Notas Bl.1 (Wetenskaplike Metode) Flashcards
Wat is ‘n hipotese?
‘n Stelling. Wat jy dink. Dit kan reg of verkeerd wees, maar dit moet die woord as en sal in hê.
Gee die formaat van ‘n hipotese:
As die (onafhanklike) verhoog of verlaag, sal die (afhanklike) verhoog/verlaag
Voltooi:
1) Dit wat ons vooraf weet is ______________.
2) Dit wat ons meet is _______________.
- Onafhanklik
- Afhanklik
Verhoog of verlaag die afhanklike en onafhanklikes in die volgende hipotese?
As plante meer reën water kry, sal dit langer groei.
Onafhanklike (reën/hoeveelheid water wat ons gee) verhoog en afhanklike (lengte/groei) verhoog ook.
Hoe bewys ons iets wetenskaplik?
Ons ontwerp ‘n eksperiment.
Definieer “die doel van ‘n eksperiment”
Wat ons in die eksperiment wil bereik.
Verskaf ‘n doel vir die gegewe eksperiment met behulp van die gegewe inligting hieronder:
Vraag: (Waarom) Groei plante langer as dit reën?
Hipotese: As plante meer reën water kry, sal dit langer groei.
Doel: Om te kyk of plante wat meer water kry langer groei.
Hoe sal ons die gegewe eksperiment met die plante en water uitvoer?
Ons kry 5 plante wat almal dieselfde is en gee elkeen meer of minder water as die ander.
Wat is konstantes?
Dit wat dieselfde bly in ‘n eksperiment.
Noem 4 konstantes in die gegewe eksperiment.
Die plante moet:
% Ewe lank (cm) wees
% Dieselfde tipe wees
% In dieselfde omstandighede wees.
% En vir dieselfde tydperk die eksperiment ondergaan.
Gee ‘n vb van hoeveel water ons vir elke plant kan gee:
(Enige hoeveelhede solank elkeen ‘n verskillende hoeveelheid ml water kry.)
Bv.
Plant 1: 0 ml per dag
Plant 2: 5 ml per dag
Plant 3: 10 ml per dag
Plant 4: 15 ml per dag
Plant 5: 20 ml per dag
Watter plant sal ons kontrole in hierdie eksperiment wees:
Plant 1 (die een wat geen water kry nie)
Hoekom het ons ‘n kontrole in hierdie eksperiment?
Om te sien hoeveel die plante sal groei sonder water.
Wat doen jy nadat die eksperiment uitgevoer is?
Meet jou afhanklike om resultate te kry, teken dit in ‘n tabel aan en skep ‘n grafiek met die inligting.
Wat moet jou grafiek se opskrif altyd insluit?
Jou afhanklike en onafhanklike.
Bv. Die lengte van plante in cm met verskillende hoeveelhede water.
Wat moet jou y-as en x-as se opskrifte wees?
Y-as (die een wat op en af gaan) = afhanklike ( bv. Lengte van plant in cm)
X-as (die onderste lyn) = onafhanklike (bv. Hoeveelhrid water gegee in ml)
Wanneer aanvaar ons ons hipotese en wanneer verwerp ons dit:
Wanneer ons hipotese waar is volgrns die ekdperiment, aanvaar ons dit. As ons resultate van die eksperiment anders bewys, sal ons die hipotese verwerp.