Die koue oorlog Flashcards

1
Q

Gebruik jou eie kennis, en verduidelik ten volle waarom Stalin ‘n sentrale figuur was
tydens die Koue Oorlog.

A

Stalin was die premier van die USSR wat tydens die Koue Oorlog in ‘n
ideologiese stryd met die Weste gewikkel was.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Deur die gebruik van jou eie kennis noem een manier waarop die Weste uiteindelik
Stalin se beleid van ‘die verowering van die wêreld’ aangeval het.

A

• Truman Leerstelling
• Marshall Plan
• Vorming van NAVO

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verduidelik waarom die skrywer van die bron verklaar, dat die Weste Stalin se
optrede as aggressief beskou het.

A

• Die Weste het sy optrede aggressief beskou omdat hy Kommunisme
dwarsdeur Oos-Europa versprei het.
• WEENS DIE VINNIGE VERSPREIDING VAN DIE KOMMUNISME OOR DIE OOS
BLOK WAS DIE WESTE BANG STALIN WOU DIE WERELD REGEER ONDER
KOMMUNISME
• Die weste het enige iets wat met kommunisme te doen gehad het gesien as
aggressief of as die “slegte” ideologie, in vergelyking met kapitalisme.
Enige ander relevante antwoord

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

In hierdie Wes-Duitse spotprent lees die banier ‘Ons bedank ons bevryders.’ Die lande wat
verteenwoordig word, is Pole, Tsjeggo-Slowakye, Hongarye, Roemenië en Bulgarye.

Verduidelik waarom daardie 5 lande spesifiek vir hierdie bron gekies is.

A

• Hierdie lande is in die Tweede Wêreldoorlog deur die USSR bevry en is nou
kommunisties
• Hierdie lande het deel gevorm van die buffersone in die Ooste van Europa

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Gee ‘n definisie vir die term Kommunisme

A

‘n teorie of stelsel van sosiale organisasie waarin alle eiendom deur die
gemeenskap besit word en elke persoon bydra en ontvang volgens hul vermoë
en behoeftes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verduidelik in jou eie woorde waarom Oos -Europese lande aanvanklik dankbaar
was teenoor die Sowjetunie.

A

Oos -Europese lande was onder die beheer van die Nazi’s en is grootliks deur
die Tweede Wêreldoorlog beïnvloed. Die Sowjetunie het hulle bevry en hulle
van die Nazi’s gered.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Definieer wat Winston Churchill bedoel het toe hy gesê het dat daar ‘n Ystergordyn
in Europa was.

A

The politieke grens verdeel Europa in twee afsonderlike gebiede vanaf die
einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945. Die een kant is kommunisties
die ander kapitalisties.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Met die gebruik van jou eie kennis en bewyse uit die bron, verduidelik hoe die
‘beleid van inperking’ die Koue Oorlog in ‘n Warm Oorlog kon eskaleer.

A

• Die VSA sou geld, militêre toerusting en advies stuur aan lande wat
kommunisme sou verwerp.
• Die USSR sou dit sien as ‘n direkte bedreiging teen hulle en hulle sal dieselfde
doen in Oos-Europese lande dit sou lei tot brinkmanskap en ‘n moontlike
eskalasie in ‘n warm oorlog.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Watter regverdiging het Truman vir die VSA se betrokkenheid in Europa

A

• Truman het geglo dat die USSR kommunistiese regerings regoor Europa wou
vestig.
• Hy het geglo dat dit die vrye wil en regte van Europeërs weggeneem het en
hy het dit op homself en die VSA geneem om dit stop te sit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Gebruik jou eie kennis, noem een staat wat voordeel getrek het uit die Truman-leer.

A

• Wes-Duitsland, Verenigde Koninkryk, Frankryk, Griekeland (algemeen)
• Oostenryk België, Denemarke, Ysland, Ierland, Italië, Luxemburg,
Nederland, Noorweë, Portugal, Swede, Switserland, Turkye

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN 1962 OP DIE
ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE NA KUBA GEREAGEER?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika (VSA) in 1962 op
die Sowjetunie se ontplooing van missiele na Kuba gereageer het.
Die beweging (verplasing) van Sowjet-personeel en -toerusting na Kuba het regdeur
1962 die Amerikaanse intelligensiegemeenskap agterdogtig gemaak. In reaksie
daarop het Amerikaanse skepe en vliegtuie foto’s van elke Sowjetskip wat na Kuba
onderweg was, begin neem en U-2-spioenasievliegtuie het begin om gereelde
verkenningsvlugte oor die eiland te onderneem.
Die eerste bewyse van die aankoms van grond-tot-lugmissiele, missiele toegerus met
torpedobote vir kusverdediging, en groot getalle Sowjet- militêre personeel in Kuba
het in foto’s uitgekom wat laat in Augustus geneem is. Hierdie foto’s het egter geen
bewyse van aanvals- ballistiese missiele verskaf nie. Kennedy het in September twee
uitdruklike waarskuwings aan die Sowjet-premier, Nikita Khrushchev, gerig oor die
opbou van sogenaamde ‘aanvals’-Sowjet-wapens in Kuba.
Kennedy het op 13 September geskryf: ‘Indien die kommunistiese opbou in Kuba ooit
op enige wyse ons veiligheid sou bedreig of daarmee inmeng, of indien Kuba ooit ‘n
militêre aanvalsbasis met beduidende kapasiteit vir die Sowjetunie sou word, dan sal
hierdie land doen wat ook al gedoen moet word om sy eie veiligheid en dié van sy
bondgenote te beskerm.’
Ten spyte van Kennedy se waarskuwings het die Russe voortgegaan om basisse te
bou en die Verenigde State het voortgegaan om hul aktiwiteite te monitor en foto’s te
neem. ‘n Amerikaanse U-2-spioenasievliegtuig het op 14 Oktober 1962 verskeie foto’s
geneem terwyl dit oor Kuba gevlieg het. Hierdie foto’s het onthul dat die Sowjetunie
besig was om missielterreine in Kuba te bou. Dit het die aard van die spel verander
en ‘n reeks buitengewone gebeurtenisse aan die gang gesit.

Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse intelligensiegemeenskap oor die gebeure in Kuba agterdogtig geraak?

A

die beweging van Sowjet-personeel en toerusting na Kuba

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Noem die TWEE stappe in die bron wat die Amerikaanse regering
gedoen het om te kyk wat besig was om in Kuba plaas te vind.

A

 ‘Amerikaanse skepe en vliegtuie het foto’s begin neem van elke Sowjet skip wat
na Kuba onderweg was
 ‘U-2-spioenvliegtuie het begin om gereelde verkenningsvlugte oor die eiland te
neem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Sowjetunie
Kuba militêr bygestaan het.

A

die aankoms van grond-na-lug missiele in Kuba
 ‘missiele toegerus met torpedo skepe’
 ‘groot getalle Sowjet militêre personeel’
 ‘die Russe voort gegaan om basisse te bou’
 ‘die Sowjetunie besig was om missiel terreine in Kuba te bou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Verduidelik wat Kennedy geïmpliseer het met die stelling, ‘hierdie land
doen wat ook al gedoen moet word om sy eie veiligheid en dié van sy
bondgenote te beskerm’, in die konteks van die ontplooiing van
Sowjet- missiele na Kuba.

A

Die VSA sal haarself en haar bondgenote ten alle koste teen kommunistiese
aggressie beskerm en
 Die VSA sou oorlog verklaar indien nodig.
 Die VSA sal die Sowjetunie nie toelaat om voort te gaan met die militêre opbou
van offensiewe wapens in Kuba nie
 Die VSA het volhard in hul standpunt om die verspreiding van kommunisme na
die westelike halfrond teen te staan

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Lewer kommentaar op waarom Khrushchev voortgegaan het om
missiele na Kuba te ontplooi ten spyte van Kennedy se waarskuwing

A

Om die magsbalans te herstel en om die Sowjetunie se mag tydens die Koue
Oorlog ten demonstreer
 Om Kuba te beskerm/verdedig teen ‘n moontlike Amerikaanse aanval
 Om die verspreiding van kommunisme na Kuba en Latyns Amerika te verseker
 Om die VSA uit te daag aangaande haar ontplooiing van missiele na Turkye en
Italië
 Deel van waagmanskap (strategie)
 Om President Kennedy se vasbeslotenheid as die leier van die vry wêreld te
toets
 Enige and

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

BRON 1B
Hierdie bron is ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud wat met Robert McNamara gevoer is toe
hy vanaf 1961 tot 1968 die Verenigde State se Minister van Verdediging was.
Die transkripsie van die onderhoud is op 29 November 1998 gedeklassifiseer. Dit
beskryf in breë trekke die besluit deur die VSA om ‘n vlootkwarantyn op Kuba in te stel.
ONDERHOUDVOERDER: Kan jy net kortliks vir my verduidelik hoe die besluit om
kwarantyn te in stel, ontstaan het? Ek is nogal geïnteresseerd om oor die
gemoedsverandering of meningsverandering in die ExComm te hoor.
ROBERT McNAMARA: Die ExComm het eenparig besluit dat, in die belang van die
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se veiligheid, Wes-Europa se
veiligheid en Amerika se veiligheid, dit nodig was om druk op die Sowjette te plaas op
maniere wat tot die verwydering van die missiele sou lei. Tweedens wou ons dit doen
met so min as moontlik militêre risiko; so min as moontlik militêre risiko met
betrekking tot die druk self en so min as moontlik risiko van militêre reaksie nadat
daardie aanvanklike stap gedoen is. Daar is geglo dat wat ‘n ‘kwarantyn’ genoem is
(wat in ‘n sekere sin ‘n vlootblokkade was), ‘n kwarantyn genoem is omdat ‘n
kwarantyn minder militêre konnotasie as ‘n ‘blokkade’ gehad het … daar is geglo dat
die kwarantyn die vasberadenheid van die President om toe te sien dat daardie
missiele verwyder word, aan Khrushchev sou oordra, sonder om ‘n militêre reaksie
aan te wakker, en dit is waarom die kwarantyn goedgekeur is.
ONDERHOUDVOERDER: Was daar baie besprekings oor wat gedoen sou word
indien die Sowjetunie besluit het om die kwarantyn te ignoreer?
ROBERT McNAMARA: Ja, daar was, en dit het tot ‘n paar baie venynige
(onaangename) konfrontasies gelei. Daar is besluit dat ons alle moontlike pogings
moes aanwend om die sink van ‘n Sowjet-skip te vermy. Daar was ‘n beroemde
insident wat my en die hoof van vlootkrygsverrigtinge betrek het. ‘n Sowjet-skip was
besig om hierdie denkbeeldige kwarantynlyn te nader en die vraag was, hoe sou ons
reageer indien dit die kwarantynlyn bereik? Die hoof van die vlootkrygsverrigtinge het
eintlik gesê dat ons op die skip moes vuur as dit nie sou stop nie. Ek het daarop
gereageer deur te sê dat daar nie sonder my persoonlike toestemming op daardie
Sowjet-skip gevuur sou word nie, en dat ek dit nie sou gee sonder om die optrede met
die President te bespreek nie, want ek en hy was vasbeslote om sover as moontlik
militêre optrede te vermy. Soos wat ek voorgestel het, het ons nie aan kwarantyn as
militêre optrede beskou nie, maar eerder as ‘n middel om voorneme en
vasberadenheid te kommunikeer, want die President wou daardie missiele verwyder
hê met so min as moontlik militêre risiko.

Verduidelik die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis.

A

 ‘n Vloot Amerikaanse skepe wat na Kuba in ‘n sirkelvorm ontplooi was om te
verhoed dat Russiese skepe wat offensiewe wapens vervoer, Kuba binne vaar
 Enige ander relevante antwoord

17
Q

Waarom, volgens die bron, het ExComm dit nodig gevind om die
Sowjetunie onder druk te plaas om die missiele uit Kuba te verwyder?

A

In die belang van:
 ‘NAVO veiligheid’
 ‘Wes Europa se veiligheid’
 ‘Amerika se veiligheid’

18
Q

Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Robert McNamara en President Kennedy vasbeslote was om
‘n militêre konfrontasie met die Sowjetunie te vermy.

A

 Die VSA wou nie ‘n militêre reaksie vanaf die Sowjetunie ontlok nie want dit sou
tot die dood van miljoene mense aan beide kante van die konflik lei
 Die VSA wou nie as die aggressor beskou word nie/die oorsaak van ‘n
moontlike kernoorlog

19
Q

BRON 1D
Die bron hieronder is deel van ‘n brief wat President N Khrushchev op
24 Oktober 1962 aan President JF Kennedy geskryf het. Dit verduidelik die Sowjetunie
se reaksie op die Amerikaanse vlootkwarantyn van Sowjet-skepe wat van plan was om
Kuba binne te vaar.
Geagte mnr. die President
… Stel jou voor, mnr. die President, wat as ons jou ‘n ultimatum sou gee soos wat jy
aan ons met jou optrede gegee het. … Jy, mnr. die President, verklaar nie kwarantyn
nie, maar is eerder besig om ‘n ultimatum uit te reik, en jy dreig dat jy geweld sal
gebruik indien ons nie jou bevele gehoorsaam nie.
… Nee, mnr. die President, ek kan nie hiermee saamstem nie … Ons eerbiedig
streng die beginsels van internasionale reg en handhaaf noukeurig die standaarde
wat navigasie op die oop see in internasionale waters reguleer. Ons
handhaaf/eerbiedig hierdie standaarde en geniet die regte wat deur alle nasies erken
word.
… Ongelukkig kan mense van alle nasies, en die minste van almal die Amerikaners
self, as gevolg van sulke malheid geweldig swaarkry. Sedert die ontstaan van
moderne tipes wapens het die VSA hulle voormalige ontoeganklikheid
(onbereikbaarheid) heeltemal verloor.
… Die Sowjet-regering beskou die skending van navigasievryheid in internasionale
waters en die lugruim as ‘n daad van aggressie wat die mensdom tot op die rand van
‘n wêreldkernmissieloorlog kan dryf. Daarom kan die Sowjet-regering nie die kapteine
van Sowjet-skepe wat na Kuba onderweg is, opdrag gee om die bevele van die
Amerikaanse vlootmagte wat hierdie eiland blokkeer, te eerbiedig nie. Ons instruksies
aan Sowjet-matrose is om die algemeen aanvaarde navigasiestandaarde in
internasionale water streng te eerbiedig en om nie een tree daarvan af te wyk nie.
En, indien die Amerikaanse kant hierdie regte sou skend (verontagsaam), moet hulle
bewus wees van die verantwoordelikheid wat hulle vir hierdie daad sal dra. Wees
verseker dat ons nie blote waarnemers van seerowery deur Amerikaanse skepe in die
oop see sal wees nie. Ons sal dan van ons kant geforseer word om daardie maatreëls
te tref wat ons as noodsaaklik en voldoen

Hoe, volgens die bron, het Khrushchev verwys na die kwarantyn wat
die VSA op Sowjet-skepe ingestel het?

A

 ‘reik ‘n ultimatum uit’
 ‘En jy dreig dat jy geweld sal gebruik indien ons nie jou bevele gehoorsaam nie’

20
Q

Kies TWEE bewyse in die bron wat aandui dat President Khrushchev
nie met die kwarantyn wat die VSA wou instel, saamgestem het nie.

A

 ‘Ons eerbiedig die beginsels van die internasionale reg’
 ‘Ons handhaaf die standaarde wat navigasie op die oop see in internasionale
waters reguleer noukeurig’
 ‘Ons handhaaf/eerbiedig hierdie standaarde en geniet die regte wat deur alle
nasies erken word
 ‘Die Sowjet regering beskou die skending van die vryheid van navigasie in
internasionale waters en lugruim as ‘n daad van aggressie wat die mensdom op
die rand van ‘n wêreld kernoorlog kon dompel’
 ‘…Ongelukkig kan mense van alle nasies, en die minste van almal die
Amerikaners self, as gevolg van sulke malheid geweldig swaarkry ‘
 die Sowjet-regering kan nie die kapteine van Sowjet-skepe wat na Kuba
onderweg is, opdrag gee om die bevele van die Amerikaanse vlootmagte wat
hierdie eiland blokeer, te eerbiedig nie
 ‘ons nie blote waarnermers van seerowery deur Amerikaanse skepe in die ope
see sal wees nie’

21
Q

Verduidelik wat jy dink Khrushchev geïmpliseer het met die stelling,
‘ons (sal) nie blote waarnemers van seerowery deur Amerikaanse
skepe in die oop see wees nie’, in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis.

A

Die Sowjetunie het:
 Nie die VSA se kwarantyn wat op Russiese skepe ingestel was, aanvaar nie
 Die kwarantyn as ‘n onwettige daad beskou
 Gevoel dat die VSA die internasionale wet wat navigasie op die oop see
reguleer, teenstaan
 Sal reageer teen Amerikaanse agressie

22
Q

Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B van die
bewyse in Bron 1D verskil met betrekking tot die VSA se besluit om ‘n
kwarantyn op Sowjet-skepe in te stel wat Kuba wou binnevaar.

A

 Bron 1B verklaar dat die VSA ‘n blokkade (kwarantyn) ingestel het omdat hulle
gedink dit ‘n mindere militêre konnotasie sou hê terwyl Khrushchev in Bron 1D
die kwarantyn as ‘n ultimatum beskou asook as ‘n bedreiging om militêre mag
te gebruik om die Sowjetunie te intimideer
 Bron 1B verklaar dat die kwarantyn deur Amerika ingestel was om haar
vasberadenheid oor die verwydering van die missiele uit Kuba sonder om ‘n
oorlog te ontketen terwyl Khrushchev in Bron 1D die kwarantyn as ‘n daad van
aggressie teen die Sowjetunie beskou
 Bron 1B verklaar dat die VSA ‘n moontlike militêre reaksie wou verhoed terwyl
die Sowjetunie in Bron 1D met oorlog dreig indien die VSA hulle verhoed om
Kuba binne te gaan.
 Bron 1B verklaar dat die kwarantyn ‘n metode was om voorneme en
vasberadenheid om die missiele uit Kuba te verwyder, oor te dra want terwyl
Bron 1D die kwarantyn as ‘n skending van die vryheid van navigasie in
internasionale waters, beskou

23
Q

Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
‘n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Verenigde State van Amerika in 1962 op die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba gereageer het.

A

Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
 Kennedy het bekommerd geraak oor die militêre opbou van Russiese offensiewe
wapens in Kuba (Bron1 A)
 Kennedy het die Sowjetunie gewaarsku dat die VSA enigiets sou doen om sy eie
veiligheid en dié van sy bondgenote te beskerm (Bron 1A)
 Die VSA het fotografiese bewyse op 14 Oktober 1962 verkry van Sowjet
kernmissiel terreine wat in Kuba opgerig word (Bron 1A)
 VSA spioen vliegtuie het begin om gereelde verkennings (vlugte oor die eiland te
neem)
 President Kennedy het ‘n kwarantyn op alle Sowjet skepe wat Kuba wou binnevaar
ingestel (Bron 1B)
 Sommige ExComm lede wou hê dat die VSA militêre mag moes gebruik om die
kwarantyn af te dwing (Bron 1B)
 ‘n Groep Amerikaanse vroue het protes en President Kennedy gewaarsku oor hoe
om te reageer teenoor die ontplooiing van Sowjet missiele na Kuba (Bron 1C)
 ‘n Groep Amerikaanse vroue was ten gunste daarvan dat die VN die Kubaanse
Missielkrisis vreedsaam moes oplos ‘VREDE OF STERWE’ (Bron 1C)
 Die VSA het DEFCON 2 (Defence Readiness Condition Level 2) afgekondig wat ‘n
oproep gedoen het vir die VSA se hoogste gereedheidsvlak van hul
verdedigingsmagte (eie kennis)
 Die VSA het in waagmanskap betrokke geraak om wêreldvrede te verseker (eie
kennis)
 Die VSA het ‘n kompromis met die Sowjetunie bereik ten einde die Kubaanse
Missielkrisis op te los (eie kennis)

24
Q

HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA IN DIE 1960’s TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN KUBA
BYGEDRA?
BRON 1A
Die bron hieronder fokus op waarom Kuba en die Sowjetunie in die vroeë 1960’s
bondgenote geword het.
Toe Fidel Castro in Kuba aan bewind gekom het, het sy verhouding met die Verenigde
State van Amerika versleg. Castro was nie ‘n kommunis nie, maar het nouer bande
met Nikita Khrushchev (leier van die Sowjetunie) gesmee as gevolg van sy
ondersteuning en vriendskap. Diplomatieke en handelsbetrekkinge is later tussen
Kuba en die Sowjetunie aangeknoop. Castro het alle banke en Amerikaanse
maatskappye genasionaliseer en geweier om vergoeding te betaal.
Die VSA het gereageer deur in 1961 alle diplomatieke en handelsbetrekkinge met
Kuba te verbreek. Castro het gereageer deur aan te kondig dat Kuba nou
kommunisme as politieke ideologie implementeer. Die Amerikaanse regering het
gereageer deur ‘n handelsverbod (embargo) op alle Kubaanse goedere te plaas. Dit
het beteken dat Kuba nie ‘n mark vir hulle suiker- en tabakprodukte gehad het nie. Dit
het Kuba gedwing om hulle produkte aan die Sowjetunie te verkoop en in ruil daarvoor
het Kuba olie en wapens by die Sowjetunie gekoop …
Khrushchev en die Sowjette kon nie vir ‘n bondgenoot teen die Verenigde State van
Amerika (VSA), wat beter geleë was, gevra het nie. Die Amerikaners het bondgenote
regdeur die Oostelike Halfrond, wat die USSR omring, gehad. Die VSA het ‘n groot
aantal militêre magte in Europa naby Sowjetgrense gehad … Dit was welbekend dat
die Verenigde State kernmissiele in Turkye gehad het wat op die Sowjetunie gerig
was.
Die Amerikaners was reeds besig met planne om van Castro ontslae te raak toe
John F Kennedy aan die begin van 1961 president geword het … Hierdie plan het in
April 1961 rampspoedig geëindig met die mislukte geveg by die Bay of Pigs. Castro en
sy weermag het gou die rebelle, wat deur Amerika ondersteun is, verslaan en die
mislukking was ‘n groot vernedering vir Kennedy se administrasie … Dit het gehelp om
Castro se bondgenootskap met die Sowjetunie te versterk.

Waarom, volgens die bron, het Castro ‘n noue verhouding met
Khrushchev gehad?

A

 ‘as gevolg van sy ondersteuning en vriendskap’

25
Q

Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde.

A

 ‘n Ideologie wat ‘n klaslose gemeenskap waar privaateienaarskap verbied word,
voorstaan
 ‘n Ideologie wat nasionalisering van alle grond, industrieë en banke ondersteun
(bv. alle produksiemiddele behoort aan die staat)

26
Q

Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling, ‘Khrushchev en
die Sowjette kon nie vir ‘n bondgenoot teen die Verenigde State
van Amerika (VSA), wat beter geleë was, gevra het nie’, in die
konteks van die Kubaanse Missielkrisis.

A

 Kuba was naby die VSA geleë en was daarom ‘n bedreiging vir die VSA
 Dit het Khrushchev die voordeel gegee om die Verenigde State se plasing van
missiele in Turkye teë te werk om die magsbalans te herstel

27
Q

Wat, volgens die bron, was die uitkoms van die geveg by die Bay
of Pigs vir die volgende lande:
(a) Die VSA
(b) Kuba

A

(a)
 ‘rampspoedig’
 ‘die nederlaag van die rebelle wat deur Amerika ondersteun is’
 ‘vernedering vir Kennedy se administrasie’

(b)
 ‘Castro en sy weermag het gou die Amerikaans-gesteunde rebelle
verslaan’
 ‘gehelp om Castro se bondgenootskap met die Sowjetunie te versterk’

28
Q

BRON 1B
Hierdie bron is deel van ‘n verklaring wat Nikita Khrushchev op 11 September 1962
gemaak het. Dit beskryf in breë trekke hoe die Sowjetunie Kuba ekonomies en militêr
bygestaan het.
Ons steek dit nie vir die wêreldpubliek weg dat ons inderdaad hulpbronne soos
nywerheidstoerusting en -goedere aan Kuba verskaf wat help om hulle ekonomie te
versterk en om die welstand van die Kubane te verhoog nie.
… op versoek van die Kubaanse regering word ‘n sekere hoeveelheid wapens ook
vanaf die Sowjetunie na Kuba verskeep as gevolg van aggressiewe dreigemente deur
imperialiste. Castro het ook die Sowjet-regering versoek om militêre kundiges en
tegnici na Kuba te stuur wat die Kubane kan oplei in die hantering van hedendaagse
wapens wat hoë vaardighede en diepgaande kennis vereis. Dit is net vanselfsprekend
dat Kuba nog nie sulke kundiges het nie. Dit is hoekom ons hierdie versoek oorweeg
het. Daar moet egter genoem word dat die aantal Sowjet militêre kundiges wat na
Kuba gestuur is, hoegenaamd nie met die aantal landbou- en nywerheidswerkers wat
daarheen gestuur is, vergelyk kan word nie. Die wapens en militêre toerusting wat na
Kuba gestuur is, is uitsluitlik vir verdedigingsdoeleindes ontwerp. Die President van die
Verenigde State van Amerika en die Amerikaanse weermag weet wat
verdedigingsmiddele is. Hoe kan hierdie middele Amerika bedreig?
Ons het gesê, en ons herhaal dit, dat indien oorlog sou uitbreek (begin), as die
aggressor ‘n aanval op een of ander staat uitvoer en hierdie staat om hulp vra, het die
Sowjetunie vanuit sy eie gebied die geleentheid om aan enige vredeliewende staat,
nie net aan Kuba nie, bystand te verleen …
Ons sê dit nie om iemand bang te maak nie. Intimidasie (afknouery) is iets vreemd
(onbekend) in die buitelandse beleid van die Sowjetstaat. Dreigemente en afpersing is
‘n integrale deel van die imperialistiese state. Die Sowjetunie is ‘n voorstaander van
vrede en wil nie oorlog hê nie.

Watter hulpbronne, volgens die bron, het Khrushchev aan Kuba
verskaf?

A

 ‘nywerheid toerusting en goedere’
 ‘sekere hoeveelheid wapens’
 ‘militêre kundiges en tegnici’
 ‘militêre toerusting’

29
Q

Verduidelik waarom Khrushchev verklaar het dat ‘die wapens en
militêre toerusting wat na Kuba gestuur is, is uitsluitlik vir
verdedigingsdoeleindes ontwerp’.

A

 Om Kuba teen Amerikaanse aggressie te beskerm
 Om die kommunistiese ideologie in Kuba en Latyns-Amerika te verdedig
 Om enige suspisie dat die Sowjetunie die aggressor kan wees, af te weer

30
Q

Lewer kommentaar op wat Khrushchev geïmpliseer het met die
stelling, ‘Dreigemente en afpersing is ‘n integrale deel van die
imperialistiese state’ in die konteks van die Koue Oorlog in Kuba

A

 Die VSA en ander kapitalistiese lande is gewoond daaraan om dreigemente
(bv. blokkade) teen kleiner lande te gebruik in ‘n poging om hulle inskiklik (om
missiele te onttrek) en onderdanig te maak
 Die VSA het hulle ekonomiese mag gebruik om te probeer om Kuba te dwing
om hulle ekonomiese beleid aan te hang
 Anders as die VSA (aggressor) staan die Sowjetunie vir vrede

31
Q

BRON 1C
Die bron hieronder fokus op hoe President Kennedy op die ontplooiing van
Sowjetmissiele na Kuba gereageer het.
Alle Amerikaners, asook al ons vriende in hierdie Halfrond, is besorgd oor die
Sowjetunie se rol om die militêre mag van die Castro-regering in Kuba te steun
(versterk). Hierdie regering het in die afgelope vier dae inligting by verskeie bronne
bekom wat sonder twyfel bevestig dat die Sowjette ‘n aantal lugafweerverdedigingsmissiele, met ‘n reikafstand van vyf en twintig myl, aan die Kubaanse
regering verskaf het … Saam met hierdie missiele verskaf die Sowjette klaarblyklik die
omvattende radar- (sensor-) en ander elektroniese toerusting wat vir hulle operasie
benodig word.
Ons kan ook die teenwoordigheid van verskeie Sowjet-vervaardigde motortorpedobote, wat skip-tot-skip geleide missiele met ‘n reikafstand van vyftien myl
vervoer, bevestig. Die aantal Sowjet- militêre tegnici wat sover bekend nou in Kuba is,
of op pad daarheen is, is ongeveer 3 500 en strook met hulpverlening ten opsigte van
die opstel en gebruik van die toerusting. Soos ek verlede week gesê het, ons gaan
voort om inligting so vinnig as wat dit ontvang en behoorlik geverifieer (nagegaan) is,
beskikbaar gestel.
Die Kubaanse vraagstuk moet beskou word as deel van die wêreldwye uitdaging wat
die kommunistiese bedreiging vir demokrasie, vrede, stabiliteit en voorspoed inhou. Dit
moet as deel van daardie groter kwessie hanteer word asook in die konteks van die
spesiale betrekkinge wat lankal die inter-Amerikaanse stelsel kenmerk.
Dit bly steeds die beleid van die Verenigde State van Amerika dat die Castro-regime
nie toegelaat sal word om hulle aggressiewe mikpunte deur geweld of die dreigement
van geweld uit te voer nie. Dit sal voorkom word deur watter stappe ook al nodig is
sodat daar nie teen enige deel van die Westelike Halfrond tot die aanval oorgegaan
word nie.

Waarom, volgens die bron, was Kennedy bekommerd oor die
Sowjetunie se teenwoordigheid in Kuba?

A

Om die militêre mag van die Castro-regering in Kuba te steun (versterk)’
 ‘Die Sowjette ‘n aantal lugafweer-verdedigingsmissiele, met ‘n reikafstand van
vyf en twintig myl, aan die Kubaanse regering verskaf het’
 ‘Verskaf die Sowjette klaarblyklik die omvattende radar- (sensor-) en ander
elektroniese toerusting’
 ‘Die teenwoordigheid van verskeie Sowjet-vervaardigde motor-torpedobote’

32
Q

Verduidelik wat jy dink Kennedy aangespoor het om die
Amerikaanse publiek oor die ontplooiing van Sowjet militêre
toerusting na Kuba in te lig.

A

 Om die Amerikaners te oortuig dat hy in beheer was van die situasie
 Om die ondersteuning van die Amerikaanse publiek te verkry en hulle vrese
te besweer
 Om die Amerikaners in te lig oor die stappe wat hy beoog om teen die
ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba neem
 Om die publiek bewus te maak van ʼn moontlike kernoorlog

33
Q

Haal VIER uitdagings uit die bron aan wat kommunisme vir die
wêreld ingehou het.

A

ʼn Uitdaging vir:
 ‘demokrasie’
 ‘vrede’
 ‘stabiliteit’
 ‘voorspoed’

34
Q

Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
beperkings van hierdie bron vir ‘n historikus wat die Kubaanse
Missielkrisis navors.

A

 Die bron weerspieël ‘n Amerikaanse siening/ partydig wat die VSA se intensies
regverdig
 Die bron is nie dateer nie
 Die doel van die bron is om die publiek te oortuig dat die VSA demokrasie en
vryheid verdedig
 Die bron toon nie hoe die VSA tot die krisis in Kuba bygedra het nie