Maatskappy: Finansiele verslagdoening Flashcards
Wat is die drie finansiele state van maatskappye?
- Imkomstestaat (Staat van omvattende inkomste)
- Balansstaat (Staat van finansiele posisie)
- Kontantvloeistaat
Wat is die ander verslae waarvan jy bewus moet wees?
- Ouditeursverslag
- Direkteursverslag
Wat is die vyf belangrikste van ‘n maatskappy se jaarlikse verslag?
- Staat van omvattende inkomste
- Staat van finansiele posisie
- Kontantvloeistaat
- Direkteureverslag
- Onafhanklike ouditsverslag
Wie is geintereseerd in die finansiele state of jaarverslae van maatskappye?
- Die eienaars van die onderneming
- ‘n Potensiele eienaar
- Die bestuur van die onderneming
- Individue of organisasies wat geld aan die onderneming geleen het
- Die werkers van die onderneming en die vakbonde wat hulle verteenwoordig
- Die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID)
- Die onafhanklike ouditeur wat verslag aan die aandeelhouers moet doen
Hoekom sal die verskillende individue belangstel in die finansiele state?
- Die eienaars: Vir die algehele welstand van die onderneming
- Die mense wat geld aan ondernemings geleen het: om te kyk of daar voldoende bates in die ondernemings is om die lenings te dek
- Die werknemers en vakbonde: Om te kyk of die onderneming winsgewend is. En vir loon en selarisverhogings
- SAID: die wins en die belasting wat daarop betaal moet word
Wat is die wenslike eienskappe van finansiele state?
- Relevansie
- Getroue weergawe
- Vergelykbaarheid
- Verifieerbaar
- Tydigheid
- Verstaanbaar
Relevansie:
Maak ‘n verskil aan verbruikers
Getroue weergawe:
Neutraal, onpartydig en regverdig vir alle gebruikers. Volledig en foutvry
Vergelykbaarheid:
Een maatskappy met ‘n ander, een jaar met ‘n ander
Verifieerbaar:
Ondersteun deur bewyse
Tydigheid:
Stiptelikheid. Geen onbillike vertragings
Verstaanbaar:
Nie verwarrend
Die invloed van die AARP op finansiele state
- Die besigheidsentiteitsbeginsel
- Historiese kostebeginsel
- Lopende saakbeginsel
- Paringsbeginsel
- Die omstigheidsbeginsel
- Die wesenlikheidsbeginsel
Die besigheidsentiteitsbeginsel:
Die eienaar van die onderneming sal ‘n aparte bankrekening vir die onderneming oop maak. En die finansiele state van die maatskappy sal dan nie die eienaar se persoonlike transaksies toon nie.
Historiese kostebeginsel:
Bates moet teen die bedrag wat oorspronklik daarvoor betaal is getoon word.
Lopende saakbeginsel:
Finansiele state word opgestel sodat die betrokke onderneming vir die voorsienbare toekoms sal voortgaan om sake te doen.
Paringsbeginsel:
Dit het 2 dele:
1. Die inkomstes en uitgawes moet op die regte tyd getoon word.
2. Indien ‘n uitgawe aangegaan is ter verkryging van ‘n inkomste, die items in dieselfde stel finansiele state teen mekaar afgepaar moet word.
Die omsigtigheidsbeginsel:
Finansiele resultate word op ‘n konserwatiewe wyse weer-gegee, d.w.s. ‘n rekenmeester sal nie inkomste insluit wat nie bo alle twyfel verdien is nie, maar die rekenmeester sal vir enige moontlike verlies voorsiening maak, self al is hy nie seker van die volle monetere waarde daarvan nie.
Die wesenlikheidsbeginsel:
Die wesenlike items moet spesifiek in die finansiele state getoon word.
Watter vereis artikel 24 van alle maatskappye?
- die akte van oprigting
- rekords van huidige en vorige direkteure
- verslae wat by ‘n algemene jaarvergadering voorgehou is
- Die jaarlikse finansiele state
- rekenkundige rekords
- kenisgewings en notules van aandeelhouers se vergaderings
- notules en belsuite van direkteure se vergaderings
- ‘n sekuriteitsregister
Watter rekenkundige rekords moet gehou word volgende artikel 28?
- Bateregister
- Rekords van lenings
- Register van inkomstes en uitgawes
- Daaglikse rekords van kotant ontvang en kontantbetalings
- Daaglikse rekords van goed wat op krediet gekoop en verkoop is
- State van elke rekening in ‘n finansiele instelling
- Rekord van kontraktuele verpligtinge wat in die toekoms na gekom moet word
Finansiele state moet:
- Die stand van sake en besigheid van die maatskappy rapporteer
- Bates, laste, ekwiteit, inkomste en uitgawes aantoon
- Nie misleidend of onvolledig wees nie
- Aantoon of dit deur ‘n onafhanklike ouditeur geouditeer is, en of dit aan ‘n onafhanklike oorsig onderwerp is.
Wat doen artikel 29?
Dit bepaal dat maatskappye aan die voorgeskrewe rapporteringstandaarde moet voldoen. Publieke maatskappye moet aan die Internationale finansiele verslagdoeningstandaarde voldoen.
Wat behels artikel 30?
Dit lys die spesifieke items wat in die finansiele state genoem moet word. Dit noem ook die insluiting van die onafhanklike ouditsverslag en ‘n direkteursverslag met die ander finansiele state.
Internationale finansiele verslagdoeningstandaarde (IFRS)
Die internationale rekenkundige standpunte raad (IASB) speel wereldwys ‘n belangrike rol. Die rol van hierdie liggaam is om die IFRS te ontwikkel. Dit bestaan uit stellings of riglyne oor hoe verslae gedoen moet word.
Wat is die doel van die IFRS?
Die doel is om die internationale vergelykings so maklik as moontlik te maak en om die aantal verskillende variasies in die hantering van die finansiele state items te verminder.
Waarvoor staan SAIGR?
Suid-Afrikaanse instituut van geoktrooieerde rekenmeesters
Waarvoor staan SAIPR?
Suid-Afrikaanse instituut van profesionele rekenmeesters