Die Tarentaal Flashcards
Wat is die tema van die gedig?
Die hartseer as ‘n lewensmaat sterf
Wat bedoel droefgeestig?
Baie hartseer
Wat is die funksie van die aandagstrepe in r5?
Dit beklemtoon dat hy al lank gesoek het
Wat is die funksie van die asterisk?
Dit dui aan die wending wat ons in strofe 4 kry
Watter tipe rym is in die gedig?
Paarrym
Wat is die wending in die gedig?
In strofe 4 is die spreker die jagter en die gebeure word uit sy oogpunt beskryf
Wat is die funksie van die akuuteken (sáám)
Dit beklemtoon dat hulle saam is
Wat is die antitese/teenstelling in die gedig?
“sáám” en “aléén”
Gee ‘n voorbeeld van personifikasie
“kruiwawiel se skreeugeluid”
Wat is die uiterlike gebou?
Die gedig bestaan uit vier Kwatryne
Kwatryn = vier versreëls in een strofe
Wat is die stemming van die gedig?
Gee ‘n vorbeeld van elke strofe wat die stemming aandui
‘n Droewige stemming
“kerm”
“eensaamheid”
“Verderf”
“dood”
Watter tyd is skeemring?
Die tyd wanneer dit begin donker word
Wat beteken “knal”
Die geluid van ‘n geweerskoot
Gee ‘n sinoniem vir kameraad en verduidelik hoekom die digter “kameraad” gebruik het
maat/ vriend
Die digter het kameraad gebriuk, want ‘n kameraad is nader aan jou as ‘n vriend
Wat beteken gemik?
Dit bedoel om op ‘n teiken te aanlê
Dit wys dat die jagter bedoel het om die tarentaal te skiet
Hoe kon ons tydsverloop uitwys in die gedig?
Verskillende strofes word in verskillende tye geskryf
Strofe 1 &2- vind plaas in die teenwoordige tyd
3 - toekomende tyd
4 - verlede tyd en teenwoordige tyd
Wat sê ons as ons iemand moet bemoedig wat ‘n lewensmaat se dood ervaar het?
Ek is jammer vir jou verlies
Watter gevoel ervaar ons as die dood ons raak?
Hartseer
Ons sal die persoon mis
Verduidelik of jy van tarentaal vleis hou of nie
Nee. Ek het dit nog nooit gehad nie, maar ek het gehoor dat dit baie taai is.