BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING Flashcards

1
Q

VRAAG 3: WATTER ROL HET ELAINE BROWN GEDURENDE DIE 1960’s EN
1970’s IN DIE BLACK PANTHER-PARTY GESPEEL?
BRON 3A
Die bron hieronder is in September 1977 deur John Simkin vir Spartacus Education
geskryf. Dit verduidelik hoe Elaine Brown ‘n lid van die Black Panther-party geword
het.
Elaine Brown het haar vroeë politieke opvoeding toegeskryf aan Jay Kennedy, ‘n lid
van die Amerikaanse Kommunistiese Party, en die klavierlesse wat sy in die somer
van 1967 by die Watts-behuisingsprojek aangebied het. Haar ervaringe by Watts het
as ‘n sosiale en rasse-ontwaking gedien en Brown het later vir die radikale AfroAmerikaanse koerant, Harambee, begin skryf. Brown se eerste direkte blootstelling
aan die Black Panther-party (BPP) het deur plaaslike pleidooie (versoeke) vir die
Huey Newton Legal Defence Fund gekom.
Brown het, as ‘n lid van die Los Angeles-tak van die Black Panther-party, gehelp om
die party se eerste Gratis Ontbyt vir Kinders-program buite Oakland, Kalifornië,
te stig. Brown het teen 1971 die redakteur van die party se koerant, The Black
Panther, geword en is spoedig as die eerste vroulike lid van die Panther Central
Committee aangestel. In opdrag van Huey Newton het Brown in 1973 haar eerste
poging aangewend om deel te wees van die Oakland City Council, saam met
Bobby Searle se poging om burgermeester te word. Alhoewel nie Brown of Searle
verkies is nie, het beide groot steun van ‘n polities herleefde swart Oaklandbevolking ontvang wat tot ‘n uitbreiding van die Panthers se kiesafdeling (kiesers)
gelei het.
Huey Newton het in 1974 Bobby Seale, die medestigter van die Black Pantherparty, uit die party ontsetel (uitgedryf) en twee dae later is Brown in die posisie van
voorsitter van die Black Panther-party aangestel.
Toe Newton na Kuba gevlug het, het Brown haar posisie as leier van die mansgedomineerde party gekonsolideer (versterk) en daaraan gewerk om die Panthers
se rewolusionêre programme te herdefinieer om die aspirasies (wense) van swart
vroue in te sluit.

Wat, volgens die bron, het Elaine Brown se politieke opvoeding
beïnvloed?

A

 ‘Jay Kennedy, ‘n Los Angeles-skrywer en ‘n lid van die Amerikaanse
Kommunistiese Party’
 ‘die klavier lesse wat sy by die Watts Behuising Projek in die somer van 1967
aangebied’
 Haar ondervinding in Watts dien as sosiale en rasse-ontwaking

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Haal TWEE rolle uit die bron aan wat Elaine Brown in die Black
Panther-Party gespeel het.

A

 ‘gehelp om die party se eerste Gratis Ontbyt vir Kinders programme buite
Oakland, California te stig’
 ‘Teen 1971 het Brown die redakteur van die party se koerant The Black
Panther geword’
 Voorsitter van die Black Panther Party

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verduidelik waarom Elaine Brown se aanstelling as die eerste vroulike
lid van die Black Panther se Sentrale Komitee belangrik was.

A

 Dit wys dat die BPP weg beweeg het van die patriargale (manlikegedomineerde) leierskap
 Die BPP het die rol van vroue binne die party erken deur ‘n Swart Amerikaanse
vrou tot die hoogste komitee aan te stel
 Dit het die stereotipe dat ‘n vrou nie op die party se hoogste komitee kon dien
nie, gebreek
 Die BPP het sy ondersteuning vir ‘n non-seksistiese benadering tot
leierskapsrolle gedemonstreer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Waarom, volgens die bron, het Elaine Brown die leier van die Black
Panther-party geword?

A

 ‘In 1974 het Huey Newton vir Bobby Seale, die medestigter van die Black
Panther Party, uit die party ontsetel (uitgedryf) en twee dae later was Brown in
die posisie van voorsitter van die Black Panther Party (BPP) angestel’(

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

BRON 3B
Die bron hieronder fokus op Elaine Brown, voorsitter van die Black Panther-party
(BPP) wat op 6 Augustus 1974 lede by ‘n vergadering in Oakland, Kalifornië, toespreek
het.
Elaine Brown het haar posisie as die eerste vroueleier van die Black Panther-party
aanvaar. Omring deur veiligheidspersoneel op die verhoog, het sy in die gehoor van
die partylede ingekyk en met twee kort (saaklike) sinne haar plek in swart Amerikaanse
geskiedenis ingeneem. ‘Ek het al die wapens en die geld. Ek kan ‘n uitdaging van buite
en van binne weerstaan,’ het Brown aan die BPP-lede gesê volgens haar 1992-
lewensbeskrywing, A Taste of Power: A Black Woman’s Story. ‘Ek het julle nie
saamgeroep om dreigemente te maak nie, Kamerade. Ek het eenvoudig hierdie
vergader belê om julle in te lig oor die realiteit van ons situasie. Die feit is dat
Kameraad Huey Newton in ballingskap is. Die volgende feit is: ek neem sy plek in
totdat ons dit vir hom moontlik maak om uit Kuba terug te keer.’ Dit was opsigself
rewolusionêr vir die Panthers om ‘n vrou aan te stel om die party te lei.
Sy het gewaarsku teen ‘n omverwerping (oorname) deur te sê: ‘Indien jy so ‘n indiwidu
is, moet jy eerder hardloop en vinnig ook. Ek, as jou voorsitter, die leier van hierdie
party, ek sal nie toelaat dat my leierskap uitgedaag word nie. Ek sal ons party bo- en
ondergronds lei. Ek sal die party lei, nie net vir die bevordering van ons doelwitte nie,
maar ook in die verdediging van die party deur enige en alle maniere moontlik.’
Elaine Brown se kragtige toespraak aan lede van die Panthers het haar goeie
leierskapvaardighede getoon. Sy was nie bang om ‘n ferm standpunt in te neem en om
haar manlike ampsgenote uit te daag nie. Brown het as inspirasie vir die swart
Amerikaanse jeug en vroue in besonder gedien …

Haal TWEE sinne uit die bron aan wat daarop dui dat Elaine Brown
haar plek in swart Amerikaanse geskiedenis ingeneem het.

A

Ek het al die wapens en die geld’
 ‘Ek kan ‘n uitdaging van buite en van binne weerstaan’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verduidelik tot watter mate geskiedkundiges Elaine Brown se leierskap
van die Black Panther-party as ‘rewolusionêr’ sal beskou.

A

Tot ‘n groot mate:
 Elaine Brown was die eerste Swart Amerikaanse vrou wat ‘n senior leierskap
posisie in die BPP beklee het
 Dit was ongewoon vir n’ vrou om ‘n leierskap posisie to beklee in ‘n organisais
wat met geweld geassosieer was
 Die aanstelling van ‘n Swart Amerikaanse vrou tot ‘n leierskapsrol was
teenstrydig met die norm van ‘n manlike-gedomineerde VSA
 Haar leierskap as ‘n vrou het die jeug en vroue aangespoor om leierskap rolle
in die gemeenskap op te neem

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
Elaine Brown met, ‘ek sal nie toelaat dat my leierskap uitgedaag word
nie’, in die konteks van die Black Panther-party, geïmpliseer het.

A

 Elaine Brown was nie deur manlike lidmate van die BBP geïntimideer nie
 Sy het nie enige afwyking van die filosofie van die BPP verdra nie
 Sy was regmatig aangestel as die voorsitter van die Black Panther Party en
daarom kon sy nie deur ontevrede lede verwyder word nie
 Daar was nog steeds mans in die VSA wat vroue wat leierskapsposisies beklee
het, ondermyn het

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

BRON 3D
Die bron hieronder is deel van ‘n onderhoud wat op 14 Oktober 1988 deur
Louis Massiah en Terry Rockefeller, namens die Washington University Libraries, met
Elaine Brown gevoer is. Dit fokus op die uitdagings wat die Black Panther-party in die
oë gestaar het
LOUIS MASSIAH: Wat het dit beteken om ‘n Black Panther te wees? Wat was ‘n Black
Panther?
ELAINE BROWN: Wel, as ‘n individu, het dit beteken dat jy jou lewe moes verbind.
Ons moes iets van onsself opgee, ons lewens.
LOUIS MASSIAH: Hoe het daardie jaar, 1969, begin?
ELAINE BROWN: Wel, dit het met die sluipmoorde op John Huggins en Bunchy
Carter in Los Angeles begin. En ek, ek het elke maand ‘n begrafnis bygewoon. Ag, ek
het ‘n professionele sanger by begrafnisse geword. E Hoover, die fascistiese Direkteur
van die Federale Speurdiens (FBI), het aan die begin van daardie jaar aangekondig
dat dit die laaste jaar sou wees dat die Black Panther-party sou bestaan. En ons het
geweet dat ons dit sou moes konfronteer. Ons het wat ons die Executive Mandate
Number One genoem het, wat bepaal dat geen Panther ooit kon toelaat dat hy/sy ‘n
geweer verloor nie.
LOUIS MASSIAH: Vertel ons meer van die sterftes.
ELAINE BROWN: Wel, 1969 was ‘n baie moeilike jaar vir almal van ons in die Black
Panther-party. Maar ons het gedink dat ons onsself sou kon hanteer. Die Executive
Mandate Number One, wat deur Huey Newton uitgereik is, het verklaar dat die
Panthers, eerstens, altyd gewapen moes wees, of dit in die strate of tuis was, om
onsself daar en dan te kon verdedig. As gevolg van ons aktiwiteite en Hoover se
aandeel het ons ‘n groot klomp mense verloor. Ek het elke maand in 1969 ‘n begrafnis
bygewoon, dit was geen grap oor wat besig was om te gebeur nie. Maar ons het met
ons harte geglo dat ons onsself moes verdedig. En daar was so baie wat juis dit
gedoen het. En so baie het teen die einde van daardie jaar gesterf in die klopjag deur
die Los Angeles Polisie se SWAT-span op die Los Angeles-kantoor, ‘n vyf-en-‘nhalfuur-aanval op ons kantore met tenks en semimilitêre gewere, ens. Ons het geweet
dat dit ernstig was en dat ons almal sou sterf, maar dit was waaroor ons gegaan het.
Ons moes die prys betaal indien ons die voorlopers vir die bevryding van die swart
Amerikaners wou wees …

Wat, volgens Elaine Brown, het ‘dit beteken om ‘n Black Panther te
wees’?

A

jy jou lewe moes verbind’
 ‘Ons moes iets van onsself opgee, ons lewens’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Identifiseer TWEE lede van die Black Panther-party in die bron wat in
1969 in Los Angeles vermoor is.

A

 ‘John Huggins’
 ‘Bunchy Carter’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Definieer die konsep fascisme in jou eie woorde.

A

 Om outoritêr te lei deur gebruik te maak van diktatoriale magte bv. Hoover van
die FBI
 Om te lei deur die onderdrukking van alle opposisie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Lewer kommentaar op wat Elaine Brown met die stelling, ‘indien ons
die voorlopers vir die bevryding van die swart Amerikaners wou
wees …’, geïmpliseer het.

A

 Hulle wou Swart Amerikaners teen polisie teistering beskerm het
 Wou die bevryding van Swart Amerikaners beskerm
 Om Swart Amerikaners oor hul konstitusionele regte op te voed
 Om selfstandigheid en trots onder Swart Amerikaners te vestig
 Om die kwaliteit/gehalte van die lewens van Swart Amerikaners te verbeter
deur gemeenskapsprogramme

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir ‘n geskiedkundige wat
die uitdagings wat die Black Panther-party in die 1960’s en 1970’s in
die gesig gestaar het, navors.

A

Die Bron is beperk want:
 Dit gee ‘n eensydige/bevooroordeelde weergawe van sommige van die
uitdagings waarmee die BPP gekonfronteer was
 Dit gee slegs Elaine Brown se siening van die BPP

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
‘n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol wat
Elaine Brown in die 1960’s en 1970’s in die Black Panther-party gespeel het,
verduidelik.

A

Die rol van Elaine Brown:
 Sy het gehelp om die Gratis Ontbyt vir Kinders in Oakland, California te stig
(Bron 3A)
 Was redakteur van die Black Panther (Bron 3A)
 Sy was die eerste Swart Amerikaanse vroue lid wat as Minister van Informasie
van die Panthers se Sentrale Komitee aangestel was (Bron 3A)
 Het haarself beskikbaar gestel vir die Oakland Stadsraad in 1973 (Bron 3A)
 Was die eerste Swart Amerikaanse vrou wat die Black Panther Party (BPP)
gelei het (Bronne 3A en 3B)
 Het erkenning vir vroue in die Black Panther Party (BPP) gesoek (Bron 3B)
 Het ‘n administratiewe rol in die BPP gespeel (eie kennis)
 Was beslissend in haar posisie in die manlike-gedomineerde Black Panther
Party (BPP) (Bron 3B)
 Het die filosofie van Swartmag lewendig gehou in die afwesigheid Huey
Newton wat in ballingskap was (Bron 3B)
 Was outokraties en wou nie uitgedaag word nie (Bron 3B)
 Het eenheid binne die Black Panther Party (BPP) ondersteun (Bron 3C)
 Het die BPP delegasie gelei wat Huey Newton uit ballingskap verwelkom het
(Bron 3C)
 Het die Black Panther Party (BPP) se Uitvoerende Mandaat Nommer Een
ondersteun (Bron 3D)
 Het ‘n drukgroep vir Oakland se Swart Amerikaners gelei om permanente
werkgeleenthede te kry tydens die konstruksie van die Grove Shafter Snelweg
(eie kennis)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Amerikaanse burgerregte-aktiviste was suksesvol met die gebruik van verskillende
vorme van protesaksie om diskriminasie in die 1960’s in die Verenigde State van
Amerika te beëindig.
Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.

A

BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
[Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of verskil dat die Amerikaanse burgerregte
aktiviste suksesvol was om verskillende vorme van protesaksies te gebruik om
diskriminasie in die Verenigde State van Amerika te beëindig in die 1960s.
Kandidate moet hoofsaaklik voorbeelde van massa-gebaseerde, nie-gewelddadige
protesaksies selekteer wat die Burgerregte Beweging onderneem het soos sitstakings,
massa-betogings en optogte, tot by die aanvaarding van die Burgerregte Wet van 1964
en die Stemregwet van 1965, om hul argument te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:
 Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem saam te stem of te verskil dat die
Amerikaanse burgerregte aktiviste suksesvol was om verskillende vorme van
protesaksies te gebruik om diskriminasie in die Verenigde State van Amerika te
beëindig in die 1960s.
UITBREIDING
Indien kandidate saam met die stelling stem, kan hulle die volgende punte in hul
opstel insluit:
 Sit-staking (vanaf 1960) – Greensboro, Noord Carolina, vier studente het ‘n sitstaking by ‘n ‘slegs-blankes’ eetplek begin; In die somer van 1961 is besighede in
Greensboro gedesegregreer; Sit-stakings versprei oor die gesegregeerde Suide;
Swart en wit student het die Student Non-violent Coordinating Committee (SNCC)
gestig om die Burgerregte Beweging te ondersteun; Sit-staking konsep versprei na
ander gesegregeerde fasiliteite soos kerke, ‘pray-ins’, biblioteke, ‘read-ins’,
swembaddens ‘wade-ins ens.’
 ‘Vryheidsryers (nie-rassig/nie-gewelddadig): (‘Het in busse gesit en van die Noorde
na die diep Suide gery om nuwe federale wette te toets wat segregasie op die
nasionale busstelsel verhoed het, was deur bendes aangeval, gebombardeer,
toegesluit in tronk en nie deur plaaslike polisie beskerm nie, duisende vrywillig
ondersteun en President Kennedy is gedwing om federale amptenare opdrag te gee
om die Vryheidsryers te beskerm; Strawwe nuwe wetgewing was deur federale bevel
ingestel; Op 1 November 1961 is alle interregeringsfasiliteite amptelik gedesegregreer
Betogings en Optogte:
 Birmingham Veldtog, 1963: (Massabetogings was met gewelddadige en wrede
reaksie van die polisie begroet (water kanonne, honde ens. Was gebruik om die niegeweldadige betogers te terroriseer) President Kennedy het op nasionale TV
aangekondig dat ‘rasse segregasie’ ‘n morele kwessie’ was wat geen plek in
Amerikaanse lewe gehad het nie. Op 10 Mei 1963 het die stad se besighede en
munisipaliteite aangekondig dat die munisipale fasiliteite gedesegregeer sou word.
Aanvalle en moord op Swart Amerikaners in die stede het voortgeduur (bv. Medgar
Evans, Bombardering van 16th Straat Baptiste Kerk)
 Optog na Washington 28 August 1963: (250 000 mense het deelgeneem in ‘n nierassige, nie-geweldadige optog na Washington om op volle gelykheid en
werkgeleenthede aan te dring; Martin Luther King Jnr. Lewer sy ‘I have a dream
toespraak’)
Geskiedenis/V1 24 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Kopiereg voorbehou
 Vryheidsomer (1964) – Meer as 70 000 studente van meestal die noordelike state,
plaaslike SNCC, CORE en NAACP aktiviste het saamgewerk om Swart Amerikaners
in Mississippi te registreer en om te onderrig in die Vryheid Skole (Geletterdheid,
geskiedenis); Aktiviste en vrywilliges was met geweld gekonfronteer deur die blanke
segregasioniste bendes en polisie beamptes
 Selma-Montgomery optogte (Maart 1965): ‘n stemreg registrasie veldtog om aan te
dring dat Swart Amerikaners toegelaat moes word om te registreer om te stem (slegs
2.5% Swart Amerikaners was as kiesers geregistreer weens intimidasie en rassistiese
aanvalle)
 Eerste Optog 7 Maart 1965 (600 betogers van Selma was wreed deur die
Alabama staatstroepe aangerand en was geforseer om die optog te laat vaar in
wat as ‘Bloedige Sondag’ bekend geword het - hierdie gebeurtenis was op
nasionale televisie uitgesaai
 Tweede Optog 9 Maart March 1965 (1 500 betogers gelei deur Martin Luther King
Jnr. was deur polisie by die Edmund Pettus Brug gekonfronteer) – King het die
betogers beveel om om te draai om konfrontasie te vermy
 Derde Optog 21 Maart 1965 (Die optog het met omtrent 200 betogers begin maar
teen 25 Maart het die getal tot omtrent 50 000 vermeerder)
 President Johnson het die Alabama Nasionale Wagte en die Amerikaanse
weermag onder federale beheer geplaas om die betogers te beskerm (Betogers
het Montgomery bereik en was deur sprekers soos Martin Luther King Jnr.
toegespreek)
 President Johnson was onder druk geplaas om die 1965 Stemregwet deur te voer/
aanvaar: (dit het struikelblokke soos geletterdheidstoetse, kopbelasting vir
stemreg verban. Dit het daartoe gelei dat die Burgerregte Beweging gelykheid
voor die gereg verkry het)
 Die Burgerregte Wet was deurgevoer (2 Julie 1964) – dit het diskriminasie en
segregasie vir indiensneming van Amerikaners en by alle publieke fasiliteite verban
 Die Stemregwet was deurgevoer (6 Augustus 1965) – dit het struikelblokke (soos
geletterdheid toetse, kopbelasting) tot stemreg wat in plek gesit was om te verhoed dat
Swart Amerikaners as kiesers registreer, verban; Die Burgerregte Beweging het
gelykheid voor die gereg verkry
 Enige ander relevante antwoord
 Slot: Kandidate moet hul argument met ‘n relevante slot saamvat. [50]
Indien kandidate aandui dat hulle nie saamstem nie, moet hulle hulle argument
met relevante bewyse ondersteun.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly