Suksesvolle reklameveldtog Flashcards
Wat is ‘n advertensie?
‘n Advertensie vertel vir mense van ‘n produk of diens.
Dit herinner hulle ook aan die produk en oorreed hulle om dit te koop.
Wat is die doel van ‘n advertensie? (Noem 3 dinge)
- ) ‘n Advertensie vertel vir mense van ‘n produk of diens.
- ) Dit herinner mense aan die produk
- ) Dit oorreed mense om dit te koop.
‘n ________ vertel vir mense van ‘n ______ of ______.
Dit herinner hulle ook aan die produk en oorreed hulle om dit te koop.
‘n Advertensie vertel vir mense van ‘n produk of diens.
Dit herinner hulle ook aan die produk en oorreed hulle om dit te koop.
Definieer teikenmark
Jou teikenmark is die mense wat jy wil oorreed om jou goedere te koop.
Jou ___________ is die mense wat jy wil oorreed om jou goedere te koop.
Jou teikenmark is die mense wat jy wil oorreed om jou goedere te koop.
Jou teikenmark is die ______ wat jy wil ______ om jou _____ te _____ .
Jou teikenmark is die mense wat jy wil oorreed om jou goedere te koop.
‘n ___________ dra ‘n boodskap oor ‘n produk of diens oor.
‘n Advertensie dra ‘n boodskap oor ‘n produk of diens oor.
Wat is publisiteit?
Publisiteit is gratis advertensie wanneer daar ‘n berig oor ‘n sakeonderneming in ‘n koerant, tydskrif of op die TV verskyn.
Publisiteit is _______ advertensie wanneer daar ‘n ______ oor ‘n sakeonderneming in ‘n koerant, tydskrif of op die TV verskyn.
Publisiteit is gratis advertensie wanneer daar ‘n berig oor ‘n sakeonderneming in ‘n koerant, tydskrif of op die TV verskyn.
Noem 3 voorbeelde van gratis advertensie oor ‘n sakeonderneming
- ) berig in ‘n koerant
- ) berig in ‘n tydskrif
- ) berig
Wat is ‘n reklameveldtog?
Meer as een aktiwiteit wat met mekaar verband hou om ‘n reeks advertensies te lewer. Daar is gewoonlik ‘n deurlopende tema.
Wat is die term vir ‘n gratis advertensie wanneer daar ‘n berig oor ‘n sakeonderneming in ‘n koerant, tydskrif of op die TV verskyn.
Publisiteit
Noem 2 eienskappe van ‘n reklameveldtog
- ) Meer as een aktiwiteit wat met mekaar verband hou om ‘n reeks advertensies te lewer.
- ) Daar is gewoonlik ‘n deurlopende tema.
Wanneer meer as een aktiwiteit wat met mekaar verband hou, met ‘n deurlopende tema, gebruik word om ‘n reeks advertensies te lewer, noem mens dit ‘n ______________.
Reklameveldtog
‘n Reklameveldtog is meer as een ________ wat met mekaar verband hou om ‘n ________ advertensies te lewer. Daar is gewoonlik ‘n _________ tema.
‘n Reklameveldtog is meer as een aktiwiteit wat met mekaar verband hou om ‘n reeks advertensies te lewer. Daar is gewoonlik ‘n deurlopende tema.
Moet ‘n mens adverteer?
Jy moet self besluit of mense van die produk vertel moet word:
- ) Is daar ander produsente van dieselfde goedere?
- ) Watter mense vorm jou teikenmark?
- ) Adverteer jou mededingers?
Wat is die 3 redes vir ‘n reklameveldtog?
- ) Om mense van ‘n nuwe produk te vertel
- ) Om mense aan die produk te herinner
- ) Om mense te oorreed om die produk te koop
Wat is die 4 dinege moet jy neerskryf om jou reklameveldtog te beplan?
- ) Jou doel vir die veldtog
- ) Die tema
- ) Die teikengroep
- ) Hoe lank jy gaan adverteer
Hoeveel moet die veldtog kos?
Wat jy ook al kan bekostig.
Wat doen party produsente om vir die reklame te help betaal?
Hulle stoot die prys van elke produk ‘n bietjie op om vir die reklame te help betaal.
Waar moet ‘n mens adverteer?
Vir ‘n klein mark
‘n Paar plakkate is genoeg
Vir ‘n groot mark
Gebruik TV en nasionale koerante
Wat moet jy besluit voor jy op TV en nasionale koerante kan adverteer?
- ) Watter TV stasie
- ) Hoe laat
- ) Watter koerant
- ) Watter dag
Wat is die drie aspekte (eienskappe) van ‘n advertensie?
- ) Die skryf van die kopie - die woorde
- ) Dit moet aandag trek - hoe dit lyk
- ) Die uitleg - goeie gebruik van die spasie
Wat doen ‘n advertensieagentskap?
Hulle help firmas met die ontwerp van ‘n advertensieveldtog
Watse tipes mense neem firmas in diens om hulle te help met ‘n advertensieveldtog?
kopieskrywers en kunstenaars
Wat doen ‘n kopieskrywer?
Skryf die woorde vir ‘n advertensie
Wat doen ‘n kunstenaar?
Doen die uitleg en ontwerp van ‘n advertensie sodat dit aandag trek en die ruimte goed gebruik
Hoe bepaal mens of ‘n advertensieveldtog suksesvol was?
Deur ‘n vraelys te gebruik.
Noem 3 voorbeelde van werksgeleenthede in die advertensiewese.
- ) Advertensieagentskap
- ) Kopieskrywer
- ) Kunstenaar
Watter soort reklame word nie toegelaat nie?
- ) Kru taal
- ) Diskriminasie
Waar moet Pick ‘n Pay adverteer?
TV en nasionale koerante
Watter twee faktore bepaal waar ‘n sakeonderneming moet adverteer?
- ) Die grootte van jou teikenmark
- ) Hoeveel geld jy het om te spandeer
Wat kos advertensies?
- ) Kort 1 minuut tv advertensie - R10 000
- ) Volblad advertensie in koerant - R10 000
- ) Klein tweekolom-advertensie in koerant - R500