Stamselle Bl 6 (Klaar) Flashcards
Definisie van Stamselle
Stamselle, wat bekend staan as embrioniese stamselle, is lewende selle wat nuwe weefsel in ‘n ontwikkelende embrio tot stand bring. Hulle is ongespesialiseerde selle wat kan verdeel om verskillende gespesialiseerde selle te vorm. Dit beteken dat stamselle gebruik kan word om beskadigde selle en organe te herstel, en selfs om nuwe selle en organe te skep.
Stamselle het twee spesifieke eienskappe:
- Hulle kan hulself dupliseer (d.w.s. kan verdeel en nuwe stamselle vorm).
-Hulle kan differensieer in baie ander tipe selle (d.w.s. kan in enige ander tipe sel ontwikkel).
Waar kry ons stamselle?
Stamselle, wat in beenmurg, breinselle en ander weefsels gekweek kan word, kom ook in volwassenes se beenmurg voor. Onlangs is ontdek dat stamselle ook in die volwasse liggaam in vel, hare, oë, en in die murg van tande voorkom. Meestal word stamselle geoës uit menslike embrio’s en uit die bloed in die naelstring wanneer ‘n baba gebore word.
Funksie van Stamselle
Stamselle het die vermoë om beskadigde selle en organe te herstel. Hulle kan nuwe selle en weefsels vorm deur hulself te dupliseer en te differensieer in gespesialiseerde selle.