Oppie Cape Flats Flashcards
gee die korrekte Afrikaans vir “Oppie Cape Flats”
Op die Kaapse vlakte
In watter dialek van Afrikaans is die gedig geskryf?
Kaapse Afrikaans
Watter tipe gedig is dit?
vrye vers
Hoe weet ons dat dit ‘n vrye vers is?
Daar is geen vaste rympatroom
In watter opsig maak strofe 1 gebruik van inversie?
Die Kaapse Vlakte woord eers beskryf en dan sê die spreker sat hy daar opgegrooi het. Normaal begin jy met waar jy grootgeword het.
Wat is die funksie van die inversie?
Dit plaas ‘n mens onmiddelik in die realiteit van waar die spreker grootgeword het. Dit help ook om die strofe te laat opbou tot ‘n klimaks.
Wat is die stemming van die gedig?
Negatief en vol selfverwyt
Hoekom kan ‘n mens nie die hemel sien nie?
1) Daar is baie mense
2) Daar is baie huise
(Dit is oorvol)
Wat is die funksie van die uitroepteken?
Dit beklemtoon hoe emosieel di spreker is.
Waarna verwys die titel en subtitel?
Die titel verwys duidelik na die omgewing waarna in die gedig verwys word terwyl die subtitel na die interteks, Toon van den Heever se gedig “In die Hoëveld”, verwys.
Die verskil tussen Oppie Cape Flats se stemming en Op die Hoë Veld se stemming
Terwyl ’n mens kan sê die Toon van den Heever-gedig is romanties en nostalgies, met ‘n ondertoon van hartseer, is “Oppie Cape Flats” eerder negatief en vol selfverwyt.
gee die korekte Afrikaans vir:
- biesage
- droem
- hiemel
- saaidstep
- siewe
- stêk
- vegiet
besig
droom
hemel
systap
sewe
sterk
vergeet
Wat is “oorrie” ‘n voorbeeld van?
Assimilasie
Verduidelik die personifilkasie in r23
“slietels raas”
Die sleutels word ‘n menslike eienskap (raas) gegee.
Wat is die funksie van die personifikasie in r23?
Dit beklemtoon die harde realiteit van sy situasie. Eerder as om sy familie te hoor, hoor hy die geklingel van sleutels wat hom herinner dat hy in die tronk is.