Maatskappy : REKENINGE EN FINANSIËLE STATE VAN PUBLIEKE MAATSKAPPYE IN VERGELYKING MET DIE VAN EENMANSAKE EN VENNOOTSKAPPE Flashcards
Wat is `n maatskappy?
ondernemingsvorm wat gestig word deur ‘n vereniging van persone met ‘n gemeenskaplike doelwit om wins te maak as ‘n afsonderlike wetlike entiteit met sy eie regspersoonlikheid.
Wie het eie regspersoonlikheid?
`n Maatskappy wat gerigestreer is in terme van die maatskappywet.
Wat beteken eie respersoonlikheid?
Dit is wanneer die maatskappy volgens wet as ‘n persoon beskou word, m.a.w. dit kan in sy naam kontrakte sluit, geregtelike stappe aanhangig maak, dagvaar, vervolg en gedagvaar word.
Noem die 12 implikasies wat die regspersoonlikheid van maatskappye het:
- Akte van inlywing
- Aandele en aandeelhouers
- Direkteure
- Kontinuiteit
- Die bates van `n maatskappy
- Aanspreeklikheid van skuld van `n maatskappy
- Vermoe om kontrakte aan te gaan
- Onafhanklike ouditeure
- Verdeling van wins
- Inkomstebelasting
- Registrasie van `n maatskappy
- Maatskappy se name
Wat is Akte van inlywing?
Dit is die dokument wat nodig is om ‘n maatskappy te vorm. Hierdie dokument sit die basiese reëls uiteen hoe die maatskappy bedryf moet word.
Watter invloed het regspersoonlikheid op aandele en aandeelhouers?
Die eienaars wat die aandeelhouers is, verskaf die kapitaal aan die maatskappy. Aangesien maatskappye baie eienaars kan hê word die kapitaal in aandele verdeel. Elke aandeelhouer voorsien kapitaal deur aandele te koop.
Wat is die verantwoordelikhede van direkteure in maatskappye?
Daar word van direkteure verwag om die maatskappy tot die beste van hulle vermoë te bestuur. Direkteure word dus vergoed deur direkteursfooie.
Wat is kontinuïteit?
‘n Maatskappy het die vermoë om sy eie regte en pligte te hê met ‘n onbepaalde bestaansreg onafhanklik van die eienaars, wat beteken dat die maatskappy voort kan gaan indien eienaars afsterf.
Wat is die bates van ‘ maatskappy?
Bates is die uitsluitlike eiendom van die maatskappy en dit behoort ni aan die aandeelhouers nie, maar aandeelhouers deel wel in die bates wanneer die maatskappy gelikwideer word.
Wat is die aanspreeklikheiid van skuld van ‘n maatskappy?
Die maatskappy is aanspreeklik vir die skuld van die maatskappy en nie die aandeelhouers nie.
Watter vermoë het ‘n maatskappy om kontrakte aan te gaan?
Die maatskappy het ‘n selfstandige kontraktuele bevoegdheid en hulle kan sake met ander regspersone doen wat aandeelhouers insluit. Slegs direkteure of personeellede met spesial gesag mag namens die maatskappy optree.
Wat is onafhanklike direkteure?
Onafhanklike ouditeue doen toetse en kontroleer die boeke sodat hulle, hulle menings kan uitspreek oor die betroubaarheid van die finansiële state. Hulle word deur die maatskappy vergoed deur ouditfooie.
Hoe werk die verdeling van winste in die maatskappy?
Die winste van die maatskappy behoort aan die maatskappy en nie aan die aandeelhouers nie. Die aandeelhouers kan slegs aanspraak maak op die wins wanneer hulle aandele verkoop word.
Hoe werk die inkomstebelasting van ‘n maatskappy?
Maatskappye wat wins verdien moet inkomste belasting aan die SA Inkomstediens (SAID/SARS) in die middel en aan die einde van ‘n finansiële jaar betaal.
Waar moet maatskappye geregistreet word?
Alle maatskappye moet by die maatskappye kommissie wat bekend staan as die KMIE (Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geregistreer wees.
Watter vereiste is daar op die naam van ‘n maatskappy?
Die maatskappy se naam moet eindig met ‘Beperk” of ‘Bpk”.
Wat kan aandeelhouers verloor wanneer ‘n maatskappy insulvent gaan?
Die aandeelhouers kan slegs die kapitaal verloor wat hulle in die maatskappy geplaas het.
Hoe maak die Maatskappywet voorsiening vir die beskerming van ‘n maatskappy se aandeelhouers, sy potensiële aandeelhouers en sy krediteure?
- Deur die behoorlike inkorporering en registrasie van die maatskappy
- Die hou van behoorlike en volledige rekeningkundige en ander rekords
- ‘n Redelike voorlegging en openbaarmaking van die finansiële toestand en die finansiële resultate van die maatskappy in die voorgeskrewe jaarlikse finansiële state
- Behoorlike bestuur van die maatskappy
12
Watter maatskappye word deur die Maatskappywet Nr. 71 van 20058 toegelaat?
Winsgewende en nie-winsgewende maatskappye.
Wat is die verskil tussen ‘n winsgewende en nie-winsgewende maatskappy?
Winsgewende maatskappye word gestig om wins vir die aandeelhouers / eienaars te genereer. Nie-winsgewende maatskappye word gestig met die doel dat die publiek voordeel daaruit trek.
Benoem die vier tipes winsgewende maatskappye?
- Openbare Maatskappye
- Privaat Matskappye
- Staatsbeheerde Maatskappye
- Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid.
Wat is ‘n openbare maatskappy?
‘n Winsgewende maatskappy waarvan aandele aan die algemene publiek aangebied word, bv. Anglo-American.
Wat is ‘n privaat maatskappy?
‘n Winsgewende maatskappy waarvan die aandele nie aan die algemene publiek verkoop word nie en waar beperkinge toegepas word vir die oordrag van aandele aan ander persone.
Wat is ‘n staatsbeheerde maatskappy?
‘n Maatskappy wat besit word deur ‘n munisipaliteit of ‘n maatskappy wat geregistreer is as ‘n openbare onderneming in terme van die Openbare Finansiële Bestuur bv. SA Buro vir Standaarde (SABS).