Ambagte Flashcards
Apteker
iemand wat medisyne maak en uitgee
argitek
iemand wat geboue ontwerp en toesig hou wanneer dit gebou word
baanbreker
iemand wat iets vir die eerste keer doen
bloemis
iemand wat rangskikings van blomme maak en/of blomme verkoop
broodwinner
‘n persoon wat vir ‘n gesin sorg, spesifiek finasieel
dokter
iemand wat gestudeer het hoe om siek en beseerde mense te help sodat hulle gesond kan word
doktor
iemand wat die hoogste akademiese graad het
draaikous
iemand wat baie tydsaam is en nooit klaar kry nie
fynproewer
iemand wat ‘n fyn smaak het vir kos en drankies
geitjie
‘n vrou wat baie skerp is met haar tong/ ‘n vrou wat lelike goed sê wat ander seermaak
gyselaar
iemand wat aangehou word totdat die persoon wat hom aanhou dit kry wat hy vra
harmansdrup
iemand wat baie stadig is
kluisenaar
iemand wat hom-/haarself afsonder en nie met ander mense meng nie
jaagduiwel
iemand wat baie vinnig ry
krediteur
‘n persoon aan wie jy geld skuld