Onderwerp 2: Rekeningkundige Raamwerk en Aanbieding van Finansiële State Flashcards
Doel van IAS 1
- riglyne vir die struktuur en inhoud van finansiële state uiteen te sit
- om die algehele vereistes vir die aanbieding van finansiële state uiteen te sit
- om sekere onderliggende aannames vas te stel
Doel van finansiële state
Verskaf inligting oor finansiële posisie, finansiële prestasie, kontantposisie aan gebruikers om finansiële besluite te neem
Die volgende algemene kenmerke vir die aanbieding van finansiële state word in IAS 1 geïdentifiseer
- Redelike weergawe & Nakoming
- Lopende saak
- Toevallingsbasis
- Wesenlikheid & Samevoeging
- Verrekening
- Gereeldheid van verslagdoening
- Vergelykende inligting
- Konsekwentheid
- Redelike weergawe
Getroue weergawe (KR) - voldoen aan definisies en erkenningskriteria
Nakoming van IFRS - verklaring van voldoening
- Lopende saak
Bestuur maak die besluit of dit ‘n lopende saak is
Berei FS voor volgens die beginsel van lopende saak, tensy dit gelikwideer of gestaak word
Wesenlike onsekerheid > openbaar onsekerhede
Nie ‘n lopende saak > feit, rede en basis wat gebruik is
- Toevallingsbasis
Elemente word erken wanneer aan definisies en erkenningskriteria voldoen is.
Dus word transaksies erken in periodes wanneer dit plaasvind en nie wanneer kontant ontvang of betaal word nie
- Wesenlikheid & samevoeging
Wesenlike soortgelyke items, toon apart
Nie-wesenlike soortgelyke items, groepeer saam
- Verrekening
Die internasionale rekeningkundige standaard 1 (IAS 1) bepaal dat bates en verpligtinge nie teen mekaar uitgeskakel mag word nie, tensy dit vereis of toegelaat word deur ‘n standaard of interpretasie.
Dieselfde geld vir inkomste en uitgawes.
Uitskakeling van wins, verliese en verwante uitgawes is toelaatbaar wanneer bedrae nie materieel is nie en wanneer dit nodig is om die substansie van ‘n transaksie of gebeurtenis weer te gee.
- Gereeldheid van verslagdoening
Jaarliks
As jaareinde verander (verslagdoenings-datum kleiner of groter as een jaar):
Openbaar die rede en vermeld dat daar geen vergelykbaarheid met vorige jaar is nie
- Vergelykende inligting
Vir alle bedrae & beskrywende inligting
Faktore wat kan lei tot ‘n verandering in die aanbieding
Terugwerkende verandering in rekeningkundige beleid
Hersiening van vorige tydperke as gevolg van foute of herklassifikasie van items
- Vergelykende inligting (chat gpt)
Die vergelykende inligting in finansiële state is krities. Dit vereis dat alle numeriese inligting met ‘n vergelykende bedrag vir die vorige periode gepaard gaan, as dit nie deur ‘n Standaard of Interpretasie andersins toegelaat word nie. Selfs narratiewe inligting moet vergesel word deur vergelykende data indien nodig vir begrip.
Dit is noodsaaklik vir gebruikers om tendense te identifiseer. Daarom moet vergelykende inligting goed gestruktureer word om die bruikbaarheid van die finansiële state te verbeter.
Daar is spesifieke vereistes vir die aanbieding van vergelykende inligting, insluitend minimumvereistes vir finansiële state paradigme. Daar kan ook addisionele inligting voorsien word, mits dit in ooreenstemming met die IFS’s is. Onder sekere omstandighede moet ‘n derde staat van finansiële posisie verskaf word aan die begin van die voorafgaande periode.
- Vergelykbare inligting, Herklassifikasie
Veranderings in aanbieding in die huidige jaar
- Aard van herklassifikasie
- Bedrae van items wat herklassifiseer is
- Rede vir herklassifikasie
- Pas die openingsaldo’s van die vergelykende bedrae ook aan
- Vergelykende inligting
Onprakties om vergelykende syfers te herklassifiseer
- Rede waarom hulle nie herklassifiseer kan word nie
- Beskryf aard van veranderinge wat sou aangebring word as syfers herklassifiseer was
= “Onprakties”
- Nie ‘n ontsnappingsklousule nie
- Entiteit moet elke redelike poging toepas
- Konsekwente aanbieding
Betreffende tyd en soortgelyke items
Situasies wat kan lei tot verandering in aanbieding
Wesenlike verandering in aard van besigheid
Meer toepaslike inligting word benodig
Nuwe standaard of interpretasie vereis dit
Verander ook vergelykende inligting
Aantekeninge
- Basis van voorbereiding
- Verklaring van voldoening aan IFRS
- Rekeningkundige beleid:
1. Metingsbasisse van bates
2. Inkomste-erkenning
- Bronne van ramingsonsekerheid
- Bestuur van kapitaal
- Dividende
- Ander – domisile, adres, aard van bedrywighede en hoofaktiwiteite