Handboek bl 1-3 Flashcards
- Selwand Kenmerke
- Is die heel buitenste laag by ‘n plantsel (stewige uitenste raamwerk van die sel).
- Dit is nie-lewend, onbuigbaar (stram) en sterk.
- Dit laat gewoonlik alle oplosbare stowwe deur.
- Bestaan hoofsaaklik uit sellulose (‘n soort koolhidraat).
- Chloroplaste (Kenmerke)
- Is ovaalvormige organelle (strukture) wat in die sitoplasma van plantselle aangetref word.
-Dit kom net voor in die groen dele van plante soos in die blare en stamme.
-Bevat ‘n ‘n kleurstof met die naam chlorofil wat aan die plant sy groen kleur gee.
- Selwand (Funksie)
- Dit gee aan die sel ‘n bepaalde vorm.
- Dit verleen stewigheid aan die sel.
- Dit beskerm die inhoud van die sel teen besering.
- Chloroplaste (Funksie)
-Chlorofil vang die son se energie vas, en vervaardig saam met koolstofdioksied en water, energieryke voedsel
(glukose en stysel) vir die plant.
- Hierdie proses word fotosintesegenoem.
- Groot vakuole (Kenmerke)
-Daar is gewoonlik slegs een groot vakuool in plantselle.
-Dit is ruimte (holte) in die sitoplasma wat omhul word deur membraan wat ‘n tonoplast genoem word.
Die ruimte binne die vakuool is met ‘n vloeistof gevul wat selsap genoem word.
- Groot vakuole (Funksie)
- Verleen ondersteuning aan die plantsel sodat dit sy vorm kan behou.
- Word gebruik as stoorplek (berging) vir voeding- en afvalstowwe.
(Daar kan dalk vakuole in dierselle voorkom, maar hulle is gewoonlik klein en tydelik.)
(Daar is ook dierselle wat glad nie vakuolehetnie.)
Vraag: Waaruit bestaan lewende dinge?
Antwoord: Lewende dinge bestaan uit verskillende soorte selle wat verskillende funksies verrig.
Vraag: Wat is seldifferensiasie?
Antwoord: Seldifferensiasie is die proses waar selle in vorm en funksie van mekaar verskil, gemik op gespesialiseerde funksies.
Vraag: Hoe vermeerder selle?
Antwoord: Selle vermeerder deur ‘n proses waar ‘n volwasse sel in twee verdeel en elke dogtersel groei tot volwassenheid en verdeel weer.
Vraag: Wat is die funksie van vel selle?
Antwoord: Vel selle beskerm die liggaam teen indringers.
Vraag: Wat is die funksie van rooibloedliggaampies?
Antwoord: Rooibloedliggaampies vervoer suurstof.
Vraag: Wat is die funksie van senuweeselle?
Antwoord: Senuweeselle gelei impulse na en van die brein.
Vraag: Wat is die funksie van spierselle?
Antwoord: Spierselle kan saamtrek en verslap.