ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA Flashcards

1
Q

VRAAG 2: HOE HET KUBA DIE POPULAR MOVEMENT FOR THE LIBERATION
OF ANGOLA (MPLA) GEDURENDE DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG VAN 1975 ONDERSTEUN?
BRON 2A
Hierdie bron is deel van ‘n brief wat Kommandant Manuel Piñeiro Losada (Kuba se
Adjunkminister van Binnelandse Sake) in Julie 1975 aan die Kubaanse Minister van
die Rewolusionêre Gewapende Magte geskryf het. Dit fokus op hoe Kuba van
voornemens was om die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) te
ondersteun.
Ons bespreek nou al vir ‘n geruime tyd die moontlikheid om Angola binne te gaan met
die doel om die rewolusionêre bewegings in daardie land te leer ken. Hierdie
bewegings was ‘n geheim, selfs vir daardie sosialistiese lande wat aansienlike bystand
(hulp) aan hulle verleen het. Ek beskou dit nie as noodsaaklik om die strategiese
belangrikheid van hierdie lande te verduidelik nie.
Ons kamerade in die MPLA het in Mei die volgende van ons versoek:
 Dat ons 10 mans in Kuba in guerrilla-oorlogvoering oplei, met inagneming van die
positiewe ervarings wat hulle gehad het met mense wat in Kuba opgelei is (hulle is
die leiers van verskillende guerrilla-magte).
 Dat ons ‘n bemanning stuur om ‘n DC-3 (vliegtuig) vanaf Zambië of die Kongo na
Angola te vlieg wat toerusting vir die guerrilla-magte sal vervoer. Hulle het
verduidelik dat as gevolg van die groot afstande tussen die Noordelike Front en die
grense met Zambië en die Kongo, dit uiters moeilik is om die voorraad oor land vol
te hou en dat dit vanaf daardie front is waar hulle kontakte het en aktiwiteite in die
hoofstad Luanda beplan wat militêr en polities belangrik is
 Hulle wil ‘n hoëvlak-afvaardiging na Kuba stuur om betrekkinge met ons Party te
bespreek.
Ons het voorgestel dat dit ‘n goeie idee sou wees om van ons kamerade na die
binneland van Angola te stuur om die terrein (landskap) te leer ken en om ‘n film te
maak, waartoe hulle ingestem het en hulle het voorgestel dat hulle versoeke uitgestel
word totdat ons afvaardiging sou terugkeer. Die afvaardiging sal deur 150 troepe onder
die leiding van een van die bevelvoerders wat in Kuba opgelei is, beskerm word …

Waarom, volgens die bron, wou Losada Angola ‘binnegaan’?

A

om die rewolusionêre bewegings binne daardie land te leer ken ‘

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem die TWEE versoeke wat die MPLA in Mei 1975 aan Kuba gerig
het, soos in die bron aangehaal.

A

 ‘Dat ons 10 mans in Kuba met guerrilla oorlogvoering oplei’
 ‘Dat ons ‘n bemanning stuur om ‘n DC-3 (vliegtuig) vanaf Zambië of die Kongo
na Angola te vlieg om toerusting aan die guerrilla te transporteer (verskaf)’
 ‘Hulle wil ‘n hoe vlak delegasie na Kuba stuur om betrekkinge met ons Party te
bespreek’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verduidelik waarom dit vir die Kubane nodig was om die terrein in
Angola te leer ken.

A

 Om strategies te beplan hoe om die soldate voor te berei indien die vyand
aanval
 Om die Kubaanse troepe vertroud te maak met terrein van die slagveld
 Hierdie verkenning sou die Kubaanse soldate voorberei om daarvolgens te
reageer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Lewer kommentaar op die mate waartoe ‘n geskiedkundige hierdie
bron as betroubaar sou beskou wanneer die redes vir Kuba se
betrokkenheid in Angola nagevors word.

A

Dit is deel van ‘n brief wat eerstehandse informasie van hoe Kuba die MPLA
wou ondersteun, bevat
 Die brief was geskryf deur ‘n hoe profiel Kubaanse regeringsamptenaar,
Bevelvoerede Manuel Piñeiro Losada (Kuba se Adjunk Minister van Binneland)
na die Kubaanse Minister van die Rewolusionêre Gewapende Magte
 Dit beklemtoon Kuba se voorneme om te reageer op die MPLA se versoek om
militêre bystand
 Die datum Julie 1975 stem ooreen met die gebeure wat plaasgevind het in
Angola

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

BRON 2B
Die bron hieronder is geneem uit Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria
deur P Gleijeses. Dit verduidelik die militêre ondersteuning wat Kuba in 1975 aan die
MPLA verskaf het.
Nadat ‘n reeks vergaderings met Agostinho Neto, die leier van die MPLA, gehou is, het
die hoof van die Kubaanse kontingent (groep), Brigadier-generaal Raul Diaz Argüelles,
en sy span planne opgetrek vir die implementering van ‘n Kubaanse
opleidingsprogram wat aan al Neto se vereistes sou voldoen. Die opleidingsprogram,
soos voorgestel deur Argüelles, het 480 Kubaanse deskundiges ingesluit asook die
daarstelling van vier kampe in Angola wat in Cabinda, Salazar (N’Dalatando),
Benguela en Henrique de Carvalho (Saurimo) geleë sou wees. Die Kubane sou oor die
volgende ses maande 4 800 MPLA-rekrute tot 16 infanterie-(voetsoldate)-bataljonne
oplei en 25 mortierbatterye sowel as verskeie lugafweereenhede verskaf.
‘n Verkenningsparty van hierdie Kubaanse Militêre Missie in Angola (Misión Militar
Cubana en Angola – MMCA), onder bevel van Argüelles, het op 21 Augustus 1975 in
Luanda aangekom. Argüelles sou direk rapporteer aan die Eerste Adjunkminister van
die Cuban Revolutionary Armed Forces (FAR), Generaal Abelardo Colomé Ibarra, wat
in algehele beheer van die operasie was.
Volgens die oorspronklike plan sou 191 Kubane na die kamp in die Cabinda-enklawe
(ingeslote grondgebied) onder die bevel van Generaal Ramón Espinosa Martín,
gestuur word. Die oorblywende 270 sou gelyk verdeel word onder die oorblywende
drie kampe. Die rede vir die relatiewe groot kontingent Kubaanse soldate wat na
Cabinda ontplooi is, was hulle kwesbaarheid (blootstelling) vir ‘n aanval deur die FNLA
en sy Zaïrese bondgenote.
Die eerste 70 Kubane van die Cabinda-kontingent (afvaardiging) het op
30 September 1975 vanaf Havana via Barbados en Bissau na Brazzaville gevlieg waar
hulle na ‘n Kongolese Antonov-vliegtuig oorgeplaas is vir ‘n kort vlug na Pointe-Noire
en hulle reis na Cabinda padlangs voltooi het. Die Kubaanse weermag het op Afrikabodem aangekom en dit sou nie lank neem voordat hulle met die SAW en sy
bondgenote, die FNLA en UNITA, swaarde sou kruis nie.

Identifiseer, in die bron, TWEE aspekte van die opleidingsprogram wat
Kuba vir Neto aangebied het.

A

‘Die opleidingsprogram, soos voorgestel deur Argüelles, het 480 Kubaanse
spesialiste ingesluit asook’
 ‘die daarstelling van vier kampe binne Angola wat in Cabinda, Salazar
(N’Dalatando), Benguela en Henrique de Carvalho (Saurimo) geleë sou wees’
 ‘Oor die volgende ses maande sou die Kubane 4 800 MPLA rekrute tot
16 infanterie (voetsoldate) bataljonne oplei, 25 mortierbatterye sowel as
verskeie lugafweer eenhede voorsien’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Noem die TWEE Kubaanse bevelvoerders in die bron wat vir die
algehele operasie in Angola verantwoordelik was.

A

 ‘Generaal Abelardo Colomé Ibarra’
 ‘Generaal Ramón Espinosa Martín’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Kuba in 1975 besluit het om nog soldate na Cabinda te
ontplooi.

A

 Cabinda was ‘n provinsie in Angola wat groot minerale rykdom soos olie gehad
het
 Om Cabinda teen die vyande van die MPLA soos die FNLA en Zaïrese
bondgenote te beskerm
 Dit was ‘n strategiese haweprovinsie wat gebruik was om onbewerkte
grondstowwe vanaf Angola te vervoer en moes daarom beskerm word
 Dit was ‘n toegangspunt tot die vasteland van Angola
 As gevolg van die teenwoordigheid van die SAW en sy bondgenote in Angola

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting in
Bron 2A ondersteun met betrekking tot Kuba se betrokkenheid in die Angolese
Burgeroorlog.

A

 Bron 2A skets Kuba se ondersteuning met betrekking tot Angola se versoek vir
militêre bystand terwyl Bron 2B ‘n uiteensetting gee van hoe die Kubaanse
verteenwoordiger (Argüelles) die MPLA leier (Neto) ontmoet om te besluit hoe
hulle die MPLA gaan ondersteun
 Bron 2A verduidelik die drie versoeke (militêre ondersteuning) wat Angola na
Kuba gerig het terwyl Bron 2B ‘n Kubaanse program van militêre bystand vir
implementering in Angola uiteensit
 In Bron 2A het Kuba hom verbind om ‘n delegasie na Angola te stuur om die
terrein te gaan bepaal terwyl Bron 2B verklaar hoe die eerste groep Kubaanse
soldate in Angola via Cabinda aangekom het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

BRON 2C
Die bron hieronder beskryf in breë trekke hoe Kuba in 1975 sy eerste groep soldate na
Angola ontplooi het. Dit is deur ‘n Colombiaanse skrywer, Gabriel Garcia Marquez,
geskryf en het op 12 Januarie 1977 in The Washington Post verskyn.
Op 7 November 1975, op die vooraand van Angola se onafhanklikheid van Portugal,
het Kuba ‘n grootskaalse militêre ingryping, Operasie Carlota, van stapel gestuur om
die MPLA te ondersteun. Hul missie was om die aanvallers terug te hou sodat die
Angolese hoofstad nie in die hande van die vyand sou val voordat die Portugese
onttrek het nie, en om dan die weerstand vol te hou totdat versterkings opdaag.
Operasie Carlotta het begin met die stuur van ‘n versterkte bataljon van spesiale
magte, bestaande uit 650 lede. Hulle is oor ‘n tydperk van 13 dae ingevlieg uit die
militêre afdeling van die Jose Marti Lughawe in Havana na die lughawe in Luanda wat
steeds deur Portugese troepe beset is.
Die eerste kontingent (groep) het om 16:00 op 7 November op ‘n spesiale vlug
van Cubana de Aviacion vertrek, op een van die legendariese Bristol Britannia
318-vliegtuie wat die Engelse vervaardigers opgehou vervaardig het en die res van die
wêreld opgehou gebruik het.
Die passasiers was almal in somersklere, sonder militêre kentekens (wapens), geklee
en het aktetasse en gewone paspoorte met hul regte name en identifikasie gedra.
Die lede van die spesiale bataljon was goed opgeleide krygers met ‘n hoë vlak van
politieke en ideologiese vorming. Maar in hul aktetasse het hulle masjienpistole gedra
en in die vragruim van die vliegtuig was daar ‘n aansienlike (groot) vrag ligte artillerie,
kleingewere, drie 75 mm-kanonne en drie 82 mm-mortiere in plaas van bagasie.

Verduidelik die konsep onafhanklikheid in die konteks van Angola.

A

 Angola was vry van Portugese koloniale bestuur en kon homself deur sy eie
grondwet en mense regeer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Waarom, volgens die bron, is ‘Operasie Carlota’ van stapel gestuur?

A

 ‘om die MPLA te ondersteun’
 ‘om die offensief terug te hou sodat die Angolese hoofstad nie in die hande van
die vyand val voordat die Portugese onttrek het nie’
 ‘om die weerstand te volhou totdat versterkings sou opdaag’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verduidelik waarom lede van die spesiale bataljon ‘in somersklere
sonder militêre kentekens (wapens) geklee’ was en ‘aktetasse en
gewone paspoorte gedra’ het.

A

 Om as gewone burgers gesien te word
 Hulle wou nie as Kubaanse soldate wat op ‘n missie was om die MPLA in
Angola by te staan, herken word nie (dit was ‘n hoogs geheime operasie)
 Om hul ware identiteit as lede van die Kubaanse opgeleide mag te versteek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Identifiseer TWEE militêre items in die bron wat die spesiale bataljon in
die vragruim van die vliegtuig gestoor het.

A

 ‘‘n aansienlike vrag ligte artillerie’
 ‘klein wapens’
 ‘drie 75mm kanonne’
 ‘drie 82 mm mortiere’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
‘n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe Kuba die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) gedurende
die Angolese Burgeroorlog van 1975 ondersteun het.

A

 Kuba het op Angola se versoek om bystand gereageer met ‘n brief wat geskryf
was deur die Adjunk Minister van Binneland (Bevelvoerder Losada) na die
Kubaanse Minister van Rewolusionêre Magte (Bron 2A)
 Kuba se ondersteuning aan die MPLA was om kommunisme te beskerm (eie
kennis)
 Kuba het ‘n verkenningspan na Angola gestuur om die terrein te gaan verken
as ‘n manier om die soldate voor te berei vir oorlog in Angola (Bron 2A)
 Brigadier Generaal Argüelles (van Kuba) en Neto (Angola) het vergaderings
belê om ‘n uiteensetting te gee van hoe Kuba die MPLA gaan ondersteun (Bron
2B)
 Kuba was betrokke in ‘n opleidingsprogram wat deur beide partye
ooreengestem was (Bron 2B)
 Kubaanse spesiale troepe was ingevlieg in September en het in Angola via
Cabinda aangekom (Bron 2B)
 Kuba het tegniese opleiding aan die MPLA se militêre vleuel (FAPLA) verskaf
(eie kennis)
 Kuba het ook die MPLA met mediese personeel en voorraad bygestaan (eie
kennis)
 Kuba het ‘Operasie Carlota’ geloods deur ‘n spesiale bataljon hoogsbekwame
soldate na Angola te stuur vanaf November 1975 om die MPLA te ondersteun
(Bron 2C)
 Kuba se ondersteuning aan Angola word onthou deur die jaarlikse herdenking
van ‘Operasie Carlota’ (Bron 2D)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly