1-2-3 Sakeplan Flashcards
Wat is die doel van ‘n sakeplan?
Om iemand anders meer oor jou sakeonderneming te vertel sodat hulle bereid sal wees om vir jou geld te leen om jou sakeonderneming uit te brei.
Gee die uiteensetting van ‘n sakeplan. (10 punte)
- ) Voorblad
- ) Inleiding
- ) Uiteensetting van die onderneming
- ) Persoonlike profiel van die entrepreneur
- ) Marknavorsing
- ) “SWOT”-ontleding
- ) Bemarkingsplan
- ) Doelwitte/oogmerke
- ) Finansiële plan
- ) Opsomming
Wat kom op die voorblad van ‘n sakeplan?
- ) Naam van eienaar en sakeonderneming
- ) Adres en telefoonnommer
- ) Logo en slagspreuk
- ) Datum van plan
Waaruit bestaan die inleiding van ‘n sakeplan?
- ) Opsomming van jou sake-idee
- ) Verklaring oor die doel van jou sakeonderneming
- ) Jou visie vir die toekoms van die sakeonderneming
Verduidelik die woord opsomming
‘n Opsomming is ‘n verkorte weergawe van iets
Waaruit bestaan die Uiteensetting van die onderneming van ‘n sakeplan?
- ) Naam van die onderneming
- ) Soort sakeonderneming (verkoop goedere of dienste)
- ) Beskrywing van die produk of diens
- ) Eienaarskap (Alleenhandelaar of vennootskap)
- ) Ligging van die perseel
- ) Bewskrywing van perseel
Waaruit bestaan die Persoonlike profiel van entrepreneur in ‘n sakeplan?
- ) Volle naam
- ) Adres
- ) Telefoonnommer
- ) Geboortedatum
- ) Akademiese kwalifikasies
- ) Sakeondervinding
- ) Ondersteuning
Watter punte word genoem in ‘n sakeplan se marknavorsing?
- ) Teikenmark
- ) Potensiële klante
- ) Mededingers
- ) Risiko’s
Marknavorsing word gebruik om wat te bepaal?
- ) Teikenmark
- ) Potensiële klante
- ) Mededingers
- ) Risiko’s
Waarvoor word ‘n “SWOT”-ontleding gebruik?
Bepaal
- ) Sterk punte
- ) Swak punte
- Geleenthede
- ) Bedreigings
Waar kom die woord “SWOT’” vandaan?
- ) Sterk punte (“Strengths”)
- ) Swak punte (“Weaknesses”)
- Geleenthede (“Opportunities”)
- ) Bedreigings (“Threats”)
Noem 2 dinge waaruit ‘n bemarkinsplan bestaan.
- ) Bemarkingsamestelling
- ) Verspreiding van goedere
Watter 3 doelwitte moet jy in jou sakeplan noem?
- ) Finansiële doelwitte - kort termyn
- ) Finansiële doelwite - lang termyn
- ) Organisatoriese doelwitte
Noem die 5 dinge waaruit ‘n finansiële plan bestaan
- ) Verkope
- ) Koste
- ) Voorrade
- ) Werknemers
- ) Boekhouding
Noem die 4 onderafdelings van ‘n bemarkingssamestelling (Vier P’s)
- ) Produk
- ) Prys
- ) Plek
- ) Promosie (Reklame)
Wat is ‘n bemarkingsamestelling?
Dit is die 4 dinge wat saam die bemarkingsprogram vorm. (Produk, Prys, Plek, Promosie)
Wie stel die bemarkingsprogram op by ‘n groot sakeonderneming?
Die bemarkingsbestuurder
Wie stel die bemarkingsprogram op by ‘n klein sakeonderneming?
Die entrepreneur
Wie stel die bemarkingsprogram op?
Klein sakeonderneming - entrepreneur
Groot sakeonderneming - bemarkingsbestuurder
Verduidelik die 4 Ps van ‘n bemarkingsprogarm
- ) Ontwikkel of ontwerp die Produk
- ) Besluit oor die Prys
- ) Kry die produk op die Plek waar die klante dit sal koop
- ) Dink mooi oor die Promosie van jou produk.
Wat moet onder PRODUK van bemarkingsamestelling genoem word?
- ) Materiaal
- ) Ontwerp
- ) Gehalte
- ) Groottes
- ) Verpakking
- ) Etikette
Wat moet onder PRYS van bemarkingsamestelling genoem word?
- ) Kosprys
- ) Markprys
- ) Materiaal
- ) Arbeid
- ) Toerusting
Wat moet onder PLEK van bemarkingsamestelling genoem word?
- ) Maak
- ) Verkope
- ) Vervoer
- ) Koste van perseel
Wat moet onder PROMOSIE van bemarkingsamestelling genoem word?
- ) Advertensies
- ) Publisiteit
Verduidelik die woord doel
Wat ‘n mens hoop of probeer om te bereik.
Verduidelik die woord visie
Dis die ideaal waarna gestreef word