Ontleding en vertolking van maatskappye se finansiele state Flashcards
Wie gebruik die finansiele state van maatskappye?
- Die aandeelhouers
- Potensiele aandeelhouers
- Direkteure
- Ouditeure
- Maatskappye en intelektuele eiendomskommisie
- Finansiele instellings
Krediteure wat kort termyn krediet verskaf - Werknemers en hulle verteenwoordigende vakbonde
- Suid-Afrikaanse inkomstediens
- Mededingers
- Die finansiele verslaggewers
Wat is die 5 hoofdele van die gepubliseerde jaarlikse verslag van ‘n maatskappy?
- Staat van omvattende inkomste
- Staat van Finansiele posisie
- Kontantvloeistaat
- Direkteursverslag
- Ouditeursverslag
Wat behels die direkteurverslag?
Dit verduidelik sekere belangrike gebuertenisse gedurende die jaar en enige gebeure wat plaas gevind het nadat die verslae opgestel is. Hierdie verslag bevat belangrike feite om die syfers in die finansielle state aan te vul
Wat toon die volgende:
1. Bruto wins op verkope
2. Bruto wins op koste van verkope
3. Bedryfswins op verkope
4. Bedryfsuitgawes op verkope
5. Netto inkomste op verkope
Winsgewendheid en bedryfseffektiwiteit
Wat toon die volgende:
1. Netto bedryfsbates
2. Bedrysverhouding
3. Vuurproefverhouding
4. Vooraadomsetsneleid
5. Tydperk van voorraad voorhande
6. Debiteure-invorderingstermyn
7. Krediteurebetalingstermyn
Likiditeit
Wat toon die volgende:
1. Netto bates
2. Totale bates tot totale laste
Solvensie
Wat toon die volgende:
1. Skuld
Risiko/hefboom
Wat toon die volgende:
1. Opbrengs op eienaarsekwiteit
Opbrengs
Met wat kan jy die finansiele aanwysers vergelyk om dit te vertolk?
- Finansiele aanwysers van dieselfde onderneming vir vorige jare
- Finansiele aanwysers van ander ondernemings wat dieselfde soort sake doen
- Alternatiewe geragslyne
- ‘n Bepaalde plan of doelwit
- Algemeen aanvaarbare norme en standaarde
Noem die finansiele aanwysers van toepasing op maatskappye
- Netto bedryfsbates
- Voorraadomsetsnelheid en tydperk van voorraad voorhande
- Berekening van tydperke vir debiteure en krediteure
- Skuld/Ekwiteitsverhouding
- Opbrengs op totale kapitaal aangewend
- Opbrengs vir aandeelhouers
- Netto batewaarde per aandeel
Waarvan moet die kleinhandelsaak seker maak om sy besdryfskapitaal doeltreffend te beheer?
- Daar genoeg likiede fondse is om lopende skulde te betaal wanneer nodig
- Voorraad binne ‘n redelike tydperk verkoop word
- Dat kontant binne ‘n redelike tydperk van die debiteure ingevorder word
- Dat enige surplus likiede bates wat nie onmiddelik benodig word nie, bele word om ‘n opbrengs daarvan te verdien
Hoe bereken jy die netto bedryfsbates?
Netto bedryfsbates = Bedryfsbates - Bedryfslaste
Hoe bereken jy die bedryfsverhouding?
Bedryfsverhounding = Bedryfsbates : Bedryfslaste
Wat doen die vuurproefverhouding?
Dit toets die vermoe van die maatskappy om sy lopende verligtinge onder buitengewone omstandighede na te kom.
Dit skakel voorraad by die bedryfsbates uit. Dit vergelyk slegs die debiteure en die kontant met die bedryfslaste.
Wat is die twee maniere hoe jy die vuurproefverhouding kan bepaal?
Vuurproefverhouding = (Bedryfsbates - Voorraad) : Bedryfslaste
Vuurproefverhouding = (Ontvangbares + Konstant) : Bedryfslaste
Wat is die optimun voorraadvlak?
Dit is wanneer daar genoeg voorraad in die onderneming is dat ons nie uit voorraad sal raak nie, maar terselfdetyd die minimum kontant in voorraad opgesluit is
Hoe bereken jy die voorraadomsetsnelhed?
Vooraadomsetsnelheid = Koste van verkope ÷ Gemiddelde handelsvoorraad
Hoe bereken jy die gemiddelde voorraad?
Gemiddelde voorraad = (Aanvangsvoorraad + Slotvoorraad) ÷ 2