekaar beinvloed (nie vorige of volgende maar altwee
Nasalering: velum sak, dusk lank deels deur monde n deels deur neus (nie eintlik nasale klamk maar spreek so uit)
Vokalisering: nasale (soos /m/ en /n/) word geartikuleer sonder algehele sluiting wat gewoonlik vereis word vir nasate (nasale klank meer gevokaliseer word)
Die twee verskynsels tree gewoonlik saam op en is ‘n sort assimilasie wat deels perseveratief end eels antisipatories is:
Voorbeelde: aangee, ongeval, mens, ingeval
Die lae vokale word ook in baie gevalle genasaleer
Assibilasie
Sort assimilasie wat ons nie duidelik kan sé antisapatories of perseatiewe (baie keer d as r)
Die tussen vokaliese sluitklank (sluitklank tussen 2 klinkers) word nie behoorlik gesluit nie en word dan ‘n frikatief of ‘n onderbrekingsklank.
Voorbeelde:
padda as parra
Stadig as stanig
Middag as mirrag
Konstabel as konstawel
Palatalisasie
Nie palatale klank word In die palatale geddelte uitgespreek
Geel as “geejl”
Metatesis
Ook bekend as klankverspringing
Klanksegment spring van oorspronklike posisie na ’n ander.
present “persent”
probeer “perbeer”
plesier “pelsier”
Afrikaans “Aferkaans”
Uiteenlopende verklarings hiervoor, moontlik om die opeenvolging van konsonante te vermy, of ’n soort antisipasie.
Ontronding en oorronding
Ontronding: geronde vokaal word met te min ronding geartikuleer:
seun “seen”
brug “brig”
Oorronding: geronde vokaal word met te veel ronding geartikuleer:
dit “dut”
sien /syn/
Vokale uitspraak vorme
Verswakking, reduksie en verhoging van vokale.
Verswakking: word neutrale vokaal
“probeer”, “student”, “sal” ens.
Reduksie: korter uitgespreek
“laat/lat”, “maar/mar”
Verhoging: hoër uitgespreek
“boom”, “loop”, “weet”, “nee” ens.