Prysteorie - Vraag & Aanbod Flashcards
Wat is vraag
Vraag is om die behoeftes van die verbruiker te kwantifiseer. Dit is belangrik dat ‘n besigheid nie net bepaal wat verbruikers nodig het en wil hê maar ook wat hulle bereid is om daarvoor te betaal.
Voordat iets ‘n vraag genoem kan word moet dit aan die volgende vereistes voldoen:
Behoefte aan ‘n produk of diens
Verbruiker moet in staat wees om ‘n spesifieke bedrag te betaal
Verbruiker moet bereid wees om die spesifieke prys te betaal
Wat is die wet van vraag
Wanneer die prys van ‘n produk toeneem sal die vraag afneem. Wanneer die prys van ‘n produk afneem sal die vraag toeneem
Leer lang vraag van verandering en hoeveelheid gevra op bladsy 2 van kwartaal 2 ebw
Wat is aanbod
Aanbod is die kwantifisering van die aantal eenhede wat produsente gewillig is om teen spesifieke pryse te verskaf. Besighede moet bepaal hoeveel van ‘n produk hulle bereid is om teen verskillende pryse te voorsien
Wat is die wet van aanbod
Wanneer die prys van ‘n produk toeneem sal die aanbod van die produk toeneem. Wanneer die prys van die produk afneem sal die aanbod van ‘n produk afneem
Hoekom word aanbod verlaag
Soms hoe verskaffers hulle produkte terug om ‘n styging in die prys te forseer
Verskaffers gebruik soms die voorraad self
Bederfbare produkte word soms sleg voor hulle die mark bereik, daarom is die hoeveelheid geproduseer nie dieselfde as die hoeveelheid wat verskaf word
Leer langvraag van verandering in hoeveelheid aangebied op bladsy 5 in kwartaal 2 ebw
Wat is ‘n mark surplus, weet ook waar om dit te kry op ‘n aanbodkrom
Die wet van vraag is hoe hoër die prys hoe laer is die vraag en die wet van aanbod is hoër die prys hoe groter die hoeveelheid verskaf. Daar ontstaan ‘n surplus omrede mense baie minder koop as wat aangebied word wanneer die prys styg
Wat is ‘n mark tekort, weet ook waar om dit te kry op ‘n aanbodkrom
Die wet van aanbod is hoe laer die prys, hoe minder bied verskaffers en die wet van vraag is hoe laer die prys, hoe hoër is die vraag. Daar ontstaan ‘n tekort omdat verbruikers meer vra as wat verskaffers bereid is om aan te bied
Wat is prys plafonne
‘N maksimum wettige prys waarteen goedere verkoop mag word
Wat is prys vloere
‘N minimum wettige prys waarteen goedere verkoop mag word