Spreekwoorde Flashcards
Aangeklam wees
Om effens dronk te wees
Iemand hou sy/haar lyf aasvoël
Iemand kom net voor ete op ñ plek aan en vertrek onmiddelik daarna
Meer afbyt as wat jy kan kou.
Meer onderneem as wat jy kan uitvoer.
ñ Appeltjie met iemand te skil hê
ñ Netelige (slegte) saak met iemand bespreek
Iets vir ñ appel en ñ ei verkoop.
Iets spotgoedkoop verkoop.
Iemand op sy baadjie gee.
Iemand ñ pak slae gee.
Iemand op sy baadjie takseer.
Iemand na sy/haar uiterlike beoordeel.
Die baba/kind met die badwater uitgooi.
Die goeie saam met die slegte verwerp.
ñ Berg van ñ molshoop maak
Baie oordryf
Berge versit
Baie uitrig
Jou eie beuel blaas
Jou eie roem verkondig
Leë blikke raas die meeste.
Grootpraters doen die minste.
Die bobejaan agter die bult gaan haal.
Moeilikhede vooruitloop.
Ander mense se boeke is duister om te lees.
Dit is moeilik om ñ ander se sake te verstaan.
Buig die boompie solank jonk is.
Goeie karaktertrekke, dissipline moet by ñ kind gekweek word solank hy/sy nog jonk is.
Buig die boompie solank jonk is.
Goeie karaktertrekke, dissipline moet by ñ kind gekweek word solank hy/sy nog jonk is.
Soos die boom val, bly hy lê.
Gedane sake het geen keer nie.
Boontjie kry sy loontjie.
Elkeen kry sy/haar verdiende loon.
Botter smelt nie in sy/haar mond nie.
Hy/sy gee voor dat hy/sy doodonskuldig is.
Mooi broodjies bak.
Iemand vlei met eie voordeel as doel.
Jonk van jare, maar oud van dae.
Nog jonk, maar met baie ervaring.
Soos Dawid en Jonathan.
Boesemvriende.
Oorlede dood wees.
Baie stadig wees.
Met ñ draai loop.
Bedrieg
Op die draad sit.
Nie kant kies nie.
Eendrag maak mag.
As mense saamwerk, jan hulle baie vermag.
Elke huis het sy kruis
Almal het maar probleme
Die gogga het jou gebyt
Baie entoesiasties wees
Die appel val nie ver van die boom nie
‘n Kind aard gewoonlik na sy ouers
Hoe meer siele, hoe meer vreugde
Hoe meer mense saamkuier, hoe lekkerder is dit
Vele hande, ligte werk
As almal saamwerk, word die werk gou gedoen
Die aap uit die mou laat
‘n Geheim oorvertel
Iemand heuning om die mond smeer
Mooi of gawe dinge van iemand sê (gewoonlik omdat jy iets van hom/haar wil hê)
Aan iemand se lippe hang
Aandagtig luister wat ‘n persoon sê
‘n Ware heer kan jy altyd deur ‘n ring trek
‘n Goeie man lyk altyd netjies
‘n Geheue soos ‘n olifant hê
Iemand wat baie goed kan onthou
‘n Skerp tong hê
Lelike dinge sê wat seermaak
‘n Uiltjie knip
Bietjie slaap in die middag
Dis ‘n druppel in die emmer
‘n Klein bietjie
Die bul by die horings pak
‘n Moeilike taak aanpak
So skaars soos hoendertande
Baie skaars/ onmoontlik
Die persoon is ‘n bobejaan
Persoon is dom
Dit sal gebeur as perde horings kry
Dit sal nooit gebuer nie
Olie op die vuur gooi
Dinge vererger
Hy het nie al sy varkies op hok nie
Hy is bietjie mal
Jy skiet spek
Iemand jok
Die kat aan die stert beet hê
Verkeerde inligting
Geld groei nie op my rug nie
Geld is nie vrylik beskikbaar nie
Hy is hoenderkop
Hy is dronk
Soos water op ‘n eend se rug af
Dit pla jou nie
Moenie jou kop in ‘n bynes steek nie
Jy bemoei jou met ‘n saak wat jou in die moeilikheid gaan beland
Het ‘n geel baadjie aan
Is jaloers
Geel om die kiewe
Die persoon is naar
Redeneer in sirkels
Kom tot geen oplossing nie
Sirkels om iemand loop
Versigtig wee vir iemand
Jou kop op ‘n blok sit
Doodseker wees
‘n Doring in die vlees
Iets wat hinder of pla
Soos ‘n vis op droë grond
Voel baie ontuis
Daar moet nog baie water in die see loop
Nog baie dinge moet gebeur
Al die water van die see kan nie die persoon skoon was nie
Hy het iets onvergeefliks gedoen
Al dra ‘n aap ‘n goue ring, bly hy ‘n lelike ding
Mooi klere (of baie geld) maak nie iemand van binne mooi nie
Die oortjies van die seekoei
Net ‘n deeltjie van die waarheid
Die bobejaan agter die bult gaan haal
Jou bekommer oor iets wat dalk nooit gaan gebeur nie
‘n Boom word aan sy vrugte geken
Mense ken jou soos die dinge wat jy sê en doen
‘n Hare koejawel wees
‘n Moeilike persoon wees wees
Appels met pere vergelyk
Dinge vergelyk wat nie bymekaar pas nie
Sy voel so lig soos ‘n veer
Sy het geen bekommernisse nie
Lig loop vir iemand
Jy is versigtig vir iemand
‘n Storie uit die lug gryp
Nie seker is van al die feite van ‘n storie nie
Iets wat in die lug hang
‘n Probleem of situasie wat nie uitgeklaar/opgelos is nie
Te lig in die broek wees
Nie in staat wees om ‘n taak/uitdaging te voltooi nie
Iemand val uit die lug
Hy/ sy verskyn onverwags/ skielik
Om die lug te kry van iets
Om iets uit te vind
Om lugkastele te bou
Om jou te verbly/ te droom oor die mooi dinge wat nie gaan gebeur nie
Daar gaan ‘n lig vir jou op
Jy verstaan skielik iets
Om iemand uit die saal te lig
Neem sy posisie oor
Te diep in die bottel kyk
Te veel alkohol drink