Sektore Van Die Ekonomie Flashcards
Noem die 3 ekonomiese sektore
Primêr
Sekondêr
Tersiêr
Beskryf die primêre sektor
Sluit nywerhede in wat betrokke is by die ontginning van natuurlike hulpbronne uit die aarde of see
Beskryf die sekondêre sektor
Die sektor waarin alle ontginde hulpbronne omgeskakel of verwerk word na bruikbare produkte
Beskryf die tersiere sektor
Sluit alle besighede in wat goedere wat deur die primêre en sekondêre bedrywe vervaardig is oordra na verbruikers deur hul winkels, kantore en informele handel
Dit verdeel in 2 groepe nl. handel en dienste
Beskryf handelsonderneming
Fokus op die manier hoe die produk aan die verbruiker gelewer word
Groothandelaars- verkoop die produkte in groot hoeveelhede aan verbruikers direk uit die fabriek
Kleinhandelaars- koop produkte van groothandelaars en verkoop dit in kleiner hoeveelhede aan verbruikers
Wat is distribusie
Die proses om ‘n produk uit ‘n fabriek na ‘n groothandelaar, na ‘n handelaar en uiteindelik na die verbruiker te kry
Noem en beskryf die drie tipes dienste
Persoonlike dienste- lewer ‘n persoonlike diens aan kliënte soos tandartse
Gemeenskapsdienste- word deur die regering voorsien, mense betaal direk of indirek vir die dienste soos vullisverwydering
Kommersiële dienste- sluit aktiwiteite in wat betrokke is om goedere by die verbruiker te kry soos advertensies en vervoer
Wat beteken dit as iets nie hernubaar is
Dit kan nie hernu word as dit alles opgebruik is kan daar nooit weer daarvan gemaak word nie byvoorbeeld water en olie
Wat is die volhoubare gebruik van hulpbronne
Dit beteken dat mense hulpbronne op ‘n manier gebruik wat hulle sal toelaat om so lank as moontlik behoue te bly
Beskryf die ekonomiese probleem van skaarsheid
Dit ontstaan wanneer daar skaarsheid van hulpbronne is wat onvervangbaar is. Om ‘n volhoubare ekonomie daar te stel moet ons die hulpbronne minder mors en meer effektief gebruik
Noem en beskryf die tipes arbeiders in elke sektor
Ongeskoold- vereis nie hoë vaardigheidsvlak nie, is dikwels fisiese arbeid en in die primêre sektor
Halfgeskoold- vereis mate van vaardigheid, opleiding en onafhanklike oordeel, gewoonlik in die sekondêre sektor
Geskoold- vereis hoë vaardigheidsvlak, opleiding en onafhanklike oordeel, gewoonlik in tersiere sektor