Sonvanger Flashcards
Hoekom wil die moeder die son in die seun se kamer hang?
1) Sy wil die kamer wat nou selfs in die dag donker is, verlieg.
2) Sy wil die helder lag van haar seun weer hoor,
Gee ‘n voorbeeld van personifikasie uit strofe 1
“die kamer kon lag”
Dis uintlik haar seun wat lag
watter twee seisoene kom in die gedig na vore?
somer and winter
Hoekom word die twee seisoene uitgelig?
Die koue winter sluit aan by hartseer en droefheid en die warme somer sluit aan by geluk en vreugde.
In die refrein, is dit duidelik dat die “somer” vir die moeder skielik verdwyn het. Hoekom voel sy so?
Dit voel vir die moeder asof die somer (geluk) uit haar lewe verdwyn het met die dood van haar seun.
Gee twee kontraswoorde uit strofe 6.
Watter gevoelens van die moeder word deur elk van die woorde uitgebeeld?
“lig” en “donker”
lig - vreugde, geluk en goeie herinneringe
donker - hartseer en droewige tyd
Wat is strofe 3 en 5
Die refrein
Watter soort rymskema kry ons in die gedig?
Paarrym
Wat beteken “in die niet kan verdwyn”?
Sonder rede wegraak
Wat is die werkwoorde in die gedig?
vang, bring, kry, steel
Verduidelik hoe die gebruik van die werkwoorde die moeder se desperaadheid beklemtoon
Eers is daar net ‘n versoek om die son te kry, maar hierdie versoek eindig met die woord “steel”. Dit dui daarop dat sy al meer desperaat word om die herinneringe aan haar seun lewend te hou.
Waarna verwys “draaie op die pad” ?
Moeilike tye
Waarom word hierdie gedig ‘n elegie genoem?
Hierdie is ‘n liriese gedig waarin weemoed uitgespreek word oor die dood van ‘n moeder se seun.
Watter vier plekke herinner die moeder haar kind?
tuin, hart, gange, kamer
Verduidelik wie die “jy” in strofe 1 en 2 is?
Enige iemand wat haar kon help om haar seun se dood te verwerk
Waarom dink jy is die laaste strofe se versreëls korter as dié van strofres 1, 2 en 4?
Die korter versreëls kan dui op die moeder se totale gebrokenheid aan die einde van die gedig/lied.
Watter sintuig word beklemtoon deur die woorde “lag” en “sing”
Gehoorsintuig
Waarna verwys die titel
‘n Gekleurde glasornament wat die sonlig weerkaats.
Gee twee redes waarom die moeder die son in die seun se kamer wil hang
1) Sy wil die kamer wat no selfs in die dag donker is verlieg.
2) Sy wil die helder lag van haar seun weer hoor.
Wie is die skrywer van die gedig?
Valient Swart, ‘n bekende Afrikaanse sanger
Vir wie is die gedig geskryf?
Die ma van die seun/ Die ma van Valient Swart se vriend na die vriend se selfdood.
Wat is die funksie van die rymwoorde in die gedig?
Die rymwoorde versterk die ritme van die gedig.