Die Ekonomiese Kringloop Flashcards
Wat is die ekonomiese kringloop
Dui die beweging van goedere, dienste en geld tussen die rolspelers in ‘n ekonomie aan
Wat is ‘n oop ekonomie
Hulle is betrokke by die produksie prosesse binne en buite. ‘n land met ‘n oop ekonomie voer in en uit, verkoop aandele aan ander lande, leen geld aan van ander lande en hul mense kan tussen ekonomië beweeg vir werk
Beskryf ‘n geslote ekonomie
Hulle het geen interaksie met ander lande nie, hulle dryf nie handel buite die grense van die land en aandele word nie verhandel nie. Sy inwoners mag nie in ander lande werk nie
Noem die rolspelers in ‘n geslote ekonomie
Besighede (firmas)
Regering
Huishoudings
Beskryf die rol van firmas in ‘n geslote ekonomie
Koop produksiefaktore
Betaal faktormark vir produksiefaktore
Verkoop goedere en dienste aan die goedere mark
Ontvang ‘n inkomste van hierdie verkope
Beskryf die rol van die regering in ‘n geslote ekonomie
Koop produksiefaktore by faktormark
Betaal vir produksiefaktore
Koop goedere van goederemark
Betaal goederemark vir produkte
Verkoop publieke goedere en dienste aan huishoudings
Ontvang belasting van huishoudings
Verkoop publieke goedere en dienste aan besighede
Ontvang belasting van besighede
Beskryf die rol van huishoudings in ‘n geslote ekonomiese stelsel
Verkoop produksiefaktore
Ontvang inkomste van faktormark
Koop goedere en dienste van goederemark
Betaal goedere mark vir goedere en dienste
Leer vraag 1.2 van aktiwiteit 2
Done?
Leer tabel van organisasie hulpbronne
Wat is ‘n produsent verbruiker en verbruik
Produsent - ‘n persoon of onderneming wat goedere maak om te voldoen aan die behoeftes van die verbruiker of diens te lewer ten einde ‘n behoefte te bevredig
Verbruiker - ‘n persoon wat goedere en dienste gebruik om hul behoeftes te bevredig
Verbruik - die proses om goedere en dienste te gebruik om behoeftes te bevredig
Wat is organisasie hulpbronne
Dit verwys na die hulpbronne wat ‘n besigheid gebruik om seker te maak dat die besigheid effektief funksioneer